Omstrede video beland Bishops (wéér) in sop

Bishops Diocesan College in Rondebosch.

Streng optrede word geëis nadat ’n video verlede week op sosiale media versprei is waarin dit voorkom asof ’n 15-jarige leerling aan Bishops Diocesan College in Kaapstad ’n ander leerling (15) verkrag.

Dit lyk egter nou of die verkragting nooit plaasgevind het nie, maar dat die skoolseuns die seksdaad as ’n grap gesimuleer het, berig News24.

Hoe dit ook al sy, die video is uiters ontstellend en die simulering van die daad is nét so ontstellend soos die daad self, meen die Wes-Kaapse LUR vir onderwys, Debbie Schäfer.

“Verkragting is nie ’n grap nie,” het die LUR Maandag gesê.

Daar kan in die betrokke video gesien word hoe ’n huilende seun “verkrag” word terwyl ander seuns laggend toekyk en selfs die daad aanmoedig. Die LUR beskryf die video as “uiters ontstellend”.

Bishops Diocesan College het in ’n verklaring gesê hy is bewus van die video en stel dringend ondersoek in.

Luidens die verklaring sou die spogskool onmiddellik stappe doen om vas te stel wat presies gebeur het. Die skool is ook reeds in kontak met die betrokke leerders se ouers.

“Daar is wel inligting wat daarop dui dat die bewerings wat op sosiale media gemaak word verkeerd is en die moontlikheid inhou om skade te berokken, veral vir die betrokke kinders,” het die skool gesê.

“Waar die gedrag van ons leerders onvanpas is of op ʼn ernstige aanklag of wangedrag neerkom, sal die skool nie huiwer om onmiddellik op te tree nie.”

Schäfer sê die hoë vlakke van seksuele geweld in Suid-Afrika maak die video selfs nóg erger. “Dit kan nie geduld word nie en streng optrede moet geneem word teenoor almal betrokke.”

Daar word ’n beroep op sosialemediagebruikers gedoen om nié die video te versprei nie.

Maroela Media het vroeër berig ’n voormalige onderwyseres van Bishops het byna twee jaar gelede bedank nadat dit aan die lig gekom het dat sy ʼn verhouding met ʼn skoolseun gehad het. Fiona Viotti was die skool se waterpolo-afrigter.

’n Ondersoek het bevind dat Viotti haar tussen 2013 en 2019 aan seksuele wangedrag met minstens vyf leerlinge skuldig gemaak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Misky

Sjoe, weer in die nuus en vir verkeerde redes

JohanR

Sal die skool die keer daadwerklik optree? Niks het gebeur met Fiona Viotti gebeur nie. Lyk my by daai skool is daar maar ‘n hele paar siekes! Sit die skuldiges se name op die sex registreer soos met pedofiele. Dit sal hulle leer.

VaalDonkie

Sies

Marlene

Siek. Ek het nie woorde nie… dit wat ek wil sê, MAG EK NIE!

JM

Siek!!