Omstrede munisipale bestuurder van Sedibeng vermoor

Die toneel in Alberton waar Stanley Khanyile, munisipale bestuurder van Sedibeng, Saterdag doodgeskiet is. (Foto: @crimeairnetwork/Twitter)

Die munisipale bestuurder van Sedibeng en voormalige hoof van die departement van maatskaplike ontwikkeling in die Oos-Kaap, Stanley Khanyile, is in Alberton doodgeskiet.

Brig. Mathapelo Peters, Gautengse polisiewoordvoerder, het gesê die polisie is op soek na ʼn onbekende aantal aanvallers ná die skietdood van ʼn 52-jarige man.

“Volgens inligting op die toneel was die oorledene op Saterdag 3 Oktober in ʼn voertuig wat by ʼn winkelsentrum op die hoek van Hennie Albertsstraat en Michellelaan in Meyersdal geparkeer was toe ʼn verdagte verskeie skote op hom geskiet het,” het Peters gesê.

Die verdagte het daarna glo in ʼn goudkleurige Toyota Cressida, wat daar naby gewag het, gespring en weggejaag. Die registrasienommer van die motor is nie in hierdie stadium bekend nie.

“Die motief vir die skietery is onduidelik,” het Peters gesê.

Die minister van tradisionele sake en samewerkende regering, Nkosazana Dlamini-Zuma, het intussen haar medelye met Khanyile se geliefdes betuig.

“Hoewel die omstandighede rondom die voorval nog onduidelik is, glo ons die strafregstelsel sal die oortreders aan die pen laat ry,” het Dlamini-Zuma gesê.

Khanyile sou later vandeesmaand weer in die hof verskyn het op aanklagte van geldwassery, bedrog en diefstal wat verband hou met ʼn multimiljoen rand- projek in die Oos-Kaap toe Khanyile ʼn departementshoof in die provinsie was.

Die DA het vroeër vanjaar gevra dat Khanyile geskors word hangende die uitslag van die ondersoek teen hom. Die party het ook gesê dit is kommerwekkend dat Khanyile tussen staatsdepartemente en provinsies kan rondskuif, terwyl ernstige bewerings teen hom ondersoek word.

Hy en nog twee medebeskuldigdes word daarvan verdink dat hulle betrokke was by die herleiding van nagenoeg R29 miljoen wat vir ʼn bouprojek bedoel was.

  • Die polisie het ʼn beroep op enigiemand met inligting oor die voorval gedoen om na vore te kom. Peters het gesê alle inligting sal vertroulik hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Cherokee ·

Weet nie waarom jy dit sê nie Chris, want dit klink nie asof ‘n swaard betrokke was by die misdaad waarvan hy aangekla is.

Gemaskerde Sopbeen ·

Die SAPS gaan seker taakspan aanstel. Wonder as wat gaan Cele die moord klasifiseer.

JohanR ·

Another one bites the dust, and another ones gone and another ones gone! Soe word almal van kant gemaak wat ietsie weet, of kan praat. Wag vir die VBS gevangenise om een vir een afgemaai te word. Someone is cleaning house!

Elsie ·

Ma se le ma want ons wil iets wegsteek onder die kopdoek en groot hoed

Lorette ·

JohanR, ek stem 100% met jou saam, hy moes vakant gemaak word, want hy kan dalk ander ook in die moeiikheid bring.

Byekonfyt ·

Ek dink nie dat die motief vir die moord onduidelik is nie.

Persheks Adri ·

Nou ewe skielik gaan groot hoed werk, want ons ken die kleur dan is dit mos prioriteit, maar nie vir ‘n boer nie! Iemand het te veel geweet van die bedrywighede in my opinie… Waar val kopdoek uit? Nou sê sy ook iets die irritasie

Elsie ·

Hulle gaan nou oortyd werk om daai 1 te vang wat hom dood gemaak het maar as dit n wit boer is voel hulle niks

Pieter J ·

Ek dink nie groothoed gaan iets doen nie want hy is maar te bly as iemand met ń los bek uitgehaal word want hy het sekerlik ook ń hele klomp geraamtejies in die kas daarom is hy destyds as kommisaris gepos en toe ń promosie gegee deur CR.

Snowball ·

Elke dag meer van ‘n ‘gangster state’. Jy kan net sowel vir Hoed vra om kernfisika te doen as wat hy iets aan misdaad gaan kan doen.

madels ·

Die man weet seker te veel en sy buddiesis bang hy gaan sing soos n kanarie

Skyspy007 ·

WAT het kopdoek met hierdie uit te waai….sy “pas mos twak en drank” op???????????????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.