Die omstrede past. Shepherd Bushiri van die Enlightened Christian Gathering-kerk (ECG) is deur die Valke in hegtenis geneem.
Bushiri en sy vrou, Mary, is Vrydag by ’n hotel in Rustenburg in Noordwes in hegtenis geneem.
Die klagte teen die egpaar sluit in bedrog, geldwassery en oortreding van die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad (POCA).
Maynard Manyowa, Bushiri se woordvoerder, het gesê daar was al talle vorige pogings om vals klagte teen die pastoor te bring.
Die ECG-kerk het in ʼn verklaring gesê polisiebeamptes het die pastoor en sy vrou by die Sparkling Waters Hotel in hegtenis geneem.
Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die egpaar, wat verskeie sakeondernemings in Suid-Afrika en in die buiteland bestuur, sal na verwagting Maandag in die handelsmisdaadhof verskyn.
Intussen het die kommissie vir die bevordering en beskerming van die regte van kultuur-, godsdiens- en taalgemeenskappe (CRL) Vrydag bevind die kerkleier is nie verantwoordelik vir die stormloop by sy kerk in Pretoria verlede jaar wat drie mense se dood veroorsaak het nie.
Vinnig met pastoor … stadig met politici.
Dit verstom my om te dink die man het volgelinge wat hom finansieel ondersteun.
Stem saam Louiese! Die regering en sars hou nie van kompetisie nie.. wonder wie is die regte kriminele!!!
Pos hom terug Malawi toe
Ja wel Lerato, godvresende pastore het nie bodygaurds nodig nie. Net nog ń 4 god (mammon) skelm wie se volgelinge glo hul korrupsie is seën.
Dit is nie God wat hier geprys word nie dit is die beursie van die pastoor die mense kom verryk hulself met die verkeerde agenda en moet maar terug keer na hul eie land.
Is dit die doem of DOOM PROFEET haha, skies mense maar kerke spring soos ” mushrooms” op want daar is geld in vals profete, dit het n besigheid geword en gaan nie meer oor ons verlosser Jesus nie, die bybel voorspel al die dinge.
Al wat die man en vrou gaan kry is wat grace Mugabe gekry het. ‘n eerste klas vlug terug Na Malawi. En oor 2 maande bid hy onder ‘n skuilnaam vir die wat bollie glo
dit moes laaaankal gebeur het, hy is ‘n vals profeet & soos iemand gesê het: “pos hulle terug Zambië toe”
Tamboti
Kom ons sê, ‘n goeie pastoor, predikant word deur ‘n psigopaat begerig.
Nou kry die prediker ‘n lyfwag.
Maak dit hom nou ‘n slegte pastor?