Omstrede SAL-voorsitter weer aangestel

Dudu Myeni, voorsitter van die SAL-raad  Foto: GCIS

Dudu Myeni, voorsitter van die SAL-raad Foto: GCIS

Die kabinet het Vrydag aangekondig Dudu Myeni, die omstrede voorsitter van die raad van SAL, is weer in die pos aangestel.

Tryphosa Ramano, SAL se voormalige finansiële hoof, sal as adjunk-voorsitter dien.

Die res van die raadslede is Bajabulile Tshabalala, Thandeka Mgoduso, Nazmeera Moola, Akhter Hoosen Moosa, Gugu Sepamla, Siphile Buthelezi, Peter Maluleka, Mzimkulu Malunga, Martha Mbatha en Peter Tshisevhe.

Myeni se ampstermyn is wyd geag as een van die grootste redes vir die struweling tussen pres. Jacob Zuma, met wie sy goed bevriend is en die nasionale tesourie. Myeni het glo verlede jaar ooreenkomste met die tesourie en die omdraaiplan wat die raad onderneem het, geïgnoreer deur onder meer ʼn sensitiewe Airbus-ooreenkoms te herbeding.

Die nuwe SAL-raad is uiteindelik aangekondig ses maande nadat Pravin Gordhan, die minister van finansies, tydens die nasionale begrotingsrede in Februarie gesê het hy sal ʼn nuwe raad aanstel om die finansiële probleme van SAL op te los.

Die kabinet het Gordhan Vrydag in ʼn verklaring geloof vir sy pogings om vertroue in die Suid-Afrikaanse ekonomie te herstel, maar het ook hul besorgdheid uitgespreek oor die konflik tussen Gordhan en die Valke en die feit dat Gordhan ʼn verklaring oor die aangeleentheid uitgereik het.

“Die kabinet doen ʼn beroep op almal wat betrokke is, insluitend lede van die kabinet, om nie openbare stellings te maak wat op enige protagonis in hierdie saak gemik is nie. Die kabinet versoek alle partye om waardig en betaamlik op te tree en eerder die betrokke partye met respek te nader as om openbare platforms te gebruik.”

Die verklaring het beklemtoon Zuma het volle vertroue in Gordhan en sy vermoëns, maar het subtiel na Gordhan gekap deur te sê die kabinet “moedig alle partye aan om wetstoepassingsowerhede te respekteer en hul samewerking aan hierdie owerhede te gee”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Lance ·

Kan enige persoon dit glo ! Steel nou maar verder ek vlueg nie weer saa nie ….julle het nie geld nie so hoe diens julle die vliegtuie

Kobus ·

Hoe het dit ooit gebeur dat ‘n man met standard 3 ‘n land gevange hou? Dit is die vraag waarmee die wereld nog vir lank sal worstel, hoe kan ‘n land se mense dit toelaat?

Chrisjan ·

Ek sien ‘n klomp mense met vliegkaartjies vir vliegtuie wat nie meer vlieg nie.

Yvonne ·

Dudu Myeni het oorkant my gebly in ‘n baie gemiddelde buurt in Richardsbaai waar sy ‘n opleidingssentrum (of iets in daai lyn) vanaf haar huis bedryf het. Ons het maar so in die verbygaan gegroet. Ek het nie lank daar gewoon nie en nadat ek verhuis het, het ek haar eendag in die dorp raakgeloop en ons het toe ‘n vinnige koppie koffie by die nuwe koffiewinkel op die dorp gaan drink. Sy was heel aangenaam en het my toe vertel dat sy by die Munisipaliteit se waterafdeling begin werk het. Blykbaar ‘n goeie pos met ‘n aansienlike salaris en byvoordele. Dit was nie lank daarna nie dat gerugte die rondte begin doen het dat daar probleme is by die waterafdeling. Ek het die nuus nog nie mooi verwerk nie toe hoor ek Jacob Zuma het haar uit die obskuriteit (is daar só ‘n woord?) van die plaaslike Waterafdeling gepluk en haar summier aangestel as hoofuitvoerende beampte van SAL. Nie sleg nie, want ek is steeds net ‘n opvoedkundige! Wys jou net, dis regtig wie jy ken en nie wie jy is nie!

Jan maak n plan ·

Ja daar moet mos seker maar vir plesiertjies betaal word.

Hasie ·

Glo nie iemand anders wil in elk geval daai job hė nie, so, daar was nie ‘n ander opsie as om myeni weer daai gemors te gee nie.

jaco ·

Daars een Indiër op die nuwe raad. Die res is ALMAL swart. Is daar GEEN wittes en Kleurlinge wat ook kwalifiseer nie?

john samuel ·

Dink jy een bleekgesig gaan Enigsins n verskil maak…?

N ·

Hier het n ruiltransaksie plaasgevind. Gee my, my Dudu en ek haal die Valke van Gorhan se rug af.

Vlieg in die Salf ·

Kan nie verstaan waarom one nie Kan leer uit ander se foute Hierdie is maar net n dupliseering van die res van Afrika .Almal se lugdienste na die maan en word gediens ten duurste deur ander lande se lugdienste ie Zambia,Zimbabwe,Malawi,DRC,noem n paar

John ·

‘I can dance, I can sing… ‘ Wat meer is nodig om geld te kan mors?

Boetman ·

O liewe Dudu,
sal jy vanaand met my kom Dudu, en daarna kan ons miskien ‘n bietjie doedoe …

Nuwe betekenis vir die mile high klub.

Cherokee ·

Hay Boet, Dudu is Nambawan se vriendin, oftewel so sê die media.

Kobus ·

Dit is jammer dat ons ‘n president het met die bynaam van Stortkop, maar dit is nou nie al nie, nou het ons nog ‘n adjunkpresident wat in hierdie dae die bynaam Kondoomkop vir homself toegeeien het.

Sarie ·

Kan hierdie heraanstelling nie op een of ander wyse deur die opposisie stopgesit word nie? Dit is skandelik na alles wat sy aangevang het en die houvas wat sy op Zuma het. Vergeet maar van regplanne vir die SAL met haar in beheer. Soveel arrogansie as wat hierdie vrou het en die manier waarop sy mense behandel het ek nog nooit voorheen teengekom nie. Dit is nou weer
‘n geval van, soos die spreekwoord dit so mooi stel, van niks tot iets is tot almal se verdriet

Sally ·

Zuma het self erken hy was glad nie op skool nie “I never attended school I educated myself” nou wat kan jy verwag van so n persoon om verstandige besluite te neem.
Ek vlieg al jare nie meer SAL nie. Almal moet hulle boikot tot hy die “girlfriend” van hom verwyder het.

Pop ·

Kobus ek vra laasweek n baie slim swart dr hoe is dit dat Zuma aanhou regeer ten spyte van meeste mense se teekanting. Die dr. Is n groot Christen, en weet jy wat antw hy my. Ons witmense verstaan nie dat sy voorvadergeeste baie sterk is en hy het sterk moetie wat vir hom werk. Ek se nogal, maar dr. jy het netnou van God gepraat, toe kyk hy my net snaaks aan. Nouja. Daai oer gelowe gaan ons verstand te bowe, maar bleikbaar regeer dit ons land.

Kobus ·

Pop, die spasie hier is hopeloos te min om van my frustrasie ontslae te raak. Hoe in die 21 ste eeu en in die moderne tye van vandag, kry hulle dit reg. Hulle is ongelooflik naief, of dalk nie. Vat nou net die lugdiens, hulle het geen idee van eens korporatiewe bestuur nie, wat die basiesse besigheidsbeginsels is nie, maar hierdie dame moet voorsitter van die SAL wees.

En Zuma het nie ‘n koeken idee wat se vaardighede sy aanstellings oor moet beskik nie, maar die man neem besluite. Hy kan dus mos net besluite neem binne sy eie verwysingsraamwerk, en dit is wie hom terwille gaan wees, dit is al wat vir hom saak maak. Hoe in jou lewe verwerk mens dit.
]
Maar hulle gee nie ‘n snars daaroor om nie, ook nie die Rand wat hulle so in desdinges in stuur nie. Die eerste een wat die hand op steek, nie met kennis en kundigheid nie, kry die jop. In die geval het Dudu dalk eerste haar hand opgesteek, sy baklei ongelooflik hard vir die pos, dink ek.

Danie ·

Ons moet besef dat semi-staatsinstellings se tyd verby is. Hulle moet totaal geprivatiseer word voor hulle sal suksesvol wees.

Flippie ·

Grap en John die vrasg en/ of opmerking gaan nie oor bevoegdheid of die impak van ‘n blanke nie. Waaroor dit gaan is die regering se eie beleid van verteenwoordigheid van die bevolking.

Hulle pas dit self nie toe in hulle openbare instelling nie – hoekom moet ons in ons privaat besighede voldoen aan hulle drakoniese ras kwotas.

Jef ·

Daar is nie geld om al die vliegtuie te diens nie, hoe meer vliegtuie aan die grond staan hoe groter die skadepos vir die maatskapy nou hoe wil die bogenoemde voorsitter dit regkry om tot redding te kom vir n vliegmaatskapy wat 22 jaar die tyd gehad het om van internasionale status tot bosstatus gedegradeer te word.
Met haar aanstelling is ek bevrees dat daar nou glad nie meer gevlieg gaan word nie en die ergste is dat geen van die lede absoluut geen verstand van vliegtuie het nie. Check die olie en pump up die tyres.

Anoniem ·

Zuma, jy is die LAASTE persoon wat mense kan aanpraat om “wetstoepassingsowerhede te respekteer en samewerking te gee”!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.