Omstrede onderhoud lei glo tot De Ruyter se skielike vertrek  

André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom.

Die ANC sien Eskom as ʼn trog om uit te vreet en daar is hoëvlak-politici betrokke by die korrupsie by die staatsonderneming.

Dit is dié uitlatings wat André de Ruyter tydens ʼn televisieonderhoud gemaak het wat waarskynlik daartoe gelei het dat Eskom Woensdagaand laat in ʼn kort verklaring bekend gemaak dat hy sy pos onmiddellik sal verlaat. De Ruyter het einde verlede jaar bedank maar sou tot einde Maart in sy pos aanbly.

In die onderhoud met die joernalis Annika Larsen op e.tv het De Ruyter verskeie skokkende bewerings gemaak.

Hy meen die beskikbare getuienis dui daarop dat die ANC Eskom as ʼn “trog” sien om uit te vreet.

De Ruyter het onder meer gesê dat hy sy kommer teenoor ʼn senior minister uitgespreek het rakende die bestuur van die $8,5 miljard wat deur Eskom-ingryping by COP26 gekry is.

“Die reaksie was in wese, ‘jy weet, jy moet pragmaties wees – tot beswil van almal moet jy sommige mense in staat stel om ʼn bietjie te eet’.”

Hy het ook bekend gemaak dat ʼn minister ingelig is oor ʼn spesifieke hoëvlak-politikus wat by korrupsie in Eskom betrokke is, en dat die betrokke minister toe na ʼn senior amptenaar gekyk en glo gesê het: ‘Ek dink dit was onvermydelik dat dit in elk geval sou uitkom’.

De Ruyter het gewaarsku dat die party meer belangstel in korttermyn politieke winste as langtermyn volhoubaarheid vir die land. “Politici wil hê wat vir hulle die volgende verkiesing sal wen, nie wat die land vir die volgende twee dekades aan die gang sal hou nie.

“Daar is ʼn narratief dat die staat alles moet beheer. Ongelukkig spook die spoke van Marx en Lenin steeds in die sale van Luthuli-huis. Mense is steeds stewig verbind tot ʼn 1980’s-styl ideologie. Hulle spreek mekaar steeds aan as kameraad, wat eerlikwaar ʼn verleentheid is.”

Sommige ministers en ander ANC-regeringsamptenare se antagonistiese benadering teenoor De Ruyter en die gebrek aan politieke steun het ook tydens die onderhoud aan die lig gekom. Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, het De Ruyter verlede jaar as ʼn verraaier bestempel en beweer beurtkrag word gebruik om die staat omver te werp.

Op ʼn vraag oor hoekom hy bedank het, het De Ruyter gesê dit was ʼn kulminasie van ʼn reeks faktore. Dit sluit in die verwydering van die vorige Eskom-raad. Hy het ook verwys na die beweerde vergiftigingsvoorval waar daar glo sianied in sy koffie gegooi is sowel as die afluistertoestel wat in sy motor gevind is.

Eskom bevind homself in die huidige penarie aangesien daar in die verlede nie tyd gemaak is om oor die toekoms te praat nie. Hy het gesê Eskom het die regering in 1998 gewaarsku dat daar meer kapasiteit nodig is en dat meer kragstasies gebou moet word, maar dat daar niks gedoen is nie tot en met 2007 toe daar met die Medupi- en Kusile-kragstasie begin is. Oor die twee kragstasies het De Ruyter gesê dit is “vrot met korrupsie” en steeds uiters problematies weens ontwerpdefekte. Volgens De Ruyter sou die beurtkragsituasie nou heel anders gelyk het as daar nie grootskaalse korrupsie met die kontrakte was nie. “Korrupsie is die gawe wat nie kan ophou gee nie.”

De Ruyter reken daar word sowat R1 miljard per maand by Eskom gesteel. Ja, hy het geweet daar was korrupsie toe hy in die pos begin het, maar hy het gesê staatskaping is soos ʼn kanker wat onsuksesvol behandel is en nou deur die hele liggaam van die organisasie versprei het. “Dit het duidelik geword dat die verrotting baie erger is wat ek verwag het toe ek die pos aanvaar het.”

De Ruyter het in die onderhoud ook verwys na die georganiseerdemisdaadkartelle wat binne Eskom bedryf word. Hy het so ver gegaan as om te sê dat hierdie kartelle hul eie sluipmoordspanne het.

Daar is volgens De Ruyter baie min verduideliking vir die baie ywerige teenkanting om met die energie-oorgang te begin weens die hoeveelheid groot belange in die steenkoolwaardeketting

Hy het ook na ʼn geval verwys waar Eskom kniebeskermers teen R80 000 stuk aangekoop het terwyl dit net sowat R320 per paar moet kos. ʼn Verdagte is in hegtenis geneem in verband met die bedrog, maar is volgens De Ruyter die volgende dag vrygelaat op instruksie van ʼn senior polisiebeampte.

De Ruyter het tydens die onderhoud erken dat beurtkrag een van die kardinale metings is waarop hy misluk het.

“Ek dink ek het misluk met betrekking tot die maklik meetbare doelwitte – beurtkrag. Dit is die groot olifant in die kamer,” het hy gesê. Hy het egter gesê hy glo hy het ʼn strategie vir Eskom suksesvol gedefinieer om uit die krisis te kom – iets wat nou “onherroeplik vasgestel is”.

De Ruyter het gesê dat 2023 ʼn uitdagende jaar vir Suid-Afrika sal wees rakende beurtkrag.

“Fase 6 tydens die winter is hoogs waarskynlik – miskien erger,” het hy gesê. Op ʼn vraag oor wat “miskien erger” beteken het De Ruyter gesê “meer beurtkrag vir langer”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

83 Kommentare

Harley Davidson ·

Dit is wat dit is maar ongelukkig doen die media nie genoeg om die soort van onderduimse dinge te ondersoek en die skuldiges te ” name en shame nie”.

Republikein in die Wes Kaap ·

Hulle probeer, maar hulpbronne is beperk.

Republikein in die Wes Kaap ·

Israel kan help. Hulle is die ANC se Vyand Nommer Een. Mossad kan enige plek hack. Amerika is ook keelvol vir SA. Die CIA is meesters op die gebied van intelligensie. En disinformarsie en die uitboendering van regerings is hul spesialiteit.

Althes ·

Ek stem, ander lande moet nou asseblief ons weerlose burgers red van hierdie goddelose en gulsige politici.

Pannies ·

Dit is nie die media se werk om speurder te speel en mense te beskuldig nie.
Die regstelsel faal die publiek. Die regering en nuwe SA is in hul wese vrot, korrup en stel nie belang om reg te laat geskied nie. Kop in een mus met die skelms.
Ek glo en steun alles wat A d R gesê het. Baie dankie vir jou eerlikheid en dapperheid om die waarheid in die openbaar uit te spreek. Ons sal jou daaraan onthou en nie aan Eskom se mislukking nie.

George ·

Jy kan ook nie net links en regs “name and shame” nie, dit kan die kanse van n hofsaak helemal belemmer en bron as untrustworthy laat voorkom in n hof.

Althes ·

En hul word nie befonds deur die belastingbetaler nie, so ja ek stem saam hul hulpbronne is beperk.
Maar dankie alle media huise wie vreesloos en onverpoosd werk om die onheilige dinge aan die lig te bring.

Mnr De Beer ·

Die korrupte ANC is die land se ondergang. Stry met my soveel soos jy wil.

SwartBees ·

Wat my mind boggle is HOE kry mens dit in die massa wat vir hulle stem se koppe? Sal my glad nie verbaas as die IEC ook korrup is nie.

Andre ·

Die kanker kom al van daai afgod mandela se tyd af nie een anc lid het intergiteit of eerlikheid in hulle nie

Harley Davidson ·

My probleem is hoekom hy so lank gewag het om die waarheid te openbaar.

Debbie ·

Ons moet bly bid vir ons land. Ons almal voel moedeloos. Iets beters moet hieruit kom.

Andries ·

Die ALLERHOOGSTE seën nie ‘n land wat opmors soos dit wil nie. Die vraag bly: wat mag mens vra en wat nie!

Jana ·

Hy is ‘n God vol genade en kompassie. Ons kan verseker vra vir genade.

Republikein in die Wes Kaap ·

God se kinders is geseën met goeie verstand en talente. Gebruik dit eerder as om net te wil bid.

Lily ·

Ons moet bid dat die regering van die dag tot ‘n val kom. Weet nie wie hulle sal opvolg nie, maar enigiets is beter as wat ons nou het.

Esme ·

God stel Regerings aan en hy vernietig Regerings, Cyril. Onthou die wyse woorde wat uit die Skrif kom.

Snowball ·

Eskom is die grootste mishoop in die hele ANC hool en dit impak op die lewe van elke mens in SA. Hoekom het Ramaphosa die kommissie koning nog nie een aangestel om die kaping en korrupsie in Eskom te ondersoek nie? Want almal vreet nog te lekker saam…

Samuel ·

Mnr. De Ruyter, dankie vir die eerlike, openhartige onderhoud. Nou hoef ons nie te wonder oor ons kommunistiese regering nie. Jy moet agter jou rug bly kyk; omkyk, omkyk.

Sandra ·

Anika Larsen is ‘n baie goeie joernalis en sal sy alle waarheid ontbloot. Dankie dat jy ook die onderhoud gevoer het, anders sou ons nie agter die kap van die byl gekom het nie.

SwartBees ·

Eerlikwaar dink ek hy het net bevestig wat ons almal weet.

Fran ·

Waar leef jy tannie??????? As jy weer jou ogies oopmaak, word asb net wakker!

Nicholaas ·

Daar is net 1 manier hoe hierdie probleem opgelos gaan word, ons moet op ons kniee gaan en bid vir Goddelike ingryping, die satan het sy kloue diep ingewortel en daar is net 1 wat hom kan stop.

Republikein in die Wes Kaap ·

Jy, as kind van God, het ‘n verstand en talente gekry om iets te doen. Dís God se ingryping wat dalk reeds plaasvind.

Koen ·

God het mos in ’94 ingegryp. Hoekom sal hy dit nou weer doen?

Strandloper ·

” mense in staat stel om ʼn bietjie te eet’.” Ook maar goed asemhaling is n refleks….

Gerhard ·

Ek het hierdie tv onderhoud gekyk en al wat ek kan se is, daar word bewerings gemaak en Andre waag eintlik sy lewe om sodaniege bewerings te maak, wat vir my se dat hy, net soos die res van ons moeg is vir hierdie gesukkel. Ek is bly vir sy part dat hy met onmiddellike effek weg is, aangesien dit ‘n baie erg “toxic” atmosfeer is om in te werk. Nou sal ek kyk wie hulle gaan aanstel (waarnemend) in sy posisie. Sal heel waarskynlik iemand wees met lekker groot broeksakke………

Republikein in die Wes Kaap ·

Hy gaan van hoogverraad aangekla word.

annie ·

Liberale-kommunisme met die rooi-brigades aan die voorpunt, regeer SA. Dit moet net nie hardop gesê word nie. Die ANC-handves is ‘n kommunistiese vertoonstuk met elke riglyn geldig. Mantashe, die voorbok-kader, beskerm Ramaphosa en vice versa. Afrika klou aan die destydse leerstellings soos dit kortstondig in Rusland aangehang is omdat dit gerieflik almal gelyk stel, alles aan almal sou behoort en daarom gelyk verdeel moet word. Werkers word glo altyd deur base en bestuur uitgebuit en moet vir ewig veg vir gelyke beregtiging.

Piet Snot ·

Maroela, julle is baie vinnig baie op die bôl met hierdie NB kwessie.
Skerp.

Shakespeare ·

Kommuniste !!! Breek alles in die land af en gee “grants”( aalmoese) aan die burgers en neem beheer vd land in totaliteit. Here ons vra om vergifnis dat ons nie die opdrag uitgevoer het om die Evangelie tydig en ontydig te verkondig het aan die heidene nie. Wees ons genadig en red ons land vd Bose.

Elize ·

Ons kan net bid vir hierdie mans se veiligheid. Hy is nou in die rooi wat sy lewe aanbetref. Hoop hy is veilig voordat hy die land verlaat. Daar is nie net op tone getrap nie maar vergruis. Hy weet nog baie meer maar sal van hoogverraad aangekla word indien hy praat

Suzette ·

Stem volkome met jou saam Elize. Pleit elke dag die Bloed van Jesus oor A de R en Oberholzer en hulle geliefdes. .

Pieter9 ·

Mnr De Ruyter het nou die ANC senuwee ontbloot, hierdie onthullings is die openbaarmaking van wat die ANC werklik is, ‘n mafia. Ons sit met ‘n mafia regering! Daar moet nou nie teruggestaan word nie . De Ruyter moet al die beskerming en ondersteuning gegee word want die comrades gaan nou in hul hordes op hom toesak. Natuurlik met die hulp van die President en sy Mantashe regterhand.

Gert ·

Harley, die ouens vee hulle af aan “name en shame”. Sodra hy uitgevang word kry hy bevordering in n ander instansie. Net n ander trog om uit te vreet. Ek haal my hoed af vir de Ruyter.

ES ·

Niks wat hy gese het is opspraakwekkende nuus nie – enige staatsinstelling is vrot van die korrupsie en bedrog. Die sluise met water turbines by die vaal dam wat ‘n ongelooflike hoeveelheid krag kan opwek is bot toe, terwyl die sluise net ‘n entjie daarvan omtrent almal oop is. Verduidelik dit!?

Papsak ·

Baie dankie Mnr De Rhyter jy moes lanal gepraat het nou het land baie goed gehoor hoop hulle oe gaan nou oop en lig die anc regering uit hul stoel ja waarheid maak seer dan moet jy dadelik ontslae raak van daai persoon alle sterkte vir jou praat moenie stil bly nie hulle is pateties ek like dat jy gepraat het

Owlie ·

Eerlikheid in SA word besteaf
Andre de Ruyter jy is n held – staan saam met Solidariteit en Afriforum en maak die verskil wat jy by Eskom wou.
Korrupsie en leuns is al waarop sekere mense staan en dit us wat hulle tot n val gaan bring.
Suid Afrikaners van alle tale, kleure, rasse sal met n positiewe gesindheid deur loadshedding gaan want ons het God aan die hand, ons volg in sy voetspore
Sal interessant wees om te sien hoe vinnig eskom nou regkom…..

Roek ·

Ek gaan weer probeer , Danie Andre dat jy probeer het om ‘n dood gebore kalf te probeer red het , ongelukkig en het ons geweet jy het nie die nodige rugsteen gehad of dit enigsins sou kry nie, gaan en geniet jou nou met jou mense en skud die klomp van jou af , Jy het werklik jou perels voor die sweine gegooi en het hul dit inderdaad vertrap . sterkte !

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Die kartelle met hul sluipmoordspamne moet onmiddelik aandag kry. Bel 10111.

Ek hoop die buiteland hou deeglik tred van hoe die $8,5 miljard COP26 befondsing wat Esdom ontvang het, “bestuur” word!

Ons parlement moet nou bewys dat hy ‘n waardige bestaansreg het anders skeur ons die Grondwet op vir toiletpapier.

Republikein in die Wes Kaap ·

Daai ANC MPs staan stewig agter die ANC.

Republikein in die Wes Kaap ·

Selfs Marx en Lenin sou die ANC leiers strafkampe toe stuur.

Stoffeltjie ·

Aha, Mnr de Ruyter, nou kan jy ons sommer alles vertel. Gaan beveilig net eers jouself en jou gesin,. Hier kom ‘n ding.

Kokerboom ·

Die ANC se rakleeftyd is NOU verstreke en moet met alle mag geelimineer word. Hul is gif en vernietig SA. Regering se rol is om te fasiliteer en te ondersteun en NIE deelneem. Hul beskou hulself as die waghond en beheerder van ALLE besigheidsuitset. Ongewens en totaal ONAANVAARBAAR!On she NOU genoeg gehad van die vuilgoed!
Mnr de Ruyter kom asb met HELE sak patats na vore! Jy skuld SA dit

Elene ·

As almal net kan aanhou fluitjies blaas sal ons érens kan uitkom as ‘n nasie. BLAAS daai fluitjies!!

Geert ·

De Ruyter is inderdaad n hedendaagse se held soos Dirk Hermann hom beskryf. As ons almal opstaan om so reguit en dapper diegene wat ons land vernietig teenstaan, staan die gemors nie n kans nie.

Pieter ·

hy bevestig slegs wat ons reeds gedink het. Die probleme is so erg dat die enigste uitweg is om skoon te maak en oor te begin wat nie uintlik ‘n praktiese opsie is nie. die kANCer het die hele liggaam oor geneem en nou sterf dit met baie pyn.

Boer ·

Dan kom die verkiesing volgende jaar, dan deel die ANC t-hemde en KFC vir almal uit, so wen hulle weer en vir 4 jaar dan kla die arme dom mense wat vir die ANC gestem het oor leë beloftes.

George ·

Ek weet nie, die ou lyk my ook nie so onskuldig soos almal hom uitmaak nie, die volgende ceo gaan ook goed op hom vind met sy tyd by eskom

Andre ·

As jy na die groter prentjie kyk oor meer as 2 dekades dan neem moedeloosheid totaal oor en dan die vraag van my; is dit glad nie moontlik dat bruin; swart en wit wat so graag ‘n normale leefwyse wil sien om saam te staan en te onderhandel vir grond en dat die res hul aasvoël mentaliteit op hulle grond voortsit want ons is besig om soos skape gelei te word na slagpales

Republikein in die Wes Kaap ·

Ek stem vir die ontbondeling van hierdie hool.

Jaco ·

Het die ANC en hulle SA Kommunistiese Party pêlle dan NIKS tydens hulle exile in kommunistiese lande geleer nie? Party en Staat was EEN daar. Sulke nonsens soos in dié berig het eenvoudig nooit gebeur nie. En, terloops, meeste van daardie kommunistiese lande, veral Rusland, Pole, Oos-Duitsland en Hongarye, was ook SONDER beurtkrag, swak vuil staatshospitale, swak of geen munisipale dienslewering, lae standaard onderwys en en en.
Eerlikwaar, as SA nou kan verander in iets soos die ou Sowjetunie of Oos-Duitsland, sal ek dit ten volle ondersteun. Die gebrek aan godsdiensvryheid sal ‘n klein opoffering wees terwyl alles anders in die land finaal behoorlik sal werk.

Yoda ·

Ek persoonlik dink Andre De Ruyter het sy bes gedoen om Eskom te probeer red maar met voortslepende korrupsie en geen hulp van die regering kan n mens ook net soveel doen. Andre jy moet jouself beskerm. Ons kan net bid vir genade want net die Here is in staat om ons te red.

Jackie ·

Rob Hersov was sag toe hy gesê het: “The ANC are a bunch of crooks”. Ek hoop die DA se aansoek deur PAIA slaag sodat die diewe (dis n te sagte woord, ek sal ongelukkig gesensor word indien ek die woorde gebruik wat ons almal dink) ‘gename and shame’ word.

Franz ·

Wonder nou maar net,wat het al die Ja stemmers verwag,nou sit ons met die gemors.

Suzette ·

Ai tog kry tog net end met daai ou storie. Was ook nie n Ja stemmer destyds gewees nie. Die Ja stemmers was òok maar mislei Franz. Hulle het JA gestem vir “Onderhandelings” Nie vir oorgawe nie. Die destydse regering, hoewel alles perfek gewerk het was maar ook nie engeltjies nie hoor

Elmarie ·

Ek wens almal wil (ongelukkig baie lank, maar absoluut moeite werd om regtig te kyk)die volle onderhoud op Yuotube kyk. As julle mense oorsee ken, deel die Youtube video -mense het GEEN idee wat regtig hier aangaan, maar hierdie is ‘n baie goeie voorbeeld van hoe die in beheer regtig werk.

Casper ·

Mantashable,De Redder is nou weg as die verraaier,skort dan nou beurtkrag op aangesien hy die sondebok was.

Etienne ·

Ten minste was Andre eerlik in sy onderhoud… ‘n eienskap wat nie in die ANC Govt bestaan nie. Nou gaan sabotosatie en korrupsie eers in alle erns toeneem…

Heinrich ·

Hierdie is nie skok nuus nie. Kyk wat het die ANC met SAA, Denel, plaaslike munisipaliteite ens gedoen, hoe kan jy enigsins ‘n ander uitkoms hier verwag. Hulle sal graag vir de Ruyter as fall-guy wil opstel. De Ruyter wat verskoning vra vir beurtkrag is soos ‘n bokser wat met sy hande agter sy rug in ‘n bokskryt platgeslaan is; ons sien die ware rede vir die beurtkrag.

Kokkie ·

Ek beskou Andre de Ruyter as ‘n moderne nasionale held, groter as honderde sogenaamde volks- , politieke – en nasionale helde in ons land se geskiedenis. Geen twyfel daaroor nie dat hy sy lewe met baie jare ingekort het deur die stryd wat hy onder die mees hagelike, vyandige en lewensgevaarlike omstandighede, met uitnemendheid gestry het. Dieselfde geld vir Jan Oberholzer. Ons salueer julle, Andre en Jan.

Althes ·

Ons salueer jou André de Ruyter!!! Dankie dat jy opstaan vir die waarheid, dankie dat ons as SA burgers nou presies weet wat aangaan by Eskom dat ons beter kan voorberei.
Die Here sal Sy beskermengele op jou en jou geliefdes se lewe sit, geen haar sal geskaad word van jul koppe.

Esme ·

Die ironie van die saak is, dat die Regering van die dag, net wou skep uit Eskom se koffers en toe Andre oorneem, en ‘n stokkie daarvoor steek, toe word hy geblameer vir die mislukking wat die ANC is. Gelukkig het Andre die aanval op sy lewe oorleef. Ek weet, mense publiseer boeke na onaangename ondervindings en gebeurtenisse, maar ek dink Andre de Ruyter kan ‘n reeks skryf oor al die ongeruimdhede binne Eskom. Andre, baie, baie dankie vir jou lojaliteit aan die land, sy mense en jouself. Pas jouself mooi op en ja, ons kan mos sien wat staande gebly het en hoe die hele ANC en hulle kaders uit Eskom wou skep. Ons dra jou en jou geliefdes in gebed en liefde.

JohanR ·

Ou gaan geniet jou lewe nou. Vat jou familie vir ‘n lekker lang vakansie waar daar 365 dae ‘n jaar krag is. Los die kaders dat hulle nou nog meer opmors. Jy was te goed vir Eskom!

Erika ·

Dit is so tipies van die Boewe as jy die Waarheid uitlig dan word jy gesaboteer Daar word saam wraaksugtig teen jou opgetree….Omdat jy nie sulkes mag verantwoorbaar hou nie . Ons het n Mafia staat gword

MARTIE ·

André de Ruyter het maar net bevestig wat meeste van ons al lankal vermoed het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.