Onafhanklike ondersoek oor bewerings na Albert Fritz

Albert Fritz, die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid. (Foto: Twitter)

Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, sê ʼn onafhanklike ondersoek sal van stapel gestuur word na aantygings teen minister Albert Fritz.

Winde het Sondag aangekondig dat Frits met onmiddellike effek geskors word ná die ernstige bewerings onder sy aandag gebring is.

“Aanvanklike bewerings in dié verband is op 23 November 2021 informeel deur ʼn derdeparty onder my aandag gebring. Ek het dadelik beëdigde verklarings versoek van die persone wat direk betrokke is, sodat ek stappe kon doen. Tot daardie datum het ek seker gemaak dat die klaers voldoende sorg en empatie geniet en dat daar nie enige druk op hulle geplaas word nie, veral wat die aard van hul klagtes betref.”

Winde sê hy is vroeër vandeesmaand in kennis gestel dat die klaers gereed is om hul verklarings te oorhandig. “Ek het 11 dae gelede met hulle vergader, hul verklarings aanvaar en regsdienste genader oor volgende stappe wat gedoen moet word.”

Intussen het nog individue aangedui dat hulle ook graag na vore wil kom en regsdienste het ook hulle verklarings ontvang.

“Ná my vergadering met die klaers en ná ek regsadvies bekom het, het ek gevoel ek het voldoende inligting om die minister dadelik te skors en ek het ʼn onafhanklike ondersoek na dié saak versoek.”

Winde sê hy word bygestaan deur die regsdienste-eenheid van die Wes-Kaapse regering wat die staatsprokureur genader het en aangedui het dat ʼn onafhanklike regsraad aangestel moet word om ʼn eksterne ondersoek te doen oor die egtheid van die bewerings teen mnr. Fritz. “Ons wag vir bevestiging en ons sal dit na verwagting binnekort ontvang. Ek sal die besonderhede van die aanstelling bekendmaak sodra dit bevestig is.”

Weens die ernstige aard van die bewerings glo Winde dat ʼn onafhanklike regskenner met betrokke ervaring die beste persoon sal wees om die bewerings te ondersoek en die egtheid daarvan te bepaal. “Ek het versoek dat die ondersoek so vinnig as moontlik afgehandel moet word. Om deursigtigheid te verseker, bevestig ek graag dat ek verdere besonderhede bekend sal maak sodra die eksterne ondersoekbeampte aangestel is, en ná gesprekke met hom/haar om te bepaal wat genoem mag word – op versoek van die betrokke klaers.”

Winde sê hy is besorg dat lede van die media probeer het om direk navraag te doen by verskeie beamptes in die Wes-Kaapse regering om die name van die klaers te bekom.

“Die publikasie van hul name, teen hul wil, sal absoluut onaanvaarbaar wees. Die Wes-Kaapse regering sal die nodige stappe doen om te verseker dat dit nie gebeur nie.”

Die klaers het die aantygings streng vertroulik na Winde gebring. “Om hul name teen hul wil te publiseer sal slegs bydra tot die stres en angs wat hulle reeds voel, en moontlik ander verhoed om in die toekoms met soortgelyke klagtes na vore te kom.”

Die Wes-Kaapse regering bied berading aan enige werknemer wat ondersteuning deur dié moeilike proses benodig. “Die klaers wat my genader het, is in kennis gestel dat hulle ook strafregtelike aanklagte aanhangig kan maak en dat alle nodige ondersteuning aan hulle gebied sal word indien hulle dit wil doen.”

Winde kan nie tans self strafregtelike aanklagte aanhangig maak nie, maar hy sluit nie die moontlikheid uit dat dit in die toekoms kan gebeur nie, indien die ondersoek deur die onafhanklike raad bepaal dat dit nodig of behoorlik is om dit te doen nie.

“Die welstand en beskerming van die klaers is vir my die hoogste prioriteit. Dit moet ons almal sʼn wees. Ek versoek redakteurs en ander belanghebbendes om die beste belang van die klaers in gedagte te hou en dat hulle name nie bekendgemaak word tensy hulle uitdruklik daarvoor toestemming gee nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Casper ·

Waar daar ‘n rokie trek brand daar ‘n vuurtjie mnr.Fritz.Ag nou ja Bob Hewit het op sy ouderdom die tyd in sy oranje pakkie oorleef.Moetnet nie Zumpie se etreke uithaal nie.Gebruik daai tyd om te werk aan lou figuur.

Jaco ·

Hoe gebeur sulke dinge nog in vandag se tyd? Ek weet Seksuele teistering en soortgelyk gebeur maar dat jy mense het wat die dames groom vir jou en dronk maak en dan is hulle nog senior bestuurders ook???

Ek weet nog niks is bewys en nog niemand is skuldig bevind nie maar ek voel al klaar hierdie is Suid Afrika se Jeffrey Epstein saak en net die gwdagte aan die is om van naar re raak.

Astrain ·

Hoe kom die molesteerders so lank weg met sulke wandade?? Ek sal so man se lewe in loutere hel verander sou hy dit met my probeer. Sluit hom toe saam ‘n klomp verkragters en gooi die sleutel weg!

Andre ·

Dit is net weer’n bewys van die swak kaliber wat politici betref en daar word nog steeds gewag dat hulle oranje uniforms moet aanpas. Die tydbom van agteruitgang tik voort

Antoinette ·

My simpatie aan die klaers en mag hulle name uit die pers gehou word.
Lawwe ou man.

Yvonne ·

Hierdie tipe mens kry jy ooral in die samelewing…tragies die effek wat dit het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.