Onafhanklike skole: ‘Minister tree buite haar magte op’

Angie Motshekga. (Foto: GCIS)

ʼn Regsbrief is aan die departement van basiese onderwys gerig wat die wetlikheid van die departement se direktiewe oor die openingsdatums van onafhanklike skole bevraagteken.

Die departement het Vrydag regulasies in die Staatskoerant gepubliseer waarvolgens private skole op 1 Februarie heropen. Daar is op 15 Januarie aangekondig dat openbare skole eers op 15 Februarie heropen weens die koronaviruspandemie.

Solidariteit het die regsbrief aan die departement gerig aangesien hy meen die departement het geen seggenskap oor die datums waarop onafhanklike skole mag oop- of toemaak nie.

“Die pandemie gaan nog lank duur en ʼn onregmatige besluit nóú kan ʼn presedent vir magsmisbruik in die toekoms skep,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

In sy regsbrief wys Solidariteit die minister, Angie Motshekga, daarop dat sy nie by magte is om sodanige direktiewe uit te reik wat onafhanklike skole tot hierdie stappe verbind nie en dat dié magte net by die minister van samewerkende regering berus. Gevolglik is die uitreiking van sodanige direktiewe deur die DBO in werklikheid ongeldig. Solidariteit dring voorts daarop aan dat die regering die direktiewe dienooreenkomstig moet aanpas en teen nie later nie as 16:00 op 25 Januarie in die Staatskoerant moet publiseer.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

“Die minister tree buite haar magte op. Om nou aan te kondig dat onafhanklike skole nog ʼn week moet wag voor hulle mag oopmaak of skole wat reeds oop is weer moet toemaak, is onregmatig. ʼn Pandemie regverdig nie onregmatige besluite nie,” voer Hermann aan.

Onafhanklike skole het unieke omstandighede wat in ag geneem moet word en is in baie gevalle kleiner skole en anders as by openbare skole word hul onderwysers nie deur die staat betaal nie. ʼn Uitstel van die skooljaar stel dié groep uitermatig bloot, meen Hermann. Die meeste van hulle is in staat om streng Covid-19-protokolle te volg en het reeds sodanige maatreëls ingestel. “Nie een van hierdie skole wil onverskillig teenoor die virus wees nie. Hulle wil wel ʼn balans bewerkstellig tussen die beste belang van die kind, die volhoubaarheid van die skool, almal se gesondheid en goeie onderwys.

“Daar is verskeie skole wat kan oopmaak wat nou gestraf word bloot omdat ander skole, wat nie aan protokol voldoen nie, nog nie gereed is nie. Pleks dat die minister haar daarvoor beywer om ander skole op standaard te bring en die impak van sluitings te beperk, is sy nou besig om die skade so wyd as moontlik te versprei,” sê Hermann.

(Argieffoto: ANA)

Die oop- en toemaak van skole het weinig impak op die Covid-19-infeksiesyfer en navorsing en verskeie aanbevelings van kundiges, onder wie die VN se kinderfonds (Unicef), voer steeds aan dat skole moet oopmaak en slegs as laaste uitweg gesluit moet word, meen Hermann. Aktiewe gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika neem ook reeds vir langer as ʼn week daagliks af.

“Dit is duidelik dat hierdie direktiewe nie in die beste belang van onafhanklike skole, hul onderwysers of hul leerlinge is nie, maar eerder ʼn politieke instrument geword het waarmee sekere LUR’e hul mag wil afdwing. Hierdie direktiewe strook ook nie met die uitsprake wat die adjunkminister van basiese onderwys op die mediakonferensie van 15 Januarie gemaak het nie, maar eerder met die boelietaktiek van Panyaza Lesufi, soos onlangs by Helpmekaar Kollege en Curro gesien is. Dit gaan duidelik nie oor die virus nie, maar oor sentrale beheer,” sluit Hermann af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Boerkind ·

Al meer en meer voldwonge bewyse dat die “reënboognasie” ‘n pypdroom is…. Sover in die mengelmoes politiek lyk dit nie of ons vorentoe beweeg het nie…. Geen stelsel waar “all sizes fits all” kan werk nie – daarom word dit met geweld op ons geforseer ( dink maar aan Patel se onsinnige kleredrag beleid). Selfs nie eens die grondwet word meer gehoorsaam nie – net die hier en nou wette soos dit “opgemaak” word…..

Willem ·

Ek wonder wat van privaat in privaatskole verstaan die minister nie

Maria ·

Opleiding in die staatsdiens se hande is haglik. Die dept ven gesondheid het alle verder kursusse vir verpleegters/verpleërs opgeskort. ook in privaathospitale. Hoop Solidariteit pak hierdie probleem ook. Sol-tech en Akademia is bakens. Groot asseblief.

Waar ·

“.. dat dié magte net by die minister van samewerkende regering berus.” en dis Dhlamini-Zuma so dink julle sy gaan dit verstaan? Haibo

PH ·

Die regering weet dat die Graad 12’s van baie van die onafhanklike skole reeds hulle eksamens in Mei skryf. (Dié wat hoë standaard oorsese leerplanne volg) Deur dié skole te “verbied” om oop te maak, pas hulle goed om standaarde af te dwing na hulle vlak toe.

marius ·

Hul vrotsigheid word nou gebruik om diegene wat onafhanklik kan funksioneer in die grond te druk . Privaat skole kan 1 Feb heropen , maar staatskole 15 Feb ? Wat is die doel daarvan ? Dit gaan oor ‘ n magsbehepte sot wat nie kan verduidelik hoekom daar ghaos in sy departement is nie . Boonop haat hy die Afrikaners wat bewys dat hulle planne kan maak sonder om op hul kniee voor hom hoef rond te kruip . Dis die waarheid .

Mariana ·

Daai vrou kon nog nooit goeie deurdagte besluite maak nie. Sy hoort nie daardie pos nie. Sy speel met ons kinders se toekoms. Dit spreek boekdele oor presies hoe die ANC werk. Nie een van die sogenaamde ministers kan hul werk doen nie, want hulle is bloot nie opgelei daarvoor nie.

Alleen Wolf ·

Moenie julle asems ophou vir staat skole om 15 Feb oop te maak nie of vir enige iets om danig te verander t.o.v. die huidige regulasies
nie, die datum is net gebruik omdat die ramp toestand dan verval maar NDZ gaan dit beslis maand op maand vir nog lank uitrek.
Daar is hoeka al klaar sprake van ‘n derde golf deels a.g.v hulle laksheid met die verkryging van entstof.
Die WGO hemel ook telkens die regering op vir hulle hantering van die pandemie, wat hulle vergeet is dat westerse lande wat inperkings het die finansiele vermoe het om hulle mense en besighede te ondersteun.

domheks ·

Mooi so, Hermann. cANCer wil so graag al die toutjies trek, maar sommige ‘puppets’ wil nie saam speel nie!

Grassie ·

‘n Mens moet eintlik die foto van die minister van ‘n onderskrif voorsien “This person is in charge of our chidren’s education” en dit wêreldwyd versprei.

Geurt ·

Grassie, sy het haarself nie gemaak nie. Wil jy jou foto plaas sodat ons n opinie kan kry?

Casper ·

Dr.Herman,as die uitstel van die heropening van skole infeksies kan keer hoekom daarteen besluit.Of die minister se optrede nou regmatig is of nie skole kan brandpunte word vir die verspreiding van die virus en die gesondheid van kinders en onderwysers moet nou prioriteit geniet.Kom ons kyk wanneer bereik die pandemie sy piek en ek glo dit is naby dan praat ons weer oor skole.

Yvonne ·

Daar is nie pille vir siekte nie….baie erger as die virus

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.