‘Omvattende bedrog’ met toelaes onthul

(Foto: Facebook)

Die owerhede trek die net vinnig nouer om die duisende mense wat hulself onwettig deur die Werkloosheidversekeringsfonds (WVF) se tydelike werkloosheidverligtingskema (Ters) verryk het.

Op 22 Augustus verlede jaar het die minister van arbeid, Thulas Nxesi, die bevindings deur die kantoor van die ouditeur-generaal in verband met bedrog en wanbestuur van Ters-geld na die spesiale ondersoekeenheid (SOE) verwys, sodat teen die skuldiges opgetree kan word.

Dinsdagoggend het die Kobras terugvoer oor hul vordering aan die parlementêre portefeuljekomitee oor arbeid verskaf.

Oor die Ters-bewusmakingsprogram is bevind dat R6,1 miljoen verkeerdelik aan radio-advertensies bestee is, en sewe amptenare word tans dissiplinêr hiervoor verhoor.

Leefstyloudits van ʼn hele rits amptenare het ʼn aanvang geneem en vorder fluks.

ʼn Omvattende aantal maniere waarop bedrog met Ters-toelaes gepleeg word, is reeds deur die SOE ontbloot.

Dit sluit in WVF-werknemers wat geld aan mekaar en hulself oorbetaal, betalings aan afgestorwenes, gevangenes, dubbele uitbetalings, uitbetalings aan mense met ongeldige ID-nommers, buitensporige groot betalings, onderbetalings, betalings aan buitelanders en betalings waar die uitbetaaldatum voor die aansoekdatum val.

Tot dusver is betalings aan onder andere 6 140 staatsamptenare, 78 weermaglede, sewe gevangenes en 68 afgestorwenes ondersoek, met 20 inhegtenisnemings en 70 strafregtelike hofsake voortspruitend, sedert 12 Desember.

Wat Ters-uitbetalings betref, het 13 447 004 werknemers tot dusver daarby baat gevind. Dit betrek 1,1 miljoen werkgewers en amptenare, en beloop tot dusver net meer as R57 miljard.

Die SOE se ondersoeke gaan voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Wondermaarnet

Het die ANC regtig gedink dat alles eerlik hanteer sal word?

Wielspore

My vrou het toelae ontvang net soos al haar mede werkers, al die werkers is min of meer op dieselfde salaris skaal. Sy het slegs ‘n persentasie van haar salaris gekry en van die ander werkers het meer as hulle salaris gekry. So daar is nie net bedrog gepleeg, daar was rasse diskrimenasie ook.

Kokerboom

Ek sê liewer niks want dit sal net my absolute minagting van die anc bestel weerspieël!!!

Casper

Bedrog en korrupsie het nou al sulke ernstige afmetings aangeneem dat dit nie meer voorkom kan word nie.Om die skuldiges te arresteer en strafregtelik te vervolg beteken niks.Die geld moet herwin word al moet daar op hulle bates beslag gelê word.

MAGRIETHA

Ja en wie betaal op die ou einde vir al di korupsie die vuisvoos belasting betaler kyk ma eskom 16% verhoging in krag pryse weer belasting betaler wat moet opdok