Omstrede wysiging aan Kopieregwet aanvaar

Foto ter illustrasie: Morné van Rooyen

Die Nasionale Vergadering het hoogs omstrede wetgewing aanvaar wat kunstenaars, vermaaksterre en skrywers suur kan bekom.

Die Wysigingswetsontwerp op Kopiereg maak ernstige inbreuk op die inkomstemoontlikhede van kunstenaars en kan die verspreiding en bekendstelling van onder meer musiek en rolprente in Suid-Afrika baie nadelig raak.

Die wetsontwerp maak daarvoor voorsiening dat inhoud uit rolprente, boeke ensovoort “binne redelike perke” gereproduseer kan word sonder betaling van tantieme. Dit het reeds teenkanting van onder meer Amerikaanse rolprentverspreiders en skrywers soos JM Coetzee, Deon Meyer, Wilbur Smith en Breyten Breytenbach ontlok.

Adv. Anton Alberts, parlementslid van die VF Plus, het uitgewys dat dit ’n oortreding van verskeie ooreenkomste en konvensies verteenwoordig wat deur Suid-Afrika onderteken is.

Alberts het benadruk dat die wetsontwerp veral kunstenaars, vermaaksterre en skrywers wat dit nie breed het nie, sal benadeel omdat dit die hof is wat as arbiter moet optree vir wanneer die skending van kopiereg redelik is. Slegs diegene met baie geld sal dit kan bekostig om te litigeer. Die res is aan die genade oorgelaat.

Die verwagting is dat die kwessie in die hof sal draai, maar op die oomblik is die ANC verbete daarop toegespits dat die nuwe bepalings wet moet word.

Die wetsontwerp is na die Nasionale Raad van Provinsies vir instemming verwys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

JoeV ·

Is seker maar deel van die Chinese opleiding wat hulle ontvang so elke dan en wan wanneer hulle daar gaan besoek aflê. China nie so erg op kopie reg nie.

Arak ·

Hoe word “binne redelike perke” bepaal? Is dit so moeilik om dinge te kwantifiseer? Verder, wat is die doel van die wet? Wie se belange word nou daardeur beskerm?

Maljan ·

Wat die anc wil hê, is wat die anc sal kry. Daarvoor sal cronies in die nvg en die crondwet hof sorg.

Wessel ·

Hierdie narre het net nie einde nie, nou sal hulle my seker nog ook as rassis uitkryt.

John ·

Die eerste vrae is hoekom en wie het dit voorgestel? Dit verbeeld maar net die reg wat Afrika homself toeeien om te vat wat hy wil he. So kan plagiaat heerlik gepleeg word. En die steler kan woeker met ‘n ander se eiendom soos hy wil… Alles wat verkeerd is, word reg sodra ‘n spul roekeloses dit in die wetboeke wysig. Miskien moet ons hand in eie boesem steek want baie wil ook so met die Bybel omgaan….

Geregtigheid ·

Stem met jou saam John. Mense sal God ken net wanneer hulle Hom nodig het. Mense sal ook God se wette wat hulle leefstyf bedreig moetwillig vergeet en nie lees nie. Al wat God van ons vra is: Dat ons ons naaste (almal) liefhe soos onsself. Dan sal daar nie meer kwaad wees nie.

Henry ·

Resultaat van die huidige regime se beheptheid met marxisme, wat die dogma vir die onnooslikes en agtergeblewenes van hierdie planeet is.
G’n salf aan hierdie spul te smeer nie.
Vir die wat kan…saal julle perde op en vat koers uit hierrie hool uit.
:-(

bgj van der westhuizen ·

ja hulle moet die wet verander dat al die goed uit china wat gekopie is hier kan verkoop sonder dat die ander lande op hulle koppe af klim oor kopie reg mooi anc regering ons raak net nog damp plek van al china se gemors wat hulle verkoop

marco polo ·

Niemand dwing jou om Chinese produkte te koop nie, maar dis darem lekker om bekende handelsname vir goedkoop te kry, of hoe?

charmaine ·

Alles wat ons in goed is, opbou, respekteer, waardeer, n talent het en geniet sal deur jaloesie verwoes word, want daar is mense wat nie weet hoe om al die bogenoemde te doen nie.

JV ·

En watter uitwerking gaan dit nie hê op die skryf van verhandelings vir gevorderde universiteitsgrade nie?

GM ·

JV, ek het dieselfde gewonder. Hul kan maar netsowel net grade vir almal gee en klaarkry. Dan spaar hul sommer vervoerkostes, verblyfkostes, en al die ander kostes wat die regering sou moes aangaan (met belastinggeld natuurlik) om al hierdie bloedjies, wat tog so ‘entitled’ is en benadeeld in die lewe gekom het, deur universiteit te sit. Hulle moet maar dié van ons wat alreeds grade verwerf het se geld teruggee, want daardie papiertjies is niks meer werd nie.

Ek wonder wat sal die president en sy ministers doen as mens hul besittings net kom vat, want dit is presies wat hul met kunstenaars ens. nou wil doen.

Arie ·

Die anc het nie ‘n idee wat hulle doen nie, en hulle het nog nooit iets ontwerp nie so hulle gee nie ‘n hel om nie

Piet ·

Die derde laaste paragraaf oor regskostes as teenargument teen die wetsontwerp is misleidend. Die howe het nog altyd opgetree as arbiter oor sake, daar gaan geen verskil wees nie. Alternatiewe forums kos ook geld, bv arbiters vra fooie en is basies voorsittended beamptes “for hire” as hul praktyk. Hoe mens dit ook al sny, sal jy nie wegkom sonder om te moet betaal om ‘n dispuut, binne of buite ‘n hof, op te los nie.

Anneline de Hout ·

Ek help mense om hul getuienisse in boek vorm te plaas en te self-publiseer.
Hierdie stories is uniek en persoonlik. Indien ‘n skrywe sonder die toestemming van ‘n skrywer “gedeeltelik” gekopieer mag word, sonder die toestemming en/of vergoeding van die skrywer, sal dit die skrywers nie net finansieel benadeel nie, maar hul persoonlike vertelle kan ook heel uit verband gekopieer word en so die skrywer en die storie groot skade meebring.
Skrywers wat self-publiseer sal nie die vermoee he om te litigeer nie, hetsy finansieel of persoonlik.

m.d.r. ·

Hoe gaan kunswerke (skilderye en beeldhou werke) wat aangekoop word as beleggings hierdeur geraak word…?
Beteken dit dat enigeen so ‘n kunstenaar se werk kan kopieer en dan bemark..?
Wat word nou van die beleggingswaarde van die kunswerk ..?
Soos dit vir my klink beteken dit dat enige werk van bv Maggie Loubser, Irma Stern, Adriaan Boshoff en andere nou ‘n drastiese waardevermindering sal ondergaan….want die uniekheid van so ‘n werk word nou eintlik geneutraliseer….en enige jan rap en sy maat kan dit kopieer en verkoop as ‘n oorpronklike Loubser, Boshoff en so meer…
Hierdie is maar net nog een van die ANC se ondeurdagte verbeeldingsvlugte wat met hulle getalle oorwig werklikheid word.

bosluis ·

Klink my hulle bring dit in lyn met die onteiening van eiendom sonder vergoeding ….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.