
Dr. Iqbal Survé, die voorsitter van Sekunjalo Investment Holdings en Independent Media, sê sy maatskappy het niks om weg te steek nie. Foto: Ayanda Ndamane /ANA.
Die ANC in die Wes-Kaap gaan die donasie van R1 miljoen van die omstrede sakeman dr. Iqbal Survé teruggee.
Survé is voorsitter van die Sekunjalo-groep en Independent Newspapers.
Khaya Magaxa, waarnemende ANC-voorsitter in die provinsie, het gesê die provinsiale tesourier is opdrag gegee om onmiddellik uitvoering aan dié besluit te gee.
Volgens Magaxa is die party tydens sy verkiesingsveldtog deur talle individue en organisasies genader wat skenkings wou maak. “Ná ʼn deeglike assessering het ons besluit of ons ʼn spesifieke donasie sal aanvaar en waarvoor dit gebruik sou word.”
Survé se donasie is volgens Magaxa drie dae voor verkiesingsdag ontvang en daar was nie tyd om só ʼn assessering te doen nie. “Ons het dus nie tyd gehad om te oorweeg hoe die donasie beskou sou word nie gegewe die onthullings by die kommissie van ondersoek na bewerings van onbehoorlikhede by die Openbare Beleggingskorporasie.”
Magaxa het gesê ondanks die feit dat die party alle moontlike hulp nodig het, is hy vol vertroue dat die teruggee van die donasie die regte ding is om te doen.
Survé het egter Dinsdag in ʼn verklaring gesê hy het nog nie die geld wat hy aan die ANC gegee het, ontvang nie.
“Die ANC in die Wes-Kaap het nog geen amptelike kommunikasie aan Sekunjalo gerig rakende die terugbetaling van die skenking nie. Inteendeel, ons is deur ANC-beamptes aangeraai dat die geld reeds aan al die streke uitbetaal is ter wille van die uitdruklike doel waarvoor dit geskenk is,” het Sekunjalo in ʼn verklaring gesê.
Survé beweer ook verder dat die ANC hom gevra het vir die skenking. Volgens Survé het die opdrag om die geld terug te gee van Mondli Gungubele, adjunkminister van finansies en voorsitter van die Openbare Beleggingskorporasie, gekom.
Volgens Survé is Gungubele daarop uit om sy en Sekunjalo se beeld skade aan te doen.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
Dr jy het vir Mondli verkeerd verstaan..die R1milj moes na sy rek oorbetaal word..nie die Anc se rek nie..dis hoekom die maat so obstenaat is.
Omtrede anc en omstrede besigheids man …n perfect match !
Die ANC het gesê hulle gaan dit terug gee. Hulle gaan dit nie terug gee nie. Hulle sê net so. Op die beste is dit in ‘n 32 dae rek geplaas tot die storm bedaar het.
Is daar iemand wat spesiaal aangestel is by die cANCer party wat hierdie belaglike verskoonings uitdink. Want hy was seker die hoof naar by die sirkus. Wragtig
Ons het nog nie eers gestem nie en die korrupsie steek al klaar sy kop uit. Dit gaan nooit ophou nie. Die verlede se korrupsie is maar net die begin.