Onafhanklike dokter moet nou Agrizzi ondersoek

Angelo Agrizzi tydens ‘n vroeëre hofverskyning.

Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa, sal nou op versoek van die staat deur ’n onafhanklike dokter/pulmonoloog ondersoek word.

Dít nadat Agrizzi meer as nege maande gelede die binnekant van ’n hof gesien het weens swak gesondheid.

Sindisiwe Seboka, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se ondersoekdirektoraat, sê die saak teen Agrizzi is Dinsdag in die Palm Ridge-handelshof tot 2 Desember uitgestel sodat die hof meer inligting rakende sy siektetoestand kan bekom.

Agrizzi word daarvan beskuldig dat hy Vincent Smith, ʼn voormalige parlementslid, omgekoop het om te help verseker Bosasa kry winsgewende staatstenders.

Agrizzi het aanvanklik saam met Smith tereg gestaan op aanklagte van bedrog en korrupsie ná bewerings dat Smith en sy maatskappy Euro Blitz 48 omkoopgeld van R800 000 van Agrizzi ontvang het.

Maroela Media het vroeër berig Smith was destyds die voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee oor korrektiewe dienste (DKD). Bosasa is in hierdie tyd ondersoek nadat die DKD tenders van sowat R1 miljard aan Bosasa toegeken het. Die kontrakte is na bewering op korrupte wyse aan die maatskappy gegee.

Die sake teen Smith en teen Agrizzi is egter in Julie van mekaar geskei weens Agrizzi se swak gesondheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
Anel

Nou wat van Zuma!!!!!

Swartskaap

Hoekom? Waar is die onafhanklike dokter wat die uber krimineel zuma moet ondersoek.

Gompie

Maar hulle kon dit nie met Zuma doen nie ?? O ja die verskil is hy is wit.

Samuel

Lyk my Agrizzi word onder ‘n ander wet as vriend Zuma vervolg. Waarom is dit belangrik om Agrizzi se gesondheidstoestand te bepaal en nie JZ nie? ANC teen die gewone bevolking.

gatgogga

Agrizzi vs. Zuma – die rassisme raak darem nou te blatant.