Onafhanklike ondersoek oor o. 19-kaptein se Israel-uitlatings

David Teeger

Krieket Suid-Afrika (KSA) se raad het besluit om ’n onafhanklike ondersoek te doen na Suid-Afrika se o. 19-krieketkaptein, David Teeger, se Israel-uitlatings.

Volgens KSA sal adv. Wim Trengove SC aan die hoof van die ondersoek staan om te bepaal of Teeger KSA óf Gauteng Lions se gedragskodes met sy uitlatings oortree het.

“Die ondersoek sal spoedig gedoen word en die besluit van adv. Trengove asook sy redes sal openbaar gemaak word. KSA sal nie verdere kommentaar oor die aangeleentheid lewer tot die ondersoek afgehandel is nie.”

Teeger (18), hoofseun van die King Edward VII School in Johannesburg, het verlede maand toe hy as opkomende ster van Absa se pryse vir Joodse uitblinkers aangewys is, gesê die ware sterre is jong soldate in Israel met verwysing na die konflik tussen laasgenoemde en Hamas.

“Ja, ek het die toekenning gekry, en ja, ek is ʼn opkomende ster, maar die ware sterre is die jong soldate in Israel,” het Teeger gesê.

Die Alliansie vir Palestynse Solidariteit (PSA) het versoek dat Teeger geskors word oor sy uitlatings. Die PSA het ʼn klagte by die Suid-Afrikaanse Sportfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok), Krieket Suid-Afrika en die Gauteng Lions, vir wie Teeger ook in die o. 19-span speel, ingedien.

“Ons wil hê Teeger moet geskors word om die Gauteng Lions te verteenwoordig en om die Suid-Afrikaanse o. 19-krieketspan by die Wêreldbekertoernooi in Sri Lanka te verteenwoordig,” het die PSA gesê.

“As die PSA het ons ʼn beroep op die rade van die Gauteng Lions en Krieket Suid-Afrika gedoen om ʼn ondersoek in te stel na Teeger se misbruik van sy posisie as KSA-kaptein toe hy hierdie openbare stellings gemaak het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Johan ·

Mens wonder nou net of daar teen hom opgetree sou word as sy uitlatings ten gunste van Hamas was en teen Israel?

Misky ·

My liewe land!!!!!! Dis mos verregaande en soldate van enige land is “sterre” in iemand se oë……

Leon ·

Wat het geword met vryheid van spraak en assosiasie ? Alle ministers spreek hul in die openbaar uit ten gunste van Palestina en Hammas. Besluit selfs sonder ons stem om die Israelise ambasade te sluit ???? Die aangewese regter is reeds aangese wat sy bevinding moet wees. Sri Lanka uit wereld krieket geskors oor politieke inmenging. Wonder net sou Bavuma die uitlating gemaak het ten gunste van Palestina sou geen haan daaroor gekraai het nie

koos10 ·

Net omdat sy siening verskil van die ANC se (verdraaide) siening, is hy nou verkeerd? Ek het so alte gedink dat ons grondwet alle sienings toelaat, maar hoe verkeerd is ek nie. Ons huidige regering het geen erns om die grondwet te eerbiedig nie.

Marius ·

Ek verstaan nou glad nie , want dit is 100% teen dit wat in my kind se skool handboek staan van n mens se regte in SA. Die een ding is dat alle mense die REG het oor vryheid van spraak. Nou wat nou ?????
Is julle regtig soooo blind om nie te sien wat aangaan nie ????

Petrus Albertus ·

Die ABSA pryse vir Joodse uitblinkers? Waarom bestaan daar so iets? OOk waarom is dit ‘n probleem as die wenner van die ABSA prys vir Joodse uitblinkers, en self ‘n Jood, sy bewondering vir Joodse soldate uitspreek? Waarom is dit nie vir KSA ‘n probleem dat Teeger die ABSA prys vir Joodse uitblinkers aanvaar het as hul so sterk teen enige vorm van Israelie ondersteuning gekant is nie? Dan moes hulle mos nou Teeger se Joodse herkoms in geheel onderspeel het, mens kan mos nou nie jou brood aan beide kante gebotter hê nie… ‘n Vreemde verhaal vol vreemde verskynsels.

Jan Jacobs ·

Dit is darem snaaks hoe kort, die geheue is, dit was nou die selfde jode In suid afrika, wat die afrikaners al vir dekades afbreuk, en slegse het.
Wat nou ondersteun word.

Ore ·

Ons land is in chaos maar komisies van ondersoeke sal daar wees. Liewe aarde. roep die jonman in ,vra wat julle wil vra en gaan aan. KSA wil nou weer ANC gelukkig hou

Joseph ·

Is julle belaglik!! Ons is veronderstel om in ‘n demokratiese land te bly waar elkeen die reg het om sy eie mening te vorm, maar blykbaar is dit net op sekere van die bevolking van toepassing.

JohnnyS ·

Mooi so jong man – en as hulle besluit teen jou, laat hulle hul krieket in ‘n donker plek steek. Mens verkoop nie jou siel en jou land vir sport.

Bolandse Nooi ·

KSA, hy is ‘n JOOD … Jode woon in Israel, die land wat volgens die bybel aan hulle gegee is deur hul g-d. Wat is daarmee verkeerd dat hy die soldate van sy land-van-herkoms erken?

ronel ·

Ek wonder het ABSA n prys vir Arikaner uitblinkers ook? Dit daar gelaat, dink ek werklik elke mens- insluitend Jode het die reg om te staan by hul eie oortuigings

Dup ·

Die jong man word nou deur KSA en PSA geterroriseer omdat hy n pro Israel uitspraak gemaak het.Hy moet eerder sy tassies pak en in n beskaafde land gaan krieket speel.

Bekkie ·

Ai die klomp aandagsoekers, die kind mag mos se hoe hy voel, en hy het net mooi niks verkeerd gese nie !

Tienie ·

Genesis 12:1-3 (Afrikaans)
1 En die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys.
2 En Ek sal jou ‘n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ‘n seën sal wees.
3 En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.

Pawiljoen Rot ·

Ek verstaan nou nie mooi nie. Selfs in die parlement verlede week was daar 91 mense wat ten gunste van Israel gestêm het. Hoekom word hulle nie geskors nie? Hierdie is ‘n klug. PSA moet in hulle kannon in vlieg, man!!!

Jackie ·

As hy pro-hamas was sou hy as n held behandel word. Banana republiek

Oom Kobus ·

Dit is hartseer dat sulke dubbele standaarde in ons land geld.
Onthou maar hoe hulle die swart kniel in Quintin se keel afgedruk het.
Adv Trengrove wat nou die ondersoek doen is een van die beste en duurste in die land. Daardie miljoene kon beter gebruik word.
Ons kommentaar word nie deur die eenogige ouens met die dik brille gelees nie.
Hier is KSA se e-pos adres, ek het my beswaar aan hulle gestuur.
Kom ons gooi hulle toe met ons besware. Moedig ander ook aan om dit te doen.
[email protected]
Groete en mooi loop,
Kobus du Toit
Stilfontein

Theuns ·

Stem saam..
Israeli soldate is helde in wêreld vol agterlikes
KSA is gekke soos hul keuse van onfikse Bafuma bewys.
Hul haat eerlike sportmanne
Slegs

Manie ·

KSA rek sy bek oor onbenullighede, wat van die nuwe diskriminerende reëls tov kwotas wat net laasweek so stilletjies ingebring is?

Andrew ·

Dink net wat sou gebeur as daar n ABSA prys was vir Afrikaner uitblinkers was.

Barney ·

Dis so hartseer dat enigiemand kan dink ‘n soldaat is ‘n “ster”. Die onskuldige mense wat nie gevra het vir die oorlog en lyding nie, is die sterre. Mense wie se lewe vir altyd verwoes is deur onsinnige vegtery.

George ·

oor 2 jaar moan hy oor politiek in sport, terwyl hy politiek praat in sport. Stuur hom Israel toe.

George ·

@Manie, dis nie stilletjies nie, dis oral vir enige iemand om te sien, te lees en komentaar op te lewer. Die span het dieselfde hoogtes bereik as die vorige span onder Faf, onder AB, Smith se span het floreer, maar ook gechoke toe dit saak maak.

George ·

@bolandse nooi, dit gaan oor n kaptein wat politieke menings lewer op n krieket aand. Sal jy oraait daarmee wees as kapteine se wat hulle wil, of dat politiek toegelaat word, of moet dit net vir die een toegelaat word?

Matmiet ·

Het die ANC vir ons gevra wat ons opinie is voor hulle ons verbind het tot ondersteuning van Palestina en die Israeliese ambasade gesluit het ? nee hulle het nie, so hoekom nou die jong man vervolg vir dieselfde ding?

Jenny ·

Ek wil net ‘n eiertjie lê: Die Bybel sê: die wat teen God se volk: Israel is sal vervloek wees en die wat vir Sy volk is sal geseën word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.