Omstrede Sodwana-gastehuis glo onwettig bedryf

Andre Slade en Katarina Križáni, bestuurder van die gastehuis. (Foto: Sodwana Bay Guest House)

Andre Slade en Katarina Križáni, bestuurder van die gastehuis. (Foto: Sodwana Bay Guest House)

Aanklagte van belastingontduiking, onwettige bedryf van ʼn onderneming en crimen injuria is Woensdagoggend teen die eienaar van die omstrede Sodwana Bay Guest House aanhangig gemaak.

Die KwaZulu-Natalse LUR vir ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Sihle Zikalala, het die aanklagte Woensdag teen André Slade by die plaaslike polisiestasie aanhangig gemaak.

Maroela Media het vroeër berig Slade het ʼn herrie ontketen nadat hy op ʼn skriftelike besprekingsversoek van ene Sizakele Msimango gereageer het, deur te sê swart mense en regeringsamptenare is nie by sy gastehuis welkom nie. Slade het in latere onderhoude erken dat dit wel die beleid by sy gastehuis is.

Bheko Madlala, woordvoerder van Zikalala, het Woensdag aan Maroela Media gesê die departement het reeds vasgestel Slade bedryf die gastehuis sonder die nodige lisensie en daarom vermoed hulle dat hy moontlik ook sy belastingverpligtinge ontduik. “Vandaar het ons die eerste twee aanklagte aanhangig gemaak. Die derde aanklag hou verband met Mnr. Slade se beweerde rassistiese beleid by die gastehuis,” het Madlala gesê. “Noudat die sake geopen is, verwag ons van die polisie om hul werk te doen deur al die bewerings deeglik te ondersoek en geregtigheid te laat geskied.”

Madlala het gesê Zikalala en nog verteenwoordigers van die departement, het Woensdagoggend met sakeleiers in die gemeenskap vergader om te voorval te bespreek. “Dit was vir ons bemoedigend om te sien dat die gemeenskap ook nie saamstem met enige vorm van rassisme nie en wil saamwerk om alle rassistiese elemente te verwyder,” het hy gesê. Hy het gesê inwoners van die omgewing het ook ʼn memorandum aan Zikalala oorhandig, waarin hulle kwessies aanroer waarmee hulle ontevrede is.

“Ons boodskap is duidelik: Rassisme sal nie geduld word in ons samelewing nie, veral nie in so ʼn belangrike sektor [soos toerisme] wat ʼn juweel in Suid-Afrika se kroon is nie,” het Madlala gesê.

Lees alle vorige berigte oor die Sodwana Bay Guest House op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

m ·

Wonder ma net of al hierdie swart besighede wat so kos op die straathoeke verkoop ook geregistreer is en belasting betaal….

MissDemeanor ·

Dit staan jou vry om hul aan te gee. My ma hetmyy geleer dat net omdat iemand anders die reels oortree, dit my nie die reg gee om ook te oortree nie. Wat het geword van ons morele waardes? Die gastehuis is onwettig, en hy ontduik belasting terwyl baie ander van ons hard werk en ons deel betaal. Mense wat belasting ontduik moet vasgevat word. As jy weet wan iemand wat dit doen is dit jou morele plig om dit te raporteer soos met enige ander misdaad.

Knaven ·

En die dermiljoene ongelisensieerde TVs wat in die townships gebruik word… Daar gaan NOOIT inspekteurs daarheen nie.

charlene ·

M, ek ken iemand wat so goed verkoop het, en so elke maand sy blyplek betaal het, en sy water. Tot iemand ook gekla het – hy is tans besig om sy blyplek te verloor…..
EN hy het nie genoeg gemaak om elke maand belasting te betaal nie, sy inkomste was baie minder as dit (hy het nie `n verdand op sy huis nie dus het hy nie die bank betaal nie, hy het heffings en water en sy erf belasting). Hulle bedel nie en hulle steel nie nie – gun hulle ook `n lewe
Die wat `n gastehuis bedref en dagga kweek kan belasting betaal want ek is seker hulle inkomste is meer as genoeg!
Rassisme moet nie geduld word nie, maak nie saak as dit teen wit, swart of bruin is nie.
Ek sal ongelukig moet saam stem – as ek `n gastehuis gehad het, sal ek ook nie staats amtenare daar wou hê nie – hulle betaal nie.
Maar om te sê geen swart mense en swart mense is onderdanig aan wit mense is verkeerd. GEEN mens in onderdanig aan enige iemand nie.

Rina Pretorius ·

Ek dink daar moet na baie mense veral die nuutste bevoorregte mense se besighede gekyk word of hulle ook hulle belasting betaal, ek wed julle dat hulle nie betaal nie, is ons welkom in hulle geledere?, nee ons is nie, gaan soek verder foute by nkandla, julle sal baie probleme en korrupsie daar vind. Rassisme is veral bekend by swart teen wit deesdae veral op facebook en dit moet dus ook ondersoek word, laat reg en geregtigheid weerskante ondersoek word

cobusp ·

Mense julle maak die lewe baie moeilik vir julle self deur dwase optrede………..dus as al die feite korrek is. Dalk sal dit n les wees vir almal om van te leer.

cobusp ·

Mense julle maak die lewe baie moeilik vir julle self deur julle dwase optrede………..dus as al die feite korrek is. Dalk sal dit n les wees vir almal om van te leer.

marius ·

Hoe is dit sekere poste slegs vir “voorheen benadeeldes” gereserveer word en niemand se ‘n woord daaroor, maar as die man sy gastehuis reserveer vir “voorheen bevoordeeldes” word daar so groot bohaai oor gemaak?

Johann ·

Dis verkiesingstyd en die spreekwoordelike klein jakkalsies maak ammok onder als wat durf buite die afrika definiesie van rassisme en demokrasie dink en doen. Volgens my bly DEMOKRASIE in wortel: die keuse van assosiasie! En gesonde finansiele bestuur insluitend lae risiko krediteure bestuur is deel van dit? Staatsdepartemente is BERUG bir laat tot nie betaal…vra maar bv vir ESKOM… dink ek sommer hardop.

André Marais ·

en so skiet hy homself inni voet(e) – Ek sou My uit die voete maak as Ek hy was . . . . . .

m ·

Hier is nou so bohaai oor hierdie man wat nou glo belasting ontduik en wat ook al wat ondersoek word. Betaal hierdie mense wat op die straathoeke kos verkoop ook belasting en is dit geregistreerde besighede of geld daai reel net vir sekeres. Begin bietjie hulle tax ook na te gaan.

Des ·

Ek verkies net om epos navrae van sekere mense nie te antwoord. Dan hoef ek nie te verduidelik hoekom ek hulle nie op my perseel wil hê nie.

Herman ·

Rassisme sal nie geduld word as dit wit op swart is nie…maar swart op wit is aanvaarbaar.

KarooKlong ·

O, nou moet die polisie spring en hulle werk doen in wat my betref eerder siviele aangeleenthede behoort te wees. Hoekom kyk die agbare lur nie terselfdertyd na die polisie se dienslewering- en reaksie tyd wanneer daar ‘n aanval op blankes is nie?

Basjansen ·

Ek hoop die Gaste huise in Mdantsane , Soweto en Mthata word ook ondersoek. Maar ja, dink mooi wat jy op skrif sit. Emosie pluk gewoonlik n lat vir jou uie gat.

Kandas ·

Kyk, of hy nou reg of verkeerd optree is nie ter sprake nie – ek glo ons almal het sy eie opinie daaroor. Maar kyk, een ding is verseker; hierdie knaap is g’n hensopper nie.

Flintstone ·

Black lawyers ass,black gunowners ass,black businessowners ass,so gaan die lys aan,en een man wat reg tot assosiasie uitoefen en n makabere heksejag word aan die gang gesit!Doen so voort,ek is seker hierdie eensydige optredes sal wel een of ander tyd begroet word-net nie mooi seker met watter gesindheid of met watter optredes nie.

venushka ·

dis vir my so belaglik dat wit mense nou deurloop en heeldag as rassities gedoop te word, dis baie duidelik dat die ander kleuriges hulle mes in het want ons mense sterf elke dag, niks word aan ons situasies gedoen nie…. wat die besigheid aanbetref soos die voriges ook se, die klomp wat so op straat sit en goed verkoop, nogals onder tente met tafels en al opgeslaan word nie vervolg nie, dis mos onwettig of hoe, in silverton by die trein stasie het hulle sommer vir die klomp hokkies gebou om met hulle besigheid voort te gaan, hulle betaal verseker nie belasting nie, maar laat n wit man nou daai paadjie stap is dit groot stories, nee wat die ander kleuriges is rassisties en hulle is die oorsaak dat soveel wittes hulle nie wil onthaal of akkommodeer nie. hulle breek net af en soek als verniet en wys heeldag vinger na ons toe maar wil tussen ons sossialiseer, nee wat dankie

NEL ·

Wonder waar betaal die wat die beeste steel op plase , aan ‘n boom ophang en van daar ‘n slaghuis bedryf.Andre neem ek aan het reeds al deurgeloop onder die regerings amptenare wat in al die beste en duurste plekke wil bly en dan nie eens hulle rekeninge betaal nie, en dan word die eienaar uitgekryt as ‘n rassis. L.U.R kry eers jou feite reg alvorens jy die eienaar blameer van rassisme.

Koos ·

Ek stem 100% saam met die wetige rasisme ding. Hoekom verhou alle wit belasting betaalers nie n bietjie hulle belasting van die staat af nie. Dan wus ons hulle gou hoe laat n minderheid n land vou.

Daan ·

Dit is die eerste keer dat ek hoor iemand kan van belasting ontduiking aangekla word as SARS nog nie eers ‘n ondersoek gedoen het nie. Belaglik

Hier gaan niks van al die aanklagtes kom nie,

Jaycee ·

Video-grepe wat ek oor hierdie man se uitlatings gesien, se vir my dat die ANC ‘n groot gat van hulleself maak om hom met soveel grofgeskut by te kom. Vir my is dit duidelik dat hy nie al sy varkies in die hok het nie.

lynette ·

Maroela, kry asb die man se kant van die klagtes teen hom. Het hy nie ‘n “REG VAN TOEGANG WORD VOORBEHOU” bordjie by sy gastehuis nie?

PJ ·

Kom ons staan saam hoe weet ek nie dat ons belasting terug hou wettiglik Afriforum kan julle nie help

cobusp ·

Ek sien die eienaar van die gaste huis Andre Slade het sommer vir hom n oulike Russiese nooi ingevoer Katarina Krizani…………wonder of hy sy invoer belasting betaal het vir haar………..Vra maar net..

Vra maar net ·

Hoe ver gaan al hier die kommentare sien die regte mense dit ooit of sterf dit onder die plasers en lesers n stille dood

broos ·

kon jy nie maar net gese het “sorry, ons is volbespreek nie” ? jy sou jouself soveel minder moeite en moeilikheid gespaar het…..

Plaasjapie ·

Hulle moes iets kry of fabriseer teen Slade….en ja die rasisme ding werk mos net in een rigting, solank hulle voordeel daaruit kan trek. Met die ander aanklagte by kon hulle dit n saak vir die polisie maak…gedog sihle of een van hulle kamerade gaan persoonlik n draai daar maak. Sal nie kommer as ek jy was nie Slade !

andre ·

Nou sal hulle seker die gaste huis se deure sluit en dan sit daar weer n klomp mense sonder werk .se maar net

Marius van Niekerk ·

Dis nou rêrig die toppunt van onnoselheid. Het hierdie Andre Slade nou rêrig gedink geen haan gaan hieroor kraai nie? Sekere dinge doen jy net nie. Ek stem glad nie saam met sy optrede nie. Dink voor jy doen. Sulke uitsprake maak dat witmense net meer gehaat word, en dan vra almal oor hoekom daar soveel onskuldige mense vermoor word. Sulke idiotiese optredes maak net die lewe vir ander vredeliewende mense ontsettend moeilik.

Andre d ·

Dalk het staats amptenare hom al baie geld gekos weet van ander ondernemings wat ook kat voet is juis omdat dit hulle al baie skade berokken het

Rina Pretorius ·

Ek sou ook nie graag “enige” mense in my huis inneem nie want jy weet nooit of jy vermoor gaan word nie want hoe weet jy wie die “gaste” regtig is want ons almal weet hoe word ons as blankes op ‘n daaglikse wyse vermoor en vermink. Nou sal hulle allerhande ondersoeke doen op die mense pleks ondersoek hulle al die moorde op ons mense, hulle hou hulle self besig met strooi dink ek

sarie ·

Ja, jong. Plaas hy maar net van die begin af gesê het sy gastehuis was volgeboek of so iets as om reguit te sê hy vat sekere mense nie in nie. Want dis die nuwe Suid Afrika en die mense sal krap en jy is dan ‘n teiken vir enige iets. Nou al hierdie drama.

Kaspaas ·

Fantastiese speurwerk nou terug in die regte wereld hoe gaan dit met die ondersoekke van al die moorde waaroor daar net vandag berig is.

Callie ·

Marius hou op snert praat. Die haat teenoor wit is baie dieper gesetel en word absoluut aangehits deur sekere elemente. Glo my, dit sal al erger word en enige moontlike geleentheid om wit by te kom sal met alles aangegryp word. Daar is egter geen manier wat jy kaf kan kwytraak dat sulke gevalle die oorsaak van moord op wit is nie en dit amper regverdig nie. Sulke gebeure kan nooit moord regverdig nie.

hans ·

Is van mening die LUR se optrede n grootskaalse openbare publisiteitsoefening is om stemme te probeer werf vir die munisipale verkiesing van 3 Augustus 2016.

BAREND ·

ons moet slim dink en doen ,leer uit dit wat gebeur ,gaan jou gaste na ,doen jou huis werk reg en moet met niemand praat oor die telefoon wat jy nie ken. reel eerder n afspraak met die media en maak gebruik van n prokureer ten alle tye ,se liefs geen kommetaar ,ons moet meer parraat wees ,die mense is slim en uitgeslape

Plaasjapie ·

Barend..dis presies wat hulle wil he. Ons moet net al hoe meer onder die juk buig en nie waag om weerstand te bied nie…terwyl ons uitgemoor word. Ek se nie die tyd is al reg vir ons volkie om op te staan nie, maar ons sal een of ander moet !

Martin ·

Reels en regulasies wat vir die een geld moet vir die ander ook geld. In ons land werk dit ongelukkig nie so nie. Rassisme is in die nuwe demokrasie van ons aanvaarbaar solank dit swart teen wit is en nie andersom nie. Die ou was heeltemal te blatant. Hy moes net die epos geignoreer het of gese het hy is vol bespreek. Ek glo dis sy gastehuis en hy mag besluit wie hy wil inneem en wie nie. So ver dit die basting aangaan kan ek jou amper verseker daar is menigte swart besighede wat nie belasting betaal nie en nie geregistreer is vir besigheid nie. Die herrie is bloot oor dit ‘n witman is wat ‘n swarte nie wou aanvaar in sy huis nie. As dit andersom was sou dit heel ok en aanvaarbaar gewees het.

jimmy ·

N mens sou regtig dink dat n besigheidsman sy dinge inplek het, veral met inagneming sy reaksie op wie hy toelaat in sy gastehuis. Jip, daar is moontlik ander gevalle ook sonder lisensies. Maar magtig man, hy stel homself en sy familie bloot aan gevaar en sal net opdraende kry vorentoe. Sterkte vir hom.

Johan ·

daar is nie reels en regulasies vir die anc nie, gaan na plakkers kampe en soos hammanskraal daardie gaste huise, eet plekke ht nie planne lisensies nie en is nie wettig nie ook die kroee en so by ander van die dorpe en ook nie higienies nie? maar niks gebeur geld speel rol en om koop geld? soos wit rivier gister aand op nuus 500 onwettig krag koppelings en niks word gedoen nie en hulle betaal nie. Solidariteit moet ondersoek instel dubbele standaarde by betaling van water en ligte rekenings sekere groepe betaal paar rand per mand en ons ander groep paar duisend per maand? alles is korrup en so ook salarisse in staatsdienste mense verdien r70000 pm en kan nie eers behoorlike diens lewer nie¡ dit skikwekkend om te sien hoe korrup die regering werklik is??? dit is hoekom dienste skade ly?

Lance ·

Kan Soweto dalk net ook begin om vir hulle krag te betaal en nie so blatant die krag steel nie ….kom op dieselfde neer in n sin

A.Willemse ·

Ek wonder net as Zikalala en sy gevolg by N’Kandla sou opdaag en die vergadersaal en swembad wil gebruik of hulle verwelkom sal word. Om nie te praat wat ‘n lisensie ondersoek of die ontvanger als daar kan uitkrap nie.

Helen ·

He He hy doen maar net wat onse President doen lol. Spin n storie en spin n storie daar en siedaar. Ons leer mooi by onse President man!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.