Omvattende statistieke oor naskoolse studie vrygestel

bcom graad studeer akademia

Argieffoto

Statistiek Suid-Afrika het pas ʼn omvangryke indieptestudie oor naskoolse onderwys in Suid-Afrika bekend gestel, wat wys dat die land twee keer meer gegradueerdes per jaar lewer as 20 jaar gelede, maar dat die naskoolse onderwyssektor onder grootskaalse uitdagings gebuk gaan.

Die studie kalibreer statistieke – empiriese syfers en getalle – maar maak geen bevinding oor die gehalte of praktiese strategiese nut van die opleiding nie.

Die getal universiteitstudente wat suksesvol gegradueer het, het sedert 2000 meer as verdubbel, van sowat 93 000 tot 203 000. Die getal afgestudeerdes aan verdere onderwys- en opleidingskolleges (vroeër meestal bekend as tegniese kolleges) staan nou op 135 000.

Vergeleke met ander lande behaal baie min universiteitstudente nagraadse kwalifikasies. Van die land se gegradueerdes studeer 19,8% verder tot op honneursvlak, net 6,3% behaal magistergrade en ʼn skamele 1,4% verwerf doktorsgrade.

ʼn Baie groot probleem in die Suid-Afrikaanse universiteitesektor is dat soveel studente opskop en die enorme aantal studente wat nie hul studie binne die konvensionele tyd voltooi nie. Dit is byvoorbeeld algemeen dat studente tot ses jaar neem om ʼn driejaargraad te verwerf.

Daardie syfer lyk darem baie beter as al die Unisa-studente nie in berekening gebring word nie, omdat soveel Unisa-studente ekstra jare nodig het om hul studie te voltooi.

ʼn Verdere groot uitdaging vir tersiêre studie spruit voort uit die skoolstelsel omdat so min matrikulante matriek met universiteitstoelating slaag. Voorts is die druipsyfer en veral die uitvalsyfer in die laaste drie skooljare – graad 10, 11 en 12 – skokkend hoog.

Sowat 20% van leerders gee moed op in hul graad 10-jaar, en van die oorblywendes maak ʼn verdere omtrent 20% nie graad 11 klaar nie. Die hoogste uitvalsyfers is in die Oos-Kaap, Noord-Kaap en KwaZulu-Natal.

Die skokkendste syfer in hierdie verband is egter die 19% van matrikulante wat nie die matriekeksamen aandurf nie – hetsy omdat hulle die skool verlaat of omdat die skool hulle verhoed uit vrees vir die druk op en veroordeling van die skool deur die staat, gemeenskap en media in geval van ʼn lae matriekslaagsyfer.

Kinders uit welvarende huise is meer geneig om te gradueer as kinders uit arm huise. Omtrent 47% van alle gegradueerdes het in huise grootgeword waarvan die inkomste in die boonste vyfde van die land is, en net 7% van gegradueerdes kom uit die armste vyfde van huishoudings. Terwyl 35,3% van wit matrikulante ná skool gaan studeer, is die syfer vir swart matrikulante net 10,6%.

Die studierigtings wat tans die meeste graduandi oplewer, is sakestudies, ekonomiese en bestuurswetenskappe, onderwys en ingenieurswese.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Adam ·

Lies, damn lies and statistics. Die syfers is totaal nikseggend weens die wegdoen met Technicons ens. Die naakte waarheid is dat daar hopeloos te veel studente op universiteit toegelaat word wat gewoon nie daar hoort nie. Vir talle studente is NFSAS die ideale voertuig om werkloosheid te ontsnap en gaan “studeer” dan en mors die belastingbetaler se geld oa ook deur suiwer vandalisme.

Andreas ·

Jan-Jan, ek het idee as jy die vergelykende statistiek van bv 50 jaar gelede gaan trek, sal jy dieselfde tendens vind. Dit sal nogal interessant wees om die uitslag te sien, sou jy dit wel doen.

Gert ·

Ons het in 2018 800000 matrikulante gehad, en volgens hierdie statistiek is daar 330000 wat gradueer op universiteite en kolleges per jaar. Dit is dus byna helfte van matrikulante. Waar moet soveel met tersiêre kwalifikasies werk kry? Het enigiemand daaraan gedink? Hierdie is ‘n derde wêreld land, hier is nie eens genoeg werk vir hande-arbeiders nie, wat nog mense met tersiêre kwalifikasies? Hierdie spul stuur op ‘n ramp af.

Wilma ·

Die werkplek is besig om dramaties te verander en tersiêre opleiding pas nie daarby aan nie. Die meerderheid van die jonges word nie behoorlik hiervoor opgelei en voorberei nie. Selfs die sogenaamde STEM rigtings is nie ‘n waarborg vir sukses nie. Die meeste jonges kan vergeet van goeie poste in die privaat sektor. Die owerheidsektor moet eintlik mense afdank want die salarisrekening is buitensporig. Die enigste uitweg is die vestiging van kleinsake ondernemings. Maar die jonges het ‘n probleem met initiatief, harde werk en meganismes om mislukkings te hanteer en te verwerk.

B-man ·

Die probleem is ook dat “Die EFFe leë blikke (eintlik heelwat leeg)” skep ook die indruk onder die massas dat witboordjie kwalifikasies gratis moet wees en almal se armoede gaan wegvat. Ongelukkig is die werklikheid dat SA meer blouboordjies nodig het, maar die instansies (onderwys-, verpleging-, ambagkolleges ens.) wat wêreldgehalte opleiding gelewer het is summier toegemaak. En die voorheen benadeelde tegnikuste en tegnici wat wel diplomas/BTech’s besit, bekleë poste wat bo hul vuurmaakplek is, want die witboordjie-ingenieur is juis dit… té wit.

Waarheid ·

Armoede maak jou nie dom nie. Moenie dit as verskoning gebruik nie.

Willimien ·

Eie wil in elk geval universiteot toe gaan in hierdie omstandighede? Hulle wil nie studeer nie, hulle gaannom alles wat bestaan te verbrand ennaf te breek! FXxX

B-man ·

My jinne, Willimien. Ek dink dat wanneer mens kommentaar lewer oor opleidingstatistiek en hoër onderwys, moet dit dit darem geregverdig word deur korrekte spelling.

Hanna Hoekom ·

Ek werk tans in die buiteland as geregistreerde verpleegster. Die eerste vraag wat destyds deur die agentskap aan my gevra is, was of ek voor of na 1994 gegradueer het. Die wat voor 1994 gegradueer het, kry voorkeur. Wonder hoekom… Die buiteland is blykbaar nie onnosel nie.

Rupert Ashford ·

Hulle se niks oor die kwaliteit van die kwalifikasies nie – maar gaan kyk maar net na waar RSA Universiteite is op wereldranglyste vergeleke met 30 jaar gelede dan kan mes jou eie afleidings maak. Verder is die % suksesvolle studente uit “welvarende” huishoudings baie hoer as die uit armer huishoudings, en dan is die % uit “wit” huishoudings nog hoer – hoe lank voor ons nou weer gaan hoor van “privilege” en sy lelike sussie “white privilege”. Soos Ben Shapiro se: Kinders moet nou gepenaliseer word oor hulle ouers die regte besluite geneem het en hard gewerk het. My familie was ook brandarm, maar helfte van die Ooms en Tannies het uiteindelik grade behaal – maar deur harde werk, nie deur dit op ‘n skinkbord te kry nie (weereens die regte besluite), so gee die armer outjie sy geleenthede, maar moet nie die kind uit ‘n welvarender huishouding benadeel in die proses nie.

DR Pallo J. ·

. Jy kan tot by matriek vorder sonder om een jaar te slaag, jy mag mos net een keer in n fase druip! Dit gaan net vier jaar langer neem! So word hordes oorgeplaas na die volgende graad en beland dan op universiteit. Baie oorsese lande erken nie meer ons grade nie oor swak standaarde. En dan gee sommige ouens hulself sommer n graad……

B-man ·

Dis baie waar Dr. Ongelukkig sukkel jy om deurgesit word in Gr. 10, 11 en 12 wanneer jy vir jou kinders moet sorg by die huis. Om in ‘n SASSA-ry te wag vir jou toelaag, vat ook baie tyd en moeite.

Martin ·

Die persoon wat daai stats saam gestel het moet hul skool geld gaan terug vra of hulle loop met oogklapoe op. Weet nie wie probeer hulle bull nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

Nie tyd gehad om my feite na te gaan nie, maar as ek reg onthou was dit ‘n land soos Chile……waar niemand iets kon bou nie want daar was nie ingenieurs nie, net arbeiders. Toe spring die regering in en motiveer almal om te studier………..en vandag word daar NIKS in Chile gebou nie, want daar is duisende ingenieurs maar GEEN ARBEIDERS nie!!!! In Suid Afrika is dit presies dieselfde….ek stel niemand meer aan nie, want na sy tweede pay-cheque wil hy die eienaar van die besigheid wees…waaraan EK vir 22 jaar gewerk het!!!

lanie ·

Jare terug was daar nie beurse en lenings nie. Toe het die studente se ouers betaal. Nou wil die studente alles verniet he en nog opskop ook.

Lou ·

Ek vermoed as jy gaan kyk na die bevolkings samestelling (rasse) van die provinsies wat die hoogste uitvalsyfers het in Gd 10,11 en 12 gaan die rede daarvoor baie duidelik daar staan in wit en swart.

Koos ·

My ou SA grade was nie eens goed genoeg om werk te kry nie. Ek het later gelieg op my CV deur bloot aan te dui dat ek ‘n paar jaar op universiteit deurgebring het sonder om graad te kry. My 1 jaar militêre diensplig het ek sommer ook na 2 jaar verander. NIEMAND het my ooit oor hierdie leuens op my CV uitgevra nie en ek het uiteindelik ordentlike werk gekry.

Basjan ·

Koos, jou doring! Jy kwalifiseer ten minste vir ‘n ministerspos!

Charmain ·

Die probleem in Suid-Afrika is nie te min werk nie, maar te veel mense. Dit weet ons almal. Om kwalifikasies te behaal is goed; probleem is heelwat van die studente studeer gratis, gaan heel moontlik nie in Suid-Afrika bly en werk na hul studies nie en dus nie bydra tot die ekonomie wat dit vir hulle moontlik gemaak het om die kwalifikasie in die eerste plek te behaal nie. Miljoene rande word spandeer aan tersiêre onderrig, insluitend TVET Colleges waar duisende ook jaarliks kwalifikasies behaal. Die beplanning by sekere universiteite is om binne die volgende vyf jaar hul getal studente wat kwalifiseer met ‘n verdere 30% te verhoog en daar is spesifieke inisiatiewe plaaslik en met behulp van internasionale tersiêre netwerke om veral akademici se kwalifikasies te verhoog na PhD. Gaan ons binnekort gegradueerdes ‘uitvoer’ of eintlik gratis aan die buiteland voorsien?

Johan ·

Hier klop iets nie. So veel duisende der duisende “gegradueerdes” in die land en nog is SA in ‘n staat van gemors ! Hoe is dit moontlik ? En nes Charmaine se, daar is nie so seer te weinig werk nie – daar is te veel mense ! In ‘n derde wereld soos SA beteken al hier onverantwoordelike voorplantery net een ding: massas werklose !

Buite Stander ·

Die filosofie proffies moet darem ook werk hê, of hoe?

Belasting voos ·

n Stelling aan die slimmes onder julle, as 35% van die wit kinders gaan studeer (neem in ag wit is minder as 5 mijoen inwoners) en 10,9% swart gaan swot (50 miljoen), dan is persentasie syfers uiters mislydend in die berig, wanneer laas was die berig skrywer op n kampus, dis net swart waar jy kyk. In ag genome meer as 80% van hulle kry belasting gefundeerde beurse wat nooit terug betaal word waar gaan ons opeindig. As jy gratis geswot het moet jy tenminste iets terug betaal om die volgende kind ook n kans te guns tot so n beurs. My dogter is nou in haar vierde jaar en ek moes elke sent self betaal en nog daaglik word die blanke kinders beswadder en vervolg oor sogenaamde bevoorregting. Daar moet werker wees en daar moet base wees, kry dit in die regering se koppe. Nie almal moet gaan studeer nie.

Leon ·

Nieu Zeeland is een van die bevolkings met die meeste grade per captita in die wêreld. Baie vakmanne het ook grade agter hul name. Niks snaaks om ‘n skrynwerker met ‘n graad in sielkunde en filosofie raak te loop nie. In SA kan gegradueerdes ook ander rigtings inslaan na hul grade plegtighede. ‘n Graad sit nie altyd kos op die tafel nie.

jakes ·

Daar is minstens 100,000 persone met grade in SA wat glad nie werk kan kry nie. Die bevolkingsaanwas word jaarliks net groter terwyl feitlik elke matriekulant universiteit toe wil gaan. Die swak punt vir universiteitstoelating is die hoofrede hiervoor. Baie van hierdie sg ‘gegradueerdes’ kan nie behoorlik lees of skryf nie. Die vergelyking met studente in SA versus studente in ontwikkelde lande is soos die rand/dollar wisselkoers, so 13 teen een.

koos ·

maak dan soos ek: lieg jou grade weg van jou CV af. Maak GEEN melding daarvan nie en soek werk waarvoor net ondervinding en n matrieksertifikaat nodig is. Gegradueerde werkloses is geneig om te veel op daardie kwalifikasies te hamer en gedurig te kla omdat hulle werkloos is. Kry dan werk waarvoor daardie grade nie nodig is nie. Regstellende aksie en BEE is nie die einde van die pad nie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.