Omstrede minister Gigaba bedank

malusi-gigaba-ANA

Malusi Gigaba. Foto: ANA

Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdagmiddag die minister van binnelandse sake, Malusi Gigaba, se bedankingsbrief ontvang.

Die presidensie sê in ʼn kort verklaring Ramaphosa het dit aanvaar en “sy waardering betuig vir minister Gigaba se jare lange diens aan die regering en mense van Suid-Afrika”.

Die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het Ramaphosa tot Woensdag gegee om “gepaste tugoptrede” teen Gigaba in stel nadat die hooggeregshof in Pretoria beslis het hy het onder eed gelieg met betrekking tot die aansoek van Fireblade Aviation om ʼn terminaal op die OR Tambo- internasionale lughawe te bedryf.

Die openbare beskermer het nie gesê hoe die president teen Gigaba moet optree nie en hom ʼn groot mate van vryheid gegun om byvoorbeeld ʼn openbare verskoning van hom te eis, hom op die vingers te tik of in ʼn ander amp te ontplooi.

Gigaba is in 2004 as adjunkminister van binnelandse sake aangestel en het later as minister van openbare ondernemings, minister van finansies en eindelik as minister van binnelandse sake gedien.

Gigaba, wat onlangs onder skoot gekom het nadat ʼn seksvideo van hom wyd in die sosiale media en selfs op ʼn pornografiese webwerf versprei is, het in sy bedankingsbrief gesê hy tree uit ter wille van die land en die beweging waaraan hy behoort.

Hy wil voorts die president verlig van “onnodige druk en hom in staat stel om hom toe te spits op die verbetering van Suid-Afrikaners se lewe en sodat hy sy bes kan doen om die land te dien en dit van ekonomiese ineenstorting te red”.

Ramaphosa het dr. Blade Nzimande, die minister van vervoer, gevra om as minister van binnelandse sake waar te neem tot Gigaba se opvolger aangestel word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Eddie ·

Hy het vir die eerste keer in sy lewe die eerbare ding gedoen ! Geluk !!!

leser ·

voorlopig “bad” to “worse”, maar dis ‘n begin, jipppiiieeeeeeee

Swartwolf ·

Die SAA pilot se kite het geval….. so kry die narre genoeg tou en die onvermydelike gebeur. Good riddance. Hy het dit definetief nie vrywillig gedoen nie. Sy tipe sien niks verkeerd met sy hansworsery nie. Hy het gese hy gaan dit beveg. Seker Cyril het him ‘n hint gegee……

hendrik ·

Wat het geword van “all hell will break loose” Wonder maar net hoeveel in sy hand gestop is. Dalk genoeg om nooit weer te werk nie.

Pieter ·

Ag Hendrik, hy’t in sy lewe nog nooit gewerk nie behalwe vir sy eie sak en aansien!

Irma ·

Nou kan hy met ‘n lekker lang vakansie gaan en bietjie by sy gupta vriende gaan kuier.

IK ·

Tans is daar op 102.7 ‘n radiopraatjie dat hy die SA-ekonomie R43 biljoen gekos het!!

Joe Olivier ·

“Ter wille van die land” . Wanneer het ek laas die woorde gehoor? O, ja Brian Molefe het dit ook gesê. En hy druk die hooggeregshof steeds n pit.

Johann cb ·

Moenie té gou té bly word nie! Hy sal waarskynlik in ‘n ander pos aangestel word waar hy minder opsigtelik is!

Daan Erasmus ·

Kyk na die foto van agter. Die voetspoor op sy rug soos hy uitgeskop is. Eerbare ding se voet. Hy het die pad gevat, te bang om die gevolge in die gesig te kyk.

Alida ·

Hy het bedank en sal nie weer aangestel word nie. Dankie tog. Nou het baie tyd vir speel.

jean ·

Uiteindelik!!!…Wonder net hoeveel die rekening was wat onder die tafel vereffen is….

WH van der Merwe ·

Wonder hoeveel gaan sy goue hand druk wees vir die belasting betaler om op te dok

GES ·

Dit is wonderlike nuus! Kan ons nou maar die vreugdevure aansteek?

Ja Nee ·

Gigaba is maar wat hy is – too the core. Corrupt!!!! Te besig om blou flieks te maak om sy werk eerbaar te doen.

Linda ·

Hy het homself gereed gemaak om Ramaphosa se pos oor te vat !!!! good riddens !!!

Johan ·

Julle almal is verkeerd,hyt net n beter aanbieding van HOLLYWOOD gekry!!??

PJ ·

As mnr. bedank het is hy nie nog geregtig op al sy voordele pensioen ens. Het ramapromise nie miskien vir hom gesè dis beter om te bedank nie? Ek glo ramapromise geweet hy het nie n ander keuse gehad om ontslae te raak van ou pilot want in dai geval verloor hy mos al sy voordele ? Onthou die kaders sorg mos vir mekaar

Gert van Wierdapark ·

Giga-byt toe ten laaste in die stof. Wonder waar gaan hy nou verder belasting betalers se geld mors? Miskien bied die Oppenheimers hom n joppie by hul Aankoms/vertreksaal aan – hy het seker nog sy Parlement vlieenier pakkie waarmee hy so hoog gevlieg het.!

Dafer ·

Timing!! Die SAUK en die SAL en die departement van vissery, en ‘n klomp ander plekke van die regering is juis op soek na mense wat ‘n cv het soos syne.
Watch those spaces!!!

P G Slabbert ·

Hierdie nar, was sekerlik die hoogs betaalde in die heelal !

Elize ·

Nou is die een nar weg en ‘n ander een is in sy plek “waarnemend” aangestel. Gaan van slegter na slegste

Andre ·

Ek dog hy gaan baklei as hulle hom wil afdank, nou bedank hy sommer?
Sekker `n hoop geld gekry en hoef nooit weer te werk nie.

Baie dankie aan nog `n ANC lid wat die land in krieses gedompel het.

Droom kandidaat ·

Beste Cyril,
Blade is baie besig en toegegooi onder die trein-werkies (soos wat enige minister mos maar is…..)
Maar hier is die goeie nuus: ek is onmiddelik beskibaar vir die ministers pos.
Ek glo ek het die nodige kwalifikasies maar jy kan gou vir my ‘n lys van kwalifikasies en vereistes stuur, dan download ek die sertifikate en diplomas van die internet af, edit dit en druk vir my die trotse kwalifikasies waarvoor ek niks gewerk het .
Gee my ‘n paar minute om my verwysings in plek te kry (betalintjies te doen…) voor jy hulle begin bel.

Ek neem aan ek kry ‘n paleis om in te bly, 2 duur Duitste motors, selfone, kos en klere toelae, ook volle universiteits beurse vir my 4 kinders .
Ek kan nie wag vir my eerste gratis oorsee se vakansies vir my hele familie, skoonfamilie en bure.

Ek is seker ons sal lekker saamwerk (niks doen) en sien uit.

As jy na 3 maande voel ek kan nie die werk doen nie, ontspan ek sal bedank. En ja, ek gaan verseker ok wees want ek gaan ‘n fris golden handshake kry (jippie, ek sal nooit weer hoef te werk nie)

Groetnis
Jou droom kandidaat

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.