Omstrede oud-premier uit ANC geskors

Pres. Jacob Zuma en voormalige Noordwes-premier Supra Mahumapelo (Foto: PresidencyZA, Twitter)

Die ANC het Woensdag aangekondig dat hy die lidmaatskap van Supra Mahumapelo, omstrede voormalige premier van Noordwes, tydelik gaan ophef.

News24 berig die ANC se dissiplinêre komitee het Mahumapelo skuldig bevind aan wangedrag en hom vir vyf jaar uit die party geskors. Hy is ook sy setel as lid van die parlement kwyt.

Mahumapelo het in 2018 as premier van Noordwes bedank nadat verskeie dorpe in dié provinsie onder gewelddadige betogings deurgeloop het. Betogers het destyds sy bedanking geëis weens swak dienslewering in die provinsie. Die diens was só vrot dat die ANC-regering die provinsie destyds onder administrasie geplaas het.

Dit is egter nie weens sy swak bestuursvermoë dat hy geskors is nie. Die ANC is vies oor ʼn politieke saamtrek wat hy verlede jaar gehou het, wat ten doel gehad het om verdeeldheid in die party te saai.

Die DA sê nou sy skorsing is tien jaar te laat. “Die feit van die saak is dat die Noordwes-provinsie in ʼn beter posisie sou wees indien Supra Mahumapelo nooit hier aan bewind was nie,” het Leon Basson, DA-lid van die provinsiale wetgewer, gesê.

Basson sê dis te danke aan die skade wat Mahumapelo se leierskap aangerig het, dat klein dorpies reg oor die provinsie in ʼn gevorderde stadium van ekonomiese verval is en dat meer as 750 000 inwoners nou sukkel om werk te kry. “Meer as 300 000 huishoudings het al aangedui dat hulle nie genoeg geld per maand het om kos te koop nie. Die voorsiening van water, sanitasie en elektrisiteit is wisselvallig, paaie is onbegaanbaar en die veiligheid van mense in landelike gebiede word bedreig deur die voortgaande aanslag van kriminele elemente.”

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johanncb ·

Ons wag om te sien wanneer Mnr Ace Magashule dieselfde paadjie gaan stap!

Erik ·

Amper geen kommentaar! Moeilik om gal te braak op positiewe nuus, veral vir MM lesers. En nie so lekker nie.

Tiptol ·

Dis egter nie weens sy swak bestuursvermoë dat hy geskors is nie…….
Is nooit nie.

Jack ·

Ace is n bedreiging vir sie anc se reeds wankelende struktuur en hy sal met n goue handdruk en goeie direkteurskap beloon word vir sy besrieglike diens aan die land.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.