‘Onaanvaarbaar dat president en minister oor plaasmoorde swyg’

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto; David Ritchie/ANA)

Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het Maandag gesê dié party is geskok oor die vlaag plaasmoorde die afgelope naweek, asook pres. Cyril Ramaphosa en Bheki Cele, minister van polisie, se stilswye in dié verband.

“Ramaphosa het dadelik sy medelye uitgespreek toe enkele moskees aangeval en mense daartydens gedood is en selfs ʼn presidensiële kommissie van ondersoek aangestel na hierdie aanvalle en moorde in moskees. Oor die plaasmoorde swyg hy,” het Groenewald gesê.

Groenewald meen dieselfde geld vir die minister van polisie wat hom ook sterk uitgespreek het teen die aanvalle en moorde in moskees, maar oënskynlik swyg oor plaasaanvalle.

Die drie mans wat dié naweek doodgeskiet is, is Jeffrey Zetler (62) van die plaas Mooiberge buite Stellenbosch, Kallie Schoonraad (47) van Rustenburg en Peter Dawson (64) van Hartbeespoort.

“Die minister van polisie het onlangs gesê dat rooftogte by huise as deel van die misdaadtrio nou ʼn prioriteit vir die polisie is. Die VF Plus se standpunt hieroor is dat ʼn plaasaanval, en daarom plaasmoorde, in dieselfde kategorie as ʼn huisroof in ʼn stad of dorp beskou kan word en derhalwe dieselfde fokus en prioriteit van die polisie behoort te ontvang.”

Groenewald het aangedui dat hy in dié verband ʼn skrywe aan pres. Ramaphosa gaan rig om te vra dat daar ook ʼn kommissie van ondersoek na plaasmoorde aangestel word.

Hy sal ook ʼn dringende vergadering met die minister van polisie aanvra om hom te versoek dat plaasmoorde ook as prioriteit hanteer moet word.

Die party het sy medelye met die gesinne van die oorledenes betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

83 Kommentare

PJ ·

Selfs die bom ontploffings in Addis Ababa en Zimbabwe word veroordeel deur ramaphosa en sy anc maar nie n woord oor dier Plaas Boere nie

Theo ·

Ek stem saam, nie n woord oor die drie plaasmoorde, dit wys jou waar sy belangstelling lê, want plaasmoorde sal hom nie belangrik laat voel nie, maar die on…. presidente van afrika maak hom nuuswaardig.

wraggies ·

Glad nie verbaas nie en dis ook niks nuut nie, want dis wat hulle wil hê.

Hennie ·

Ramaphosa se leierskap is maar slegs ‘n voortsetting van die korupte skelm Zuma. Hy is ruggraadloos! Ek hoop van harte hy word in die 2019 verkiesing uitgestem!

Wolf ·

Hennie, As ek dit gese het het Maroela nie my berig geplaas nie, maarek se ditto

Rede ·

Om hierdie redes moet die vryheidsfront en ander Afrikanerorganisasies van nou af hoofsaaklik op selfbeskikking fokus. Ons moet nie enige simpatie verwag van die regering nie want hulle sit daaragter.

Wolf ·

Rede, dankie vir hierdie standpunt. Ek mag dit nie se nie,maar ek stem saam.

Selma ·

Hulle is dan aan die bestuur van al die aanvalle, hoekom sal hulle iets wil se?
Moet nie die mense help nie.

Ou Burger Bosvark ·

Ek het geen respek vir en vertroue in die ANC-leierskap nie. Die Grondwet en die SA kriminele regstelsel hoort in die Zibiblik. SA is maar net nog ‘n 3de wêreldland. Tragies.

marous ·

Dit dra hulle goedkeuring weg. Hulle moet maar vir nou lekker sit in hulle leer stoele ….

Thinus Erasmus ·

Pieter Groenewald, as jy boere murg in jou pype het, stel nou ‘n ultimatum aan die president en die regering, om plaasmoorde en ander aanvalle op blankes, as ‘n “haatgedrewe rassistiese veldtog teen blankes” te erken en dit: A met alle erns afkeur en dadelik maatreels instel om dit te keer, of B dit te ontken en daardeur sy, en die hele regering se steun daarvan bevestig.
Pieter jy het nie petiese of mandaat van die blankes nodig nie, jy het net die nodige durf en daad nodig wat enige volksleier benodig om vir sy volk op te staan en bereid om sy man te staan.
VIR ONS VIR ONS VOLK VIR ONS LAND!
Ek hoop iemand kan hierdie versoek onder Pieter se aandag bring>

Wouter ·

Ja ons moet nou die intimidasie en menseregteskendings stoipsit, nou, niks later ni9e. Ons moet nou begin om oor selfbeskikking te praat.

Gerhard ·

‘n Ultimatum kom gewoonlik met ‘n “of ons doen x”. Wat stel jy voor kom in plek van die x?

Ou Erdvark van Boeremurgpyphoogte ·

Thinus Erasmus, as jy boere murg in jou pype het, koerier nou self ‘n skrywe aan die president en die regering om . . .

Ek hou van ‘n man wat sy daad by sy woord kan sit.

AD ·

Hoekom sal hulle iets se. Hulle bevonds dit dan. JULLE SAL GESTRAF WORD!!!!!!!!!!!!!!!!

tamboti ·

Hoe se die engelsman: “stop beating around the bush” – hou op om terme soos “onaaanvaarbaar” te gebruik! Dit penetreer nie die dikvelliges nie, probeer: Die president se stilswyende goedkeuring en die regering se passiewe hulp aan swart aanvalle op wit mense dwing ons tot “besluite”.

Johan H. ·

By implikasie is iemand wat iemand anders terroriseer n terroris,, Res my case,,, Die padda chef is niks beter as sy voorganger,,,Mnr Mulder ek is seker baie wittes sal jou ondersteun as jy semaar, iets as altimatum stel aan die korruptes in beheer,, iets waar ons weer ons steun kan wys ,,, soos daardie swart maandag???!!!

Michael ·

Kom Pieter Groenewald wys die land hoe n leier moet op tree.

Leier van die Varkerasiebeweging ·

Kom Michael, volg my, ek is reg agter jou.

Waarom nie self ons wys hoe ‘n leier moet optree nie? Waar figureer u in die politiek en leiding? Voorlangs?

Willie ·

CR is nie in beheer van die land nie… Witmense word op alle vlakke gehaat… my beursie is toe vir hulle… jy hata my taal, en my vel, dan haat jy my geld ook…

Pietman ·

Hoekom neem die boere nie vir ‘n maand vakansie nie? Gebruik die tyd om plase te beveilig – prioriteit geword om eie lewens te beveilig. Regering sal dalk agterkom dat daar iets soos boere bestaan as die produkte op die mark opdroog.

TDW ·

Ons boere het bietjie breins tussen die ore, ons gaan nie onsself in die voet skiet om ‘n standpunt te bewys nie. Witmense het baie meer om te verloor, en sal nie iets dwaas aanvang as dit ons eie, sowel as die van ons geliefdes se daagse brood in gedrang bring nie. Dis hoekom die werker kan staak, maar die werkgewer moet die pot aan die kook hou.

Langtoon ·

Pietman, het jy n idee hoe werk n boerdery?
Daar is nooit vakansie nie, want dis n besigheid met groot beplanning, ver vooruit….!

Chris Ws ·

Pietman ,ongelukkig kan boere nie bekostig om ‘n maand “af te vat” nie.Niemand betaal hom aan die einde van die maand nie!Hy MOET produseer om te kan leef want hyself bepaal sy eie inkomste.’n Boerdery werk 24/7.Geen naweek af nie geen verlof nie.Waag ‘n boer dit om vir ‘n dag of naweek weg tebreek of vir sy kinders te gaan kuier beroof hulle sy plaas of steek hulle sy weiveld aan die brand.

Verstom ·

NHi is top prioriteit, nie die feit dat ons wit mense afgemaai word nie. Solank ons geld die staatskaste kan vul is dit al wat saak maak.

Paul ·

Meneer Cyril Ramaphosa, die president, is ‘n RAMP ….. !!!!!!!!!

CM ·

Hoe kan julle verwag dat onse prez met sulke onbenullige dinge soos plaasmoorde gemoeid moet raak? Die man persoonlik verlede week by Unitas hospitaal in Centurion gesien. Te besig gewees om selfies saam met aanhangers te neem – dit is soveel belangriker as aandag skenk aan minderheid se klagtes oor plaasmoorde. Prioriteie duidelik nie vir almal dieselfde nie.

Paul ·

Die huidige president, CR se beste tydperk was voor Desember 2017.

Na dit het hy maar net aangejaag, ook so met sy afglope naweek se vertel dat die NGV onafwendbaar is en ons kan daarvan vergeet dat dit nie toegepas sal word nie.

Ek voel al soos ‘n padda en as ek in die spieël kyk sien ek aak ‘n padda.

Kwaak, kwaak, kwaak … ek is ‘n padda. (of dalk ‘n eend?)

Ek is nou skoon deurmekaar.

Ek weet nou nie meer of ek ‘n eend, ‘n hond of ‘n haas is nie.

Dion Els ·

Snaaks dat hulle niks omgee nie, wat my laat wonder wie agter hierdie moorde regtig sit. Regering net bekommerd oor hulle salarisse en dai minister van polisie hou hom maar net so kwaai

Casper Labuschagne ·

Tussen die skrikwekkende opskrifte is hier ‘n nuwe tendens waarvan ons moet kennis neem. Die teiken van plaasaanvalle het nou verskuif vanaf sagte teikens na harde teikens. Voorheen was die meeste aanvalle op sagte teikens soos oumense en vrouens wat alleen woon, maar nou verskuif die aanvalle na harde teikens soos weerbare jonger mans met gesinne. Die verskuiwing is op sigself ‘n aanduiding dat daar meer sentrale beplanning in plaasaanvalle bestaan as wat mense bereid is om te erken. Dit lui ook ‘n nuwe fase asook ‘n verhoogde intensiteit van plaasaanvalle in en absoluut enige plaas kan nou aanvalle verwag. Ons moet aanneem daar bestaan ‘n polities gedrewe verband tussen hierdie nuwe fase en die politieke uitsprake vir onteiening – hierdie toename asook wending ten opsigte van die teiken is geensins toevallig nie.

Etienne Prinsloo ·

Baie goeie opsomming. Die liberale verskoning dat armoede en roof van eiendom die aanvalle ondervang is duidelik net ‘n rookskerm. Die hoofdoel blyk nou meer die uitwissing van die landbouer te wees. Daar is ‘n interessante ooreenkoms met die “boldness” van die plaasmoorde en die transito rooftogte. Die politieke milieu dra natuurlik by tot die krisis. Wanneer boere selfs deur die president as onwettige grond eienaars bestempel word en herhaalde oproepe vir geweld teen boere stilswyend ondersteun word is die plaasmoord epidemie die logiese gevolg. Voeg daarby die narratief van die blanke liberale pers dat plaasmoorde getal gewyse nie te hoog is nie en dus totaal aanvaarbaar is. Boere kan boer if ‘n teen insurgensie oorlog voer maar nie beide nie.

Ben ·

Stil bly WIT man. Jy bestaan nie! Kom ons kyk na die bevolking van Suid Afrika. Dit bestaan uit Swart Nasies, Wit Nasies en Oosterse Nasies naamlik Indiers, Maleiers en ons Kluerlinge ens. Hoveel Indiers is deel van die regering? Hoeveel Wit (Engels,Afrikaans,Frans, Duits, Portugees ens)? Hoeveel Kleurling ens? Nou kan mens duidelike die Rasisme sien. Dit is nie ‘n “Rainbow” regering nie maar ‘n verdeelde Huis bestaanende uit een groep. Volgens die Bybel kan ‘n Verdeelde Huis nie staan nie en in die geval gaan hy ook. Suid Afrika kort ‘n nuwe regering waar al die nasies gelyk gegag word en saamwerk. Die huidige verdeelde bankrot korrup regering sal tot stilstand kom. Dit is ‘n gegewe.

Bybel ·

Die woord se moenie meng nie en moet ook nie dat hulle ooit oor jou regeer nie anders sal jy baie swaar kry. Maar kom ons bid teen die Woord en bid aan die Heiligste dat ons mooi en goed sal sondig, mooi sal meng en dat hulle mooi sal regeer oor ons. Gaan terug na die Woord en vergeet van artappelman se mooi meng stories want dit kom def nie uit die woord nie.

volla ·

Bybel – dit gaan oor verskillende gelowe nie ras nie. So terloops – jy besef natuurlik dat die waarskynlikheid dat Jesus redelik bruin van gelaat was, groot is weens die geografiese area waar die bybelse gebeure plaasgevind het.

adie ·

News24 does not have a single report on any farm murder today. Significant?

White Rhino ·

Kan die Cele voor die hof gedaag word omdat hy nie aandag aan plaasaanvalle gee nie?
Kan die ouens in die parlement die paddaprins reguit uitvra oor die plaasmoorde sodat ons weet waarons staan en daarvolgens kan handel.

humor ·

Dit sal nie verander nie. Hulle is daartoe verbind. Dit is hul modesoperandi en dit werk doeltreffend. n Metode om die boere sag te maak sodat grondonteiening sonder teenstand kan verloop.

Buffel ·

Ramaphosa sal niks se nie want hy is tevrede met die verloop van plaasmoorde. Om anders te gedink het is uiters naief.

Jerry ·

Ek het ook twee opsies om op die tafel te plaas. Tree versoenend op of emigreer.

Snowball ·

Ek stem Jerry, ons moet leer om te versoen met sosiale verval, wrede plaasmoorde, korrupte politici wat hulle aan vergrype skuldig maak en geen gevolge het nie, versoen met belastinggeld wat in ‘n bodemlose put van onbevoegdheid verdwyn, versoen met die aanslag teen Afrikaans, versoen met uitsluiting van voordele weens velkkeur. Jy is reg Jerry, ons moet net leer om hiermee te versoen, dan is alles weer reg!

Casper Labuschagne ·

Soos altyd, is Jerry reg, of dalk nie? Ons moet liewers oorgee, omrol en kruip terwyl ons smeek vir vergifnis vir al ons sondes van die verlede, ons moet altyd toegee en eerder vir die swart krokodil voer met die eiendom van andere in die hoop dat ons self die heel laastes sal wees wat opgevreet word. Klink soos ‘n puik plan wat vir ten minste ‘n rukkie goed sal werk vir al diegene wat bereid is om te onderhandel.

Eintlik vermoed ek Jerry is in die geheim ver regs en steek die draad met almal deur hul bloeddruk op te jaag. Nee, ek is oortuig daarvan dat Jerry met ons ‘n grap maak want geen denkende mense kan in die aangesig van harde werklikhede so naïef wees as Jerry nie.

John ·

Die ANC is steeds die terroriste-organisasie wat dit nog altyd was en altyd sal wees. En CR is steeds die man wat hy nog altyd was in onderhandelinge gerig op oorname… van alles… alles… en nou is dit sy beurt. Luister wat hy se en nie se nie. Hy voer vere vir die Afrikaners en ons sal dit meer en meer voel. Hoekom so baie maatskappye hom op hul bestuursrade geplaas het sal net hulle weet, maar hulle sal weer van hom hoor.

Biltong ·

Ek vra julle. Wat moet die agbare Regering dan nou doen om moorde in SA te stop??

Deon ·

Roelf Meyer kon destyds, tydens die onderhandelinge, nie eens vir CR reghelp nie, nog minder vandag, maar ons kan nie anders verwag nie, want eenmaal ‘n kader, altyd ‘n kader. Nou hoe de duiwel het hy daai tyd in die NP beland?

Thinus Erasmus ·

Iemand vra en ek sal antwoord, ‘n ultimatum dat as daar nie voldoen word aan ‘n billike versoek volgens ons grondwetlike regte nie, ons nie meer die huidige regering van NSA as wettige verteenwoordiger van ons wit belastingbetalers en grondeienaars aanvaar nie.
Dan stig ons ‘n eie regering soos die Palesteine en beroep ons op onafhandlikheid.

Lot van die paddas ·

Cyril het mos die witmens met paddas in ‘n pot op die stoof vergelyk. Hy het gesê hulle gaan die hitte stadig opdraai. Net genoeg op ‘n slag om nie te veel aandag te trek nie.

Siek en sat ·

Presies. Nou is hy doodstil want dis wat hy wil he moet gebeur.

Sp ·

Zums en die ANC is kop en een mus – toe Zums in 2009 kommando’s afskaf, was dit die goedgekeurde plan van die ANC.
Volgens ons konstitusionele reg het ons ñ reg op lewe. Daardie lewe word wreed van ons af weggeneem oor mense wat God wil speel oor wie moet lewe en wie moet sterwe.
Tog is ons belastinggeld nodig om die gierige huidige regering se se sukkelende staats beheerde trein aan die gang te hou.
Gerrie Nel uit regsoogpunt wat is ons kanse om ñ kollektiewe regsaksie te loods?

Hannelie ·

Eish!! Gee die Ministers tog elkeen net ‘n koerant dat hul op hoogte kom wat besig is om om hulle te gebeur. Wag tot dit met iemand baie na aan hul gebeur….dan kook die pot op die stoof oor.

Frik Lotz ·

Dis tyd dat ons as Afrikaners ons kleinlike geskille los en begin saamwerk om hierdie uiters barbaarse moorde op ons mense stop te sit. Die regering voel vere vir ons boere en gaan net mooi niks aan plaasmoorde doen nie. Ons is aan ons eie lot oorgelaat en sal nou kragte moet saamsnoer en na onsself moet kyk. So kan dit nie aangaan nie. Genoeg is nou genoeg!

Elvira ·

Hierdie is presies beplande moorde waar blankesbgeteiken word. Dis rassehaat. Dis begin deur Julius Malema en niemand maak hom stil nie. Hoekom nie? Want hys onaantasbaar. Hy stap uit die hof uit en op die trappe begin hy weer met sy toesprake. Waars hierdie land se President? Hy se nie n woord nie want hy keur dit goed.

Ettiene ·

Hi almal so lees ek deur al die komentaar. Eks n jongman ek het nie in die apartheids era groot geword nie. Maar ek hoor graag die stories van ons geskiedenis. Hoe die ou suid afrika was. Die land waarvoor ons voorvaders in oorloë baklei het. Ek dink as hulle weet wat nou aangaan. Draai hulle in hul grafte om. Elke dag hoor ek vn ouer mense wat se gaan oorsee en begin n nuwe lewe. Dan dink ek bymyself hoekom? Ek wil in SA wees ds in my bloed. My bloedlyn hardloop oor die velde vn soveel vn my mense wat geveg het vir ons land. As ons nou opgee gee ons op op ons geskiedenis. As ons nou opgee was alles verniet. DIE GRENS OORLOG, DIE BOERE OORLOG, DIE KINDERS EN VROUE IN DAAI KONSENTRASIE KAMPE. My geskiedenis maak my trots sit n knop in my keel dt gee my hoendervleis om t weet. Hoe baie het ons bereik toe ons mense saam gestaan het, toe ons nog terug gekeer het na ons HEMELSE VADER vir raad en krag. Nie ander presidente of mense nie!

Siek en sat ·

Maak jou oe toe en droom hoe jy veilig kan gaan piekniek hou langs Hennopsrivier. Hoe die kinders kan rondstap sonder veese. Hoe jy op n Sondagmiddag in die skoon middestad van Pretoria kon gaan “window shopping” doen en n hamburger en melkskommel kon sit en eet waar almal lag en gesels. Hoe jy jou melkgeld in n bottel voor jou hek kon los en die melk afgelewer word en dat niemand dit sou vat nie. As jou motor buite gestaan het en was vuil sou daar n man kom vra of hy vir jou die motor kon was. Hyt dan n geldjie verdien en sommer nog n bord kos ook gekry. DIT is maar n fraksie van hoe dit was.

Christa M ·

Al stem ek 100% saam dat minderheid selfbeskikking moet hê ensovoorts, ken ek ook ons dierbare nasie te goed. Binne dae is daar 10 verskillende kerke, 15 politieke partye en 20 verskillende skole (by wyse van spreke). Niks, maar niks sal vir my geliefde volkie werk – tensy ons ons nonsens laat staan en fokus op dit wat werklik van belang is nie. Slegs dán sal ons kan saamstaan en saamwerk. Ek maak my “commitment”, ek is in, wie nog?

Gerhard ·

Daar is niks fout met 10 verskillende kerke, 15 politieke partye en 20 verskillende skole nie. Die fout is met die vreemde arbeid wat sommige sal wil invoer sodat dieselfde ou probleem weer vanvoor begin.

Adriaan ·

Ek is bevrees dat niks gaan verander. Hierdie aanslag op ons taal, kultuur en lewens sal nie ophou. SA sal ‘n stadige, uitmergelende ondergang hê. ‘n Stille oorlog word gevoer. Daar is slegs twee opsies oor: probeer oorleef of emigreer.

Rooikop ·

Het al my respek vir Ramaphosa verloor ……………. gedink hy is anders maar toe nie ……………
Hy knip nie eers n oog nie ……………..

WILLIE ·

Malema se dan kill the boer/farmer cyril/anc bang vir hom daar is sy hofsaak weer tot vlg jaar uitgestel. hoekom?want hul te bang om hom skuldig te bevind

Hendrik ·

Ek dink ons mors ons tyd. Ons gaan nie enige erkenning kry vanaf die huidige regering maar wel ontkenning. Die mense wat so vasgegroei is aan die grondwet moet maar erken dat die grondwet gaan verander en nie ten goede. Artikel 235 gaan nooit geimplimenteer word nie, maar Artikel 25 wel. Dit is tyd dat ons regtig na oopkop kyk na die nuwe bestel en werklikhede raaksien. Kyk noord verder noord na ons bure wat daar gebeur het, kyk na die staatsverval (IRR – Frans Cronje) , kyk na die nuwe voorgestelde Gesondheids Versekering, kyk regtig na alles wat gebeur en kyk met ‘n oopkop. Die emosionele op en af ryery waarmee die huidige regering ons lewe beheer moet verander. Ons kan die verandering maak.

Casper Labuschagne ·

@Hendrik, jy is reg.

Maar ek het in die laat 1970’s en 1980’s oorlog meegemaak en glo my verseker, om die ongemak en pyn van ‘n vrede te verduur is steeds beter as oorlog. So kom ek gee eers vir vrede al die kanse wat ek kan maar as ek wel met my rug teen die muur staan en al die kanse vir vrede het opgeraak, gaan ek nie die een wees wat ‘n wit vlag opsteek nie.

Wat regtig noodsaaklik is, is dat ons oopkop hierna kyk, daar is ‘n golf van ontkenning om my en meeste van die res het oogklappe aan wat hulle verhoed om die werklikhede toestand raak te sien. Onteiening sonder vergoeding verteenwoordig ‘n bestaanskrisis vir die Afrikaner asook die wit minderheid, wat niks minder is as die bestaanskrisis wat die Anglo Boereoorlog of die slag van Bloedrivier was nie. Miljoene mag hier alles verloor wat hulle besit en miljoene mag ook daarom landuit vlug. Die beste, of enigste, kans om dit te verhoed is nog voordat dit ‘n wet word want as dit eers ‘n wet is, sal dit gebruik word. Maar hoe bring ek daardie werklikheid tuis by die mense om my, want ek het tot nou toe nie veel sukses hiermee nie?

honourable member ·

Hierdie mense keur dit goed dis hoekom dit hulle nie pla nie. Maar laat dit nou wittes was wat swartes so uitgemoor het was die doodstraf al laaaaaakal ingestel. Dis tragies wat in hierdie land gebeur elke dag. Wys jou maar net hoe rassisties hierdie mense is en hou daarvan om die vinger na die witte te wys.

Peet J ·

Sou die regering besluit om plaasaanvalle en moorde as ‘n prioriteit te klassifiseer gaan dit nou enigsins ‘n beperking bewerkstellig .Ek dink nie so nie, tensy die misdadigers nie elimineer word nie sal die situasie nie verbeter nie want ons sien dit al vir die afgelope 23 jaar omrede grensbeheer verswak het. Daar moet liefs met CR oor selfbeskikking onderhandel word terwyl grondonteiening nou in die gedrang is en die enigste politieke party wat by magte is om dit te kan doen is die VF Plus .

humor ·

Ettienne ek wens al ons jong mense het so erns met ons volk se geskiedenis as motiveringsbron besit. Dit wat ons kort kom is eie identiteit, volksbesef en die belangrikste n Godsbsef (GOD DRIE ENIG).

Hoc est bellum ·

Selfbeskikking sal nie realiseer nie, want ANC sal dit as nog ‘n vorm van apartheid beskou. CR sal nie sy mond oopmaak oor plaasmoorde en teen Malema optree nie, want dan gaan sy party stemme in die verkiesing verloor. Wil voorkom of ANC meer oorleun na die idee van Pan-Afrikanisme, soos die EFF dit lankal al verkondig: Afrika vir die Afrikane en die “res van ons” moet gee pad. Si Vis Pacem Parabellum: If you wish for peace, prepare for war!

Dirk Breytenbach ·

Die huidige regering en sy alliansies voel niks en sal niks vir die Afrikaners minderheid doen nie en die paasmoorde laat hul koud. Of is die president bereid om SA in ‘n helhool te laat ontaard ter wille van sy ambisie om ‘n verkiesing te wen? Hoe lank gaan ons nog aanhou om aan strooihalms te klou. Die ANC en sy meerderheid voel ook niks vir die grondwet of vir minderheidsregte nie. Vleisbraaiery of teenwoordigheid by Afrikaner organisasies is net ‘n slenter om ons weer te paai, en hulle kry dit nogal reg. Ons kan jammer se of probeer om ‘n verskil in die gemeenskap te maak tot by oom Daantjie in die kalwerhok dit beteken niks. Die blanke bevolking is weer presies waar hulle in 1838 was, wat nou? Ons het reeds bloudrukke vir onafhanklike voortbestaan binne SA in die vorm van Orania en Solidariteit se alternatiewe maar sodra iemand iets op die tafel sit dan kerm die spul dat niemand namens die Afrikaner mag praat nie. Die ou SA is lankal verby en sal nie terugkeer nie, ons moet anders begin dink. Doen iets of aanvaar dat daar nie meer so iets soos ‘n Afrikaner volk is nie en assimileer met groepe wat jou miskien of dalk sal aanvaar. Ek moet byvoeg dit sal bykans onmoontlik wees. Dis nie moeilik om konsensus binne die bestaande diversiteit van menings te bereik nie omdat daar gedeelde belange in SA is. Wat is so moeilik om te begryp?

Magnus ·

Ek wens net diegene wat alewig sê daar is hoop en dat ons moet bid wil hul koppe stamp en wakker skrik – dit SAL NIE verander nie. Die president en kie se stilswye tot hede rondom die plaasmoord kwessie hoort vir almal beduidend te wees wat hul houding jeens ons. Stilbly is eintlik maar goedkeuring sal ek sê…

Hou dus op tydmors met skrywe en mooipraat, jul gaan naar ontnugter word wanneer jul eindelik besef dit gaan NIKS help nie. Beywer eerder julself en jul kinders om in die buiteland te gaan vestig. Hou op klou aan ‘n verlore saak, gaan bou jou lewe elders in ‘n wetsgehoorsame land.

Dirk ·

Daar moet begin word by die hond se kop nie sy stert. Gaan skakel die rooihoed brigade uit want dit is waar die opdrag van “KILL THE FARMER ” vandaan kom.

christa ·

ek sal beslis nie vir die regering stem nie. Wat van Vryheidfron plus of dalk Cope? Dit klink vir my meer aanvaarbaar. Die partye is klein, maar stem vir hulle en maak hulle groter

Anoniem ·

Magnus, dit is baie maklik vir jou om te se dat die Blanke moet emigreer, Jy moet dit dalk net in gedagte hou dat almal nie ryk is en wat dit kan bekostig om oorsee te kan gaan bly nie.

ErgBekommerd! ·

Julle ek kry ‘n beklemming om my hart as ek dink aan al die aanvalle op ons mense, ons verarmde mense en kinders in plakkerskampe, en veral as ek daaraan dink dat ek en my gesin volgende kan wees, dit net ‘n kwessie van tyd…dan lees ek almal se voorstelle en tog laat dit my weer hoop dat ons wel iets kan regkry as ons saamstaan. Ons moet nie net 1 dag vat vir ‘n protesaksie nie, ons moet iets doen om hierdie ekonomie tot stilstand te bring. Ons moet staak vir ‘ n paar dae om te wys ons is ernstig en indien daar nie aan ons eise voldoen word nie, sal daar verdere gevolge wees soos ons hou op om ons munisipalerekenings/tax te betaal – enigiets wat druk kan uitoefen / geen inkopies, hou op met enige liefdadigheidswerk wat nie vir ons eie mense is nie, ons mense in die privaatsektor en met besighede moet staak – geen werkers vir hierdie dae nie en ook nie betaling vir werkers nie…dan sal jy sien hoe vinnig spring hierdie regering!

Dirk Breytenbach ·

Hoekom tyd mors met proteste en selfbejammering? Eenders denkendes moet nou besluit hoe lyk die Afrikaner Volk van die toekoms, waar hulle gaan bly, wie hul leiers is en dan daarvolgens optree. Dit behoort in ‘n kort tyd afgehandel te word. Die eerste vraag wat beantwoord moet word is: is jy ‘n Afrikaner? Tweede vraag: Wie is jou leiers? Derde vraag: Wat is die strategie en onmiddelike volgende stap vir Afrikaners?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.