Omstrede Yes4Youth-program weer in Solidariteit se visier

(Argieffoto)

Die omstrede Yes4Youth-program is opnuut in Solidariteit se visier oor sy werkskeppingsprogram wat slegs vir werklose, swart jongmense beskikbaar is.

Die organisasie het tot Vrydag kans om die program vir mense van alle rasse oop te stel voor Solidariteit hom na die hof wend.

Connie Mulder, verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), sê die program sluit steeds wit jongmense uit, ondanks ʼn ooreenkoms wat in 2019 tussen Solidariteit en Yes4Youth gesluit is dat die program vir alle rasse oopgestel sou word.

Daar het skynbaar dadels van hierdie skriftelike onderneming gekom.

Solidariteit voer nou aan dat die uitsluiting van wit werklose jongmense nie moreel of wettig regverdigbaar is nie.

“ʼn Rasgegronde benadering om armoede en werkloosheid te pak, is moreel aanstootlik en sal min doen om behoeftiges op te hef, selfs vir die sogenaamde aangewese rassegroepe,” sê Mulder.

Solidariteit het verlede maand ʼn aanmaningsbrief aan die motorvervaardiger Hyundai, wat hierdie program ondersteun, gestuur. Die vervaardiger het daarna afstand van die program gedoen en alle advertensies wat daarmee verband hou, teruggetrek.

“Die boodskap wat aan die wit werklose jeug van Suid-Afrika oorgedra word, is in wese ʼn ontkenning van hul werkloosheid of armoede, sowel as die realiteite wat hulle in Suid-Afrika in die gesig staar. ʼn Gesonde benadering om werkloosheid te pak is om ʼn klasgegronde benadering toe te pas eerder as ʼn streng rassebenadering.”

Volgens Solidariteit is die diskriminerende benadering wat Yes4Youth tans volg strydig met verskeie Suid-Afrikaanse wette, waaronder ook die Grondwet.

“Die Yes4Youth-program, soos dit tans bedryf word, voldoen hoegenaamd nie aan die beginsels van Pepuda wat streef na regverdigheid, billikheid en menswaardigheid nie. Dit is ook direk in stryd met die grondslag van die Grondwet wat op menswaardigheid en die bereiking van gelykheid gegrond is. Laastens is dit duidelik teenstrydig met Suid-Afrika se internasionale verpligtinge sowel as die beginsels soos deur die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) verkondig,” sê Mulder.

“Sulke moreel aanstootlike, onwettige gedrag kan geensins daar gelaat word nie. Ons kan nie toelaat dat jong werkloses geskop word terwyl hul reeds op die grond lê bloot net as gevolg van hulle velkleur nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Jaco ·

En die hof, wie se amptenare en die regter se salarisse deur die anti-wit ANC-regering betaal woed, gaan natuurlik in Solidariteit se guns uitspraak lewer. Onthou die hofsaak oor die noodfonds vir toeristebesighede wat net vir BEE-besighede was? Die regter het reguit gesê “dis regeringsbeleid en dis hoe dit is”.

Anel ·

Dit gaan nie saak maak of hulle dit verander nie. Al wat hulle gaan sê is dat die blankes nie die bevoegdheid het nie. Al gaan hulle vir onderhoude, ons kinders sal nie regkom nie.

Frank ·

Dankie Solidariteit en verskoon maar die mense wat so negatief is dat hulle ook alle positiewe dinge met ‘n negatiewe bril betrag en omval nog voor ‘n enkele skoot geskiet is. As sulke mense by Solidariteit gewerk het was daar nie eens so ‘n organisasies nie.

Pieter ·

En die minister het net gister in sy Vryheidsdagtoespraak gese daar mag nooit weer teen enige groepering gediskrimeneer word nie……..

Pietertjie ·

Daai wit hande op die foto word verniet opgesteek. Volgens die ANC kan mens bevoordeling net op grond van velkleur takseer. Niks anders maak saak nie. Dis tyd dat blankes dieselfde taksasie toepas met hulle kapitaal.

Althes ·

Die persepsie dat witmense ryk is, bevoorreg is en nie in ñ shack bly nie, moet vir altyd nek omgedraai word.
Ek weet van staatsdienspersoneel wat in shacks bly omdat hulle dit verkies. Hul dra ook baie meer luukse klere en ry duurder motors as wat ñ blanke lae middelklas bv sou doen.

Elke rassegroep het sy eie manier van finansiële en kulturele besteding en nedersettings/vervalle huisies beteken nie dat daar nie ñ mate van luukshede is nie.

Daarby het witmense alreeds in vorige dekades swaargekry, en nog steeds. Baie kon en kan nog steeds nie universiteitopleiding bekostig vir hul kinders nie.

Alle jongmense moet gelyke kanse gegee word.

pieter ·

Jy sluit nie n ooreenkoms met die tipe nie , kyk waar bring dit jou , nerens .
Wit mense moet mobiliseer , saamstaan ,
Anders my vriend is daar geen toekoms vir ons nie

Jack ·

Dingaan se skriftelike ooreenkoms met Retief het ook net dooies opgelewer. Geen ooreenkomste met mense wat onderduims is dra enige waarde nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.