Omstrede lys vir hoofregter betwis

Die Wes-Kaapse regter-president, John Hlophe. (Foto: judgesmatter.co.za)

Die burgerregteorganisasie AfriForum sê dit blyk uit die lys van kandidate vir die nuwe hoofregter dat die regering hoegenaamd nie ernstig is daaroor om die oppergesag van die reg en die onafhanklikheid van die regbank te beskerm nie.

Die organisasie verwys spesifiek na die Wes-Kaapse regterpresident, John Hlophe, en die openbare beskermer (OB), Busisiwe Mkhwebane, se insluiting op die lys.

Hlophe kan dalk binnekort in ʼn staat van beskuldiging geplaas word nadat die Regterlike Dienstekommissie (RDK) hom aan growwe wangedrag skuldig bevind het.

Dít terwyl Mkhwebane se geskiktheid as OB steeds deur die parlement ondersoek word.

“As ’n mens in ag neem dat dit tydens die Zondo-kommissie aan die lig gekom het dat die ANC se kaderontplooiingskomitee ook die aanstelling van regters bespreek het, skets dit ’n uiters kommerwekkende prentjie, sê Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

Van Zyl wil nou weet: “Hoe beland regters met sulke twyfelagtige verledes op hierdie kortlys?”

AfriForum verwys dan ook na mediaberigte dat twee ervare regskenners, regter David Unterhalter en adv. Alan Dodson, glo van die lys verwyder is na onderhoude waarin hulle uitgevra is oor of hul status as wit mans teen hulle behoort te tel tydens aanbevelings vir ‘n posisie by die Konstitusionele Hof.

“Die ANC se kaderontplooiing het reeds die land lamgelê deur die aanstelling van onbekwame maar lojale ANC-lede in posisies van gesag. Dit kan nie toegelaat word dat die regstelsel ook ’n slagoffer van hierdie korrupte agenda word nie.”

Die lys vir die volgende hoofregter lyk as volg:

  1. Regterpresident John Hlophe
  2. Regter Mbuyiseli Madlanga
  3. Regter Mandisa Maya
  4. Wallace Amos Mgoqi
  5. Busisiwe Mkhwebane
  6. Regterpresident Dunstan Mlambo
  7. Alan Nelson, SC
  8. Adjunkhoofregter Raymond Zondo.

Suid-Afrikaners kan nou skriftelik terugvoer gee oor enige besware wat hulle teen enige genomineerde het. Stuur ʼn e-pos aan [email protected] en [email protected] voor 15 Oktober 2021 om 17:00.

  • Die berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is. -RED

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Johann ·

Mense mense. Die ANC beplan bloot vir enige situasie waar hulle en hul pêlle moet kan staatmaak op iemand wat hulle iets skuld. Dis tog wat ‘n blind lojale KADER doen.

Dries ·

Hlophe en Mkhwabane. Ek het my nou nugter geskrik. So nugter soos n judge. Ek gaan ry sommer met my kar

JohanR ·

Hoop terwyl jy met jou kar ry Dries dat jy nie gesuip is nie, en in ‘n sloot en dan in ‘n heining inry, en dan die vloek en uitskel wat kom om te hulp. En dan het niks met die judge gebeur nie…..

Baardman ·

Skrikwekkend en kommerwekkend om te dink ons regstelsel gaan onder een van hulle se beheer wees

Chris ·

Hoekom is Mickey Mouse nie op die kortlys nie?? ag nee wees asseblief konsekwent

JohanR ·

Wat maak daai twee nuttelose skalms op die lys? Hlophe sal gekies word en dan die ANC dien

Kokerboom ·

SA maak oop jul oë! Dis die minagting wat die ANC jul toon!

Johann ·

Ons kan seker aanvaar dat Zondo die pos gaan kry Dan sit jy weer met ‘n Ramaposa hoofregter Soos Hlope vir Zuma moes beskerm sal Zondo vir Ramaposa beskerm

Anel ·

Die een skelmer as die ander! Wonder hie hulle ooit regters kon word in die eerste plek?

fs ·

Kan AFriforum nie ‘n petisie doen en ons almal teken dit? Die korrekte terme om beswaar aan te teken is nodig sodat dit nie net as nog ‘n lastige epos afgemaak word nie?

Joe Olivier ·

Hoekom word hulle regters genoem, as hulle alles verkeerd doen? Vra namens ‘n vriend.

Elizabeth ·

Die twee, Hlope en Mkwebane is nie op die ‘kort lys’nie maar wel omdat hulle tesame met die ander ses die enigstes is wat aan die vereistes voldoen het. Die res van die ander aansoekers het nie. Ek glo vas nie een van die twee het ñ kat se kans nie.

Willem ·

Die berig bevat 2 feitefoute: Die lys waarna as “kortlys” verwys word is inderdaad ‘n “langlys”. Die kortlys moet nog bekendgemaak word en dit het betrekking op die aanwysing van die nuwe Hoofregter.
Regter Unterhalter en adv Dodson was kandidate vir aanstelling as regters in vakante poste in die Konstitusionele Hof en nie as Hoofregter nie..

Janice du Plessis ·

Dagsê Willem
Dankie vir jou kommentaar.
Die artikel is intussen gewysig om enige verdere verwarring te voorkom.
Groetnis
Janice
nms Maroela Media

annie ·

John eerste en Raymond laaste… En Zuma besluit… CR is ons kamma-prez. Hy wou met alle mag die president word en het alle mag afgesweer om dit te word. En daar het ons dit: ‘n man wat groot geld verdien en baie tyd voor sy spieël deurbring om mooi te lyk vir die tv-skerm, met ryk skoonfamilie van diamant-en-goud-faam… wat geen besluit self mag neem nie. Sy huiskat mag self besluit wanneer en waar sy sal kamer-verlaat, maar nie Cyril nie.

Swerwer ·

Maklik. Die ANC plaas hul daarop, hul regeer al is dit hoe korrup

Ria ·

Hier moet ons vasstaan Demografiese verteenwpordiging MOET afgedwing word
En die rassistiese vrae van die beoorfelingspaneel moet bevraagteken word of ook aan swartes gestel word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.