Onafhanklike paneel sal ontsouting vir Wes-Kaap ondersoek

Theewaterskloofdam tydens droogte in die Wes-Kaap (April 2018) (Foto: Ayanda Ndamane/ANA)

ʼn Onafhanklike paneel sal in die Wes-Kaap aangestel word om deur die waternavorsingskommissie die herbruik van water en ontsouting te ondersoek.

Die paneel sal kenners in die veld van waterbehandelingstegnologie, watergehalte en die ontwikkeling van watergehalteriglyne insluit.

Xanthea Limberg, burgemeesterskomiteelid oor water en afval, het gesê Stad Kaapstad stuur ʼn ambisieuse program van stapel om beskikbare kapasiteit met ʼn bykomende 300 miljoen liter water per dag te verhoog uit alternatiewe bronne soos ontsouting en die hergebruik van water.

Kenners in die veld van watergehalte, mikrobiologie, waterbehandelingstegnologie, toksikologie, watergehalte-risikobestuur, waterchemie en waterhulpbronne en -omgewingsbekerming moet deel vorm van die paneel, het Limberg bygevoeg.

“Sowat R15 miljoen sal die koste dek vir honorariums aan paneellede, professionele fooie waar nodig om die werk van die paneel te ondersteun, en algehele bestuur en verslaggewingsfunksies. Dit sal ook verseker dat optimale en kostedoeltreffende oplossings ingestel word.”

Die tydelike ontsoutingsaanlegte by Monwabisi en Strandfontein, wat 14Ml/d vervaardig het tydens bedrywighede, is buite diens gestel en die persele word gerehabiliteer. Die pypleidings in die oseaan word ook verwyder. “Hierdie fasiliteite het waardevolle inligting verskaf oor die kommersiële ontsoutingsproses en die tegnologiese omvang. Dit het ʼn groot bydrae gelewer tot die beplanning vir die voorgestelde permanente ontsoutingsaanleg.”

Planne vir ʼn permanente ontsoutingsaanleg, met ʼn geskatte vervaardiging van 50Ml/d duur voort. Die tegniese uitvoerbaarheidstudie is reeds afgehandel en die uitslag is tans onder hersiening. ʼn Assessering van die finansiële lewensvatbaarheid en meganismes vir die verskaffing van infrastruktuur vorm deel van die volgende stappe.

“Die stad se nuwe waterprogram beoog om ons afhanklikheid van reënval te verminder en ons weerstandigheid teen toekomstige droogtes te verhoog,” het Limberg bygevoeg. “ʼn Sleutel-aspek tot die implementering van planne om waterhulpbronne te diversifiseer verseker dat die stad voldoende menslike en ander hulpbronne het om doeltreffend te werk in ʼn watersensitiewe stad.”

Ná ʼn goeie reënseisoen vanjaar staan Stad Kaapstad se damvlakke tans op 98,1%.

Klik hier vir meer inligting oor Stad Kaapstad se waterstrategie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

annie ·

Rig die projek reg langs Koeberg op. Dis sowaar die regte egte plek. Haal sout uit en voeg uraan by. Moet tog nie vir Israel, ‘n ou hand in ontsouting, nader vir raad nie. Vra die Palestyne. Hulle weet van hoe. Maak werkskepping die doelwit vir plakkerkamp no 40? se staanmaak. Gooi net ace by en prost!

Pieter ·

Ontsouting skep veel afval, sout ryk in natrium, Sr, boor, ens. Hoe gaan dit hanteer word? Deur hierdie afval terug in die see te pomp, vlak aan die kus, gaan biodiversiteit daar vernietig.

Johnny ·

Die goed kom in elk geval reeds vanuit die see. Dis bloot die konsentrasie op terugvoerplekke wat bestuur moet word.

jou gewete ·

Kaapstad is nie anc kadawers nie, hulle sal nie n gemors maak nie. eerder nog n Ashton brug

Jaco ·

Toe die Kaapse waterkrisis op sy ergste was, het ‘n entrepreneur wel ‘n ambisieuse relatief goedkoop ontsoutingskema aan die Kaapse stadsraad voorgestel. Dit sou al die Kaapse waterprobleme oplos. Maar die nogal DA stadsraad het sy plan afgekeur, NET omdat hy nie BEE en regstellende aksie korrek in sy besigheid toegepas het nie. So ek hoop daardie polities-korrekte vereistes is darem nou in plek met die DA se nuwe “ambisieuse” plan. In dié simpel anti-wit SA moet alles mos eers buig voor rasvereistes. Intussen kry mense swaar en sterf selfs, maar dis maar OK, solank die regte rasvereistes tog net nagekom word.

Harley Davidson ·

N baie groot diskriminernde probleem wat die sukkelende ekonomie verder verswak.

jou gewete ·

ek glo jy kan alles bewys alhoewel die goedkoop ontsouting kan sukkel. Kaapstad het welliswaar met die water krisis foute gemaak maar as jy kyk teen die res uitstekend gedoen.

Harley Davidson ·

Dit is nie nodig om enige ondersoek of navorsing te doen nie ,Israel se water bestuur werk al vir jare met uitstekende resultate pas net hulle kundigheid toe.

Jaco ·

Israel “onderdruk die Palestyne”. Dis hoekom Israel se aanbod om Kaapstad te help, afgekeur is. Net vreemd dat die hele wêreld stilbly oor hoe die SA regering wit Suid-Afrikaners en tot ‘n mindere mate Indiër en kleurling Suid-Afrikaners onderdruk. Regstellende aksie en BEE ens ens is blykbaar alles reg.

Jaco ·

Israel het hulp met ontsouting aan Kaapstad aangebied, maar dis afgekeur “want Israel onderdruk die Palestyne”. Net vreemd dat SA se ANC-regering SA se wit mense ook onderdruk, maar dis blykbaar reg.

jou gewete ·

Israel onderdruk niemand nie. ongelukkig kan anc dit nie met oop gmoed se nie. as Israel se hulp wel afgewys was kan mens met eerlikheis se dit was n fout

Dirk Mostert ·

Wanneer die damme vol is is die ontsoutingaanleg ‘n wit olifant.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.