Omstrede pastoor, vrou hoor oor borgtog

ECG-lede het Maandag oproerig geraak buite die handelsmisdaadhof in Pretoria. (Foto: ANA)

Die omstrede pastoor Shepherd Bushiri van die Enlightened Christian Gathering-kerk (ECG) is Woensdagoggend op borgtog van R100 000 vrygelaat.

Bushiri en sy vrou, Mary, het Maandag in die handelsmisdaadhof in Pretoria verskyn op aanklagte van bedrog, geldwassery en oortreding van die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad (POCA). Hulle is sedert Vrydag agter tralies nadat hulle by die Sparkling Waters Hotel naby Rustenburg in Noordwes deur die Valke in hegtenis geneem is.

Die borgtogvoorwaardes bepaal dat Bushiri en sy vrou in Gauteng en die Noordwes-provinsie moet bly.

Die egpaar moes ook hul paspoorte aan die ondersoekbeampte oorhandig.

Emosies het Maandag hoog geloop buite die hof toe lede van die ECG-kerk oproerig geraak het en onder meer ʼn voertuig van die Valke wat naby die hof se ingang geparkeer was, met salwingsolie geteiken het om dit sodoende te “reinig”. Polisiebeamptes moes ingryp om die skare terug te hou en die ingange na die hof te beman.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Deon ·

Ons moet bid dat ons Hemelse Vader hierdie gesalfde weer sal terugbring na die Woord.

legens ·

weereens `n voorbeeld hoe winsgewend godsdiens is vir sommige .

Johann ·

Die mag en pag en houvas wat hierdie vals. profeet oor die hoog beinvloedbare massas het is skokkend, en GEVAARLIK!!!! Gewetenlose misbruik van die naiewe soek van die mens om te behoort.

Hanna Hoekom ·

Ek het eerstehandse ondervinding mbt die invloed van hierdie “pastoor” en dit was angswekkend om te sien hoe goeie, hardwerkende mense heeltemal besete raak deur na van sy preke en proefesiee te luister. Mense wat later nie meer tussen werklikheid en realiteit kon onderskei nie! Hierdie man en sy gesin leef in absolute weelde terwyl sommige gemeente lede letterlik kripeer van elende. Hierdie lede skroom ook nie om hul hele salaris aan hierdie kerk oor te betaal nie. Is hy n wolf in skaapsklere? Ek weet nie. Hopelik sal ons binnekort meer feite he.

Barend ·

Dit is ook nie elkeen wat R100 000 aan borg kan bekostig nie – dit spreek boekdele.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.