‘Onaanvaarbaar dat boere dood van hul plase gedra word’

Johan Kruger en sy vrou, Fiona. Foto: Verskaf

“Dit kan nie meer aanvaar word dat boere dood van hul plase af weggedra word nie. Daardie lot behoort plaasaanvallers en -moordenaars toe te kom. Hulle moet die boodskap kry dat daar geen genade teenoor hulle betoon gaan word nie.”

Só sê Henk van de Graaff, voorsitter van TLU SA se Noordstreek, in reaksie op die moord op Johan Kruger (60) wat Vrydagoggend koelbloedig op sy plaas, Makoppa’s Nest Safari Lodge, naby Alldays in Limpopo doodgeskiet is. Kruger se vrou, Fiona, het die aanval oorleef.

Twee verdagtes is kort ná die aanval aangekeer, maar volgens Graaff bied dit min troos aan die familie wat in rou gelaat is. “Hoewel van die [verdagtes] aangekeer is, kan mnr. Kruger se lewe nie daarmee teruggekry word nie, terwyl sy vrou nog die erge trauma aanvaar,” sê hy.

“Wat ook kommerwekkend is, is dat die aanvallers blykbaar goed opgelei was en alles moontlik gedoen het om enige identifikasie te vernietig. Hulle was ook veral op soek na wapens. In die aanval is vyf vuurwapens gesteel, wat gelukkig almal teruggevind is toe die [verdagtes] aangekeer is.”

Graaff sê inwoners van landelike gebiede kan verwag dat aanvalle oor die feestydperk sal toeneem, veral in die lig van “opruiende praatjies deur onder meer Black First Land First”.

“Ons wil ʼn beroep doen op boere om hulle paraatheid op te skerp oor die feestyd. Misdadigers en [plaasaanvallers] hou nie vakansie nie. Sodanige misdadigers moet genadeloos behandel word. Hulle moet die boodskap kry dat daar geen genade teenoor hulle betoon gaan word nie.”

Volgens AfriForum se syfers is 415 plaasaanvalle tot dusver vanjaar uitgevoer en 53 mense op plase vermoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

julius ·

Maak jul boodskap net meer duidelik. Skiet eers en vra dan vrae.

ferdi ·

Op my plaas is ek paranois ek wag vir enige aanval die vonke sal spat Ons boere wees te alle tye gereed BLF wil alle wittes vermoor

Vaalseun ·

Stem, Ferdi. Kan elke plaasmoordberig vir ons ook beskryf wat was die sekuriteit om die plaaswerf en -woning, asseblief? Die Namibiese boere het 40-jaar gelede dubbele hoësekuriteitsheinings met vloedligte op ‘n hoë mas by die huis gehad wat snags tot ver buite die heinings geskyn het. Nou het ons nog die voordeel van kameras ook. ‘n Plaasmoord agv swak sekuriteit is nie ‘n plaasmoord nie. Dis ‘n swaksekuriteitsmoord, en kan op enige plek plaasvind. Daaraan kan geen regering of polisie iets doen nie. Hoe lyk die minimum spesifikasies vir effektiewe plaassekuriteit?

Hoe nou.... ·

Mag julle nie landmeine plant nie? Hulle gaan sukkel met daardie sekuriteit?!

GP ·

Ferdi dis goed om te hoor dat julle boere paraat is. Ek is wel in die dorp maar julle is ons mense en elke plaas aanval raak ons almal baie.
Ek dink elke boer moet die boek van Lukas Swart lees oorwin plaasaanvalle. Beskikbaar op internet by akska.
Vaalseun jy vra n baie goeie vraag. Ek dink daar behoort so studie gedoen te word en ek dink n groep soos Afriforum kan dalk n rekening skep waar mense geld inbetaal wat wil help om plase te beveilig waar mense nie self kan bekostig nie. Ek gaan sommer voorstel vir hulle e mail.

Belangrik is. Vroegtydige waarskuwings huis verharding gekoppelde alarm safe room gang hek en laai n nood app af op selfoon ek gebruik sos mate.

PJC ·

Ek stem 100% saam met Henk van de Graaf dat mense nie paraat is nie maar wat moet ń mens doen om mense dit te laat besef. Vir boere veral moet veiligheid en paraatheid amper belangriker wees as die saad wat vir die nuwe jaar geplant moet word. Dit maak ń mens party dae skoon moedeloos as jy sien hoe maklik boosdoeners in mense se huise inkom. Wat ń mens ook ontstel is hoe maklik mense die klomp twak glo wat liberaliste aan hulle verkoop en wat dan ń valse gerustheid skep.

Charlotte ·

Na my aanval het ek besef dat as jy n Boer in SA is dan GAAN jy aangeval word, dit is net n kwesie van tyd…. en moet nie help van die Polisie verwag nie. Laaste op toneel en eerste om te waai en dan laat hulle jou verdagte gaan.

madels ·

Ek dink ook dit het tyd geword dat ALLE boere NIE moet eers huiwer om te skiet nie, skiet eers en dan vra jy vrae en GEEN boer mag vervolg word as die misdadigers doodgeskiet word nie.. genoeg is nou waaragtig genoeg!

Andrew ·

Om te boer en paraat te wees is uiters moeilik, dis soms eie werkers wat die probleem is.

GP ·

Ons besef dis nie maklik nie. Wat egter pla is dat aanvalle gereeld deur die nag gebeur en hoe maklik hulle tot by die boer loop. Goeie huis verharding en gekoppelde alarms kon die jaar paar lewens gered het. Gaan om die huis en kyk waar hulle kan inkom. Sal reeds n verskil maak.

Hoe nou.... ·

Dink al hoe meer dat dit die regering se hande werk is om die massas te bewapen en die boere te vedryf van die grond af want hulle besef dat grondgryp te lank gaan vat.

Callie ·

Almal moet druk om n wet deur te druk dat veral na ure mag jy skiet op enige persoon binne jou omheining by jou huis. Wat soek iemand daar. As jy die persoon besoek ken jy hom en kan hom bel. Andersins staan jy buite die heining en roep. As die eienaar nie antwoord nie loop jy. As hy vir jou se jy moet loop, loop jy. So asb dra jou wapen by jou. Ongelukkig was ek ook al deur sulke dinge. Jy kan nie 24 uur n dag om jou kyk nie. Ons kan net bid dat as ons so paraat as moontlik is ons betyds die gevaar sal sien. Sterkte aan veral die boere maar ook aan alle witmense

Grassie ·

Baie kommentators wat boere so hewig kritiseer oor hul paraatheid is duidelik nie self boere nie en kom ook nie dikwels op plase waar aktief geboer word nie. Ja – baie boerderye se veiligheidsmaatreëls is onvoldoende.Ja, baie boere se sekuriteit en paraatheid skiet vér te kort. Maar ‘n voltydse boerdery is ‘n baie besige bedryf. Voertuie kom en gaan, mense kom en gaan en die boer kom en gaan heeldag. Hy moet oor al die weksaamhede toesig hou of sy boerdery gaan sink. Hy kan nie homself en sy gesin heeldag in die huis toesluit en met ‘n haelgeweer sit en waghou nie. Wie gaan dan boer? Al hierdie aktiwiteite op die plaas skep geleenthede vir aanvallers, veral as hul hulp van p;laasarbeiders kry.
Vir diegene wat sê dat aanvalle boere se eie skuld is – ek kan jou nie hier antwoord nie want MM sal nie kras woorde plaas nie.

Bekommerd ·

Grassie ek kom een maal n jaar op n plaas en daar is geen maar geen veiligheid nie. Ons vat ons eie sisteem saam. Soos bo genoem word meeste van die aan valle in die nag gedoen, as die boere net afstand “beams” op sit sal dit hulle waarsku voor dat die moordenaars n venster of n deur oop breek.

Vaalseun ·

Grassie, hoe groter, meer verspreid en afgeleë jou besigheid en bedryf is, hoe moeiliker is dit om veiligheid en sekuriteit toe te pas, en hoe beter moet jy dit beplan en hoe meer gaan dit kos. Of dit ‘n lugdiens of plaas is maak geen verskil nie. Jou werkers is ook een van die risikos. Simpatie vir die slagoffers en vloekwoorde teenoor die owerhede en misdadigers is geen sekuriteit of oplossing nie. Dit bly slegs emosie.

GP ·

Grassie ons is aan dieselfde kant maar ek wil dit noem. Meer as die helfde van plaasaanvalle waatvan ek gelees het kon deur eevoudige sekuriteit vermei word. Klim deur venster en skiet boer in sy bed. Loop vrylik in die huis rond sonder gang hek of alarm. Kry baie wapens en geld so in die hande. Dink jy nie dis motivering om sommer net weer dit te gaan doen nie? As dit moeiliker vir hulle was dink jy nie dit sou minder gebeur het nie? Daai 7 of 8 wapens wat hulle net vat by die boere word op ons in die dorp ook gebruik. Dit raak ons ook. Boere moet ophou dink hul kan elkgeval niks doen nie.

Grassie ·

Bekommerd en Vaalseun – ek stem met julle saam dat veiligheidsmaatreëls op baie plase veel te wense oorlaat. Veral woonhuise kan snags baie goed beveilig word. Maar dit bly baie moeilik om ‘n plaas in sy geheel te beveilig. Plaasaanvallers val nie ‘n plaas sommer lukraak aan nie. Dit word lank beplan en observasie word gehou. Ek glo dat daar in die meeste gevalle binne-inligting verkry is. Dit bly ‘n tameletjie. Maar dit bly steeds nie die boer se skuld as hy aangeval word nie.

Ella ·

Ons moenie uitsprake maak as ons nie weet wat boere doen om hulself te beveilig.
By al die verskrikking en trauma van so n aanval behoort ons meer simpatie en meegevoel te toon. Vir wat dit dan werd is.
Ek weet van n aanval waar daar allerlei voorsorg getref is en nogtans het die vuilgoed ingekom en hulle is goed opgelei.
My hart gaan uit na ons boere en ja, hulle verdien nie wat hulle tans ontvang van die regering en medemens nie.

Veritas ·

53 Plaasmoorde sovêr dié jaar? Dit gee gemiddeld net so oor die vier moorde per maand. Vir my voel dit of ek van dubbel soveel gevalle gelees het.

Genadeloos ·

Stem saam hulle moet genadeloos hanteer word , maar die probleem is as die popo die fan strike dan steek almal mekaar se gatte toe ipv net se ons weet van niks……
Mos nou al gesien met die parys “boere”

Penellope Jones ·

Dit is totaal onaanvaarbaar.
Dis ook onaanvaarbaar dat die regering so laks, traag en “”onbewus”” is van die moordsyfers op plase en misdaad oor die algemeen in die land.
Hulle leef in hul heerlike-toegeruste kokon.

Ronald ·

Dit is wat moet gebeur die een wat med die verkeerde bedoelings en ongenooid op dag hy moet af en weg gedra word

MTSteyn ·

Daar word altyd na boere se paraatheid verwys na afloop van moorde. ‘n Boer kan ‘n privaat weermag op sy plaas aanhou, en dit sal nie sy veiligheid waarborg nie. Boere, per definisie, is produseerders van meestal voedsel, en staan, soos enige ander belasting betalende, wetsgehoorsame burgers van die land onder die beskerming van die regering. Ons soek vir antwoorde op al die verkeerde plekke. Die Afrikaner, op sy eie grond, onder sy eie regering, en sy taal, kultuur, veiligheid, en voorbestaan is volledig verseker. Enige ander voorstel, is soos pleisters en panados vir ebola, en gaan faal. Maak nie saak hoeveel optogte, versoekskrifte, ligte, diefwering, kameras jy aan deel neem of het nie.

Andre ·

Dankie GP vir jou kommentaar, dit doen al wonder vir ons boere op die plase se gemoedere. Ons waardeer alle ondersteuning!

RG ·

Boere se paraatheid vorm ‘n klein deeltjie van die groter prentjie, TLU SA kan vandag nog ‘n nasionale misdaad bekamping whatsapp groep sluit waarby alle SA’ners inskakel. “Voorkoming deur netwerk” moet die fokus wees en almal van ons kan daarby betrokke raak deur mekaar te waarsku van verdagte optrede, elemente ens. Indien ‘n gemeenskap bewus gemaak word van ‘n plaasaanval tydens of direk daarna in stede daarvan te lees in ‘n nuusberig, glo ek kan die skurke makliker vasgetrek word. Dit moet vir skurke onmoontlik gemaak word om tussen ons rond te beweeg, weg te kom en weg te kruip en hoe wyer die net versprei word hoe moeiliker sal dit vir hulle wees om te beweeg. Wag om van julle te hoor TLU SA…

Jerry ·

Ai tog, wat nog! Daar is oplossings vir al die probleme, daar is veiliheidsmaatreels wat werk as dit net geimplimenteer word, maar helaas nee! Die boere is nie bereid om hulle lewenswyse aan te pas nie deurdat boerdery voor veiligheid geplaas word. AfriForum is nie bereid om ondermyning teen die staat te staak nie en om met die hoed in die hand na CR te gaan en te versoen en te vra vir staatshulp met plaasbeveiliging nie! Begrawe die strydbyle saam met die duistere agendas en maak vrede. As ons wou oorlog maak teen mede swart Suid Afrikaners dan moes ons dit voor 1994 gedoen het terwyl ons n weermag en polisiemag gehad het. Dit is waansinnig om te dink dat ons enigsins nou n kans staan met konflik as ons nie eers onsself kan beveilig teen plaasaanvalle nie. Hoeveel witkruise moet nou nog eers geplant word, voordat ons tot die besef gaan kom dat ons liefs moet inval by nasiebou, al is dit dan net om die ANC so te laat dink en soos wenners te laat voel! Hoe meer die huidige Afrikaner touleiers teen die prikkels skop hoe groter raak Afrikaner ellende en hoe groter raak Solidariteit/AfriForum se sakeryk!

hendrik ·

Maar Jerry, weet jy dan nie dat ons al in 1994 ingeval het met nasiebou nie. Waar was jy dan al die jare? Om nou die boere en wittes te wil kom aanval klink vir my so baie na CR wat die BLF se dreigemente wil verdedig.

Dries du Toit ·

Jerry jy moet maar terwille van ons gaan kruip en smeek voor Ramaphosa. Ek wil nie my eie naam he as ek so laag moet daal nie

humor ·

Se weer die boere moet n harder vuis openbaar. Meer melitaristies georganiseerd wees. Waar mense nie paraat en kwesbaar is, kweek dit disrespek van die kant van die misdadiger en owerheid. Was self n boer in Nam. en weet dat dit nie maklik is nie, maar daar sal eenvoudig net n sisteem in die gemeenskap tot stand gebring word. Dit moet tot n soort van n bykomende boerderybedryf ontwikkel word. En moenie se ons kan nie. DIT KAN!!!! Ons moet nou net eenvoudig aanvaar c r se uitsprake bevestig dat hy afsydig staan teen hierdie gru misdaad op plase. Dit kan nie anders nie. Ons moet besef dit is die werklikheid hierdie aanvalle moorde ens. is die werksmetode van kommunisme om n land oor te neem en daar sal nie daarvan afgesien word nie. Ons sal onsself moet help.

Kobus ·

Moorde wat deur politici aangemoedig word en ‘n teikengroep wat nie vuur met vuur beveg nie, is ‘n resep vir uitwissing. Moet ook die vyand binne “eie” geledere vergeet nie.

Anoniem ·

Kry so drie of vier pelle hou wag twee twee en as jy iets opmerk skiet met n haelgeweer en vra dan vrae.

Jerry ·

Die “vyand binne eie geledere” is ieder en elke persoon wat dit waag om Solidariteit/AfriForum se duistere agenda aan die groot klok te hang. Solidariteit het 450 000 gesinne as lede, AfriForum het 250 000 lede, saam het hulle reeds n enorme sakeryk en julle wil vir my se dat hulle nie plaasaanvalle en plaasmoorde kan voorkom nie! Hoeveel witkruise moet nog geplant word voordat hierdie enorme sakeryk plaasmoorde kan verhoed! Terwyl dit dan nou oor getalle gaan, moet dit eers 10 000 witkruise wees of 15 000! Solidariteit/AfriForum faal die Afrikaner en sy belange op elke moontlike denkbare terrein soos, eie volkstaat, taal, plek en straatname, standbeelde, plaasaanvalle en plaasmoorde en grondhervorming, maar steeds volg julle hulle blindelings na! Dit is tyd dat julle ruggraat wys en julle organisasies se touleiers se agterente aan die brand skop sodat plaasmoorde kan stop! O nee, sorry julle kan nie, hulle is reeds met vakansie!

Anoniem ·

Jammer geen simpatie vir sulke lafaards nie, ‘n groot ontnugtering WAG vir hulle en die wat nog sulke lafaards dade beplan en opdrag gee om dit uit te voer ???

Hannes van den Berg ·

VAALSEUN EN GP…………..10 UIT 10 VIR JUL KOMMENTAAR WAT SOVEEL GEWIG DRA !!!!! EK WEET…..EK WOON BAIE TONELE BY…..FEITE-ABSOLUTE ROEKELOSE NALATIGHEID IN MEESTE VAN DIE GEVALLE!!!.(IN BESONDERS AS DIT KOM BY BEVEILING VAN WONING/SLAAPKAMER SELF).Elke lewe is sooo kosbaar en juis daarom moet mens n houding he van…..”ek is volgende…!” in plaas van naief te wees en te dink “dit sal nie met my gebeur….”Tree dus dienooreenkomstig op en verskerp jul weerbaarheid!(Sekerlik een van die gevaarlikste beroepe in die wereld maar toneel na toneel was wapen IN die kluis…??Alarmstelsel AFWESIG….??GEEN hek in gang/by kamerdeur….?? en so kan ek voortgaan!!

Ander Koos ·

Diegene wat boere, Afriforum en Solidariteit so vrylik kritiseer kan gerus ‘n paar konstruktiewe voorstelle/oplossings t o v plaasaanvalle/-moorde op die tafel plaas. Indien nie is dit “beste stuurlui staan aan wal” en niks meer nie

RG ·

Het probeer Ander Koos, ‘n voorstel kommentaar gelewer wat niemand iets sal kos nie. Vir een of ander rede word dit nie geplaas nie. Dalk is dit ‘n vrot idee, maar laat die lesers besluit MM.

Koos de Meyer. ·

Sekere mense klink dit mos vir my of hulle agter die ANC aan wil hardloop. Ons mag nie kriteseer nie. Al wat ek sê, wees maar 24/7 gewapend. As jy aangeval word skiet om dood te skiet. Dis of jy of hy.

Dit Belp ·

Ek het waghonde wat binne in my woning snags slaap, hulle is baie wakend en kan ek jou verseker dat as jy ongenooid my woning betree, sal jy opgevreet word. Hulle tel die geringste geluid op en sal jou wakker maak voor dit te laat is. Daai paar sekondes kan jou lewe red.
Ek het 4 honde.

Christo ·

Mense ons moet opruk soos die geelbaaidjies van Frankryk ,hul het in n kort rukkie baie uitgerig,handskoen dra en praat lankal verby,geelbaaidjies vat nie nonsens,dink daaroor ,dan kan buiteland ook sien wat hier aangaan ,als moet gestop word !!!!!

Vaalseun ·

Waarheen wil jy opruk met jou geel baadjie, Christo? Die “buiteland,” soos Frankryk, het hulle eie probleme. Hulle stel glad nie in jou of my probleme belang nie. Net so min as jy of ek hulle gaan help met hulle probleme, gaan hulle ons kon help.
En wat wil jy stop? Die verkeer? Sodat mense laat by die werk kom? As jy klaar betoog en ontwrigting veroorsaak het, het jy nog geen probleem opgelos of jou eie of ander se situasies verbeter nie. So, vergeet daarvan.
Staatsubsidies of -beskerming gaan jy nie weer kry nie. Maar daar is meer as genoeg Boere met meer as genoeg geld wat ander kan help. Staan saam om mekaar se veiligheid en sekuriteit te verbeter.
Sukses kom slegs met goeie beplanning, slim strategie, goeie en effektiewe toerusting, goeie opleiding, volgehoue 24/7 intelligensie en waaksaamheid en blitsvinnige reaksie.

Trol ·

Dia nie net Aan die-lê ae opruiende uitlatings noe maar veral die president se goedkeuring daar wat die gevaar aanblaas. Die geleerde man sal natuurlik niks verkeers sien in sy goedkeuring van blanke volksmoord nie. Wat n pleb.

Gatvol ·

Die sodanige (verdagtes) is moordenaars. Hulle loop orals rond met die doel om te moor.
Bitter hartseer,my keel trek toe.
Sterkte aan familie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.