Die ANC het Yacoob se uitlatings as ‘n aanval op die regstelsel beskryf. Die party sê hy hoop Yacoob sal vir Zuma en regter Willem van der Merwe om verskoning vra.
Volgens die ANC is dit “oneties en ongehoord” dat ‘n regter ‘n ander regter kritiseer. Die ANC het ook gevra dat die Regterlike Dienskommissie (RDK) Yacoob se optrede sal bekyk.
Yacoob het Vrydag in ‘n onderhoud met Eyewitness gesê hy het homself nie duidelik uitgedruk nie. Yacoob sê hy het bedoel dat regters subjektief is en dat hulle dieselfde gebeure verskillend interpreteer.
Yacoob het aan die Mail&Guardian gesê sy uitlatings was eintlik oor die manier waarop die klaer, bekend as “Khwezi”, behandel is tydens die verhoor en nie oor die aard van die bewyse teen Zuma nie.
“Daar is ‘n element van subjektiwiteit wanneer ‘n regter ‘n besluit neem. Wat ek gesê het, is dat ek dalk anders sou besluit het aangesien ek nie die getuie sou kritiseer oor sy nie die verkragting vroeër aangemeld het of oor haar seksuele geskiedenis nie.”
Lees ook:
Oudregter bevraagteken uitspraak in Zuma-verkragtingsaak