Onafhanklikheid van Reserwebank moet beskerm word, sê Basa

sa-reserwebank

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank. Foto: Resbank.co.za

Die Bankevereniging van Suid-Afrika (Basa) het Vrydag gesê hy neem kennis van uitlatings deur die ANC se beleidskonferensie oor die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB).

Dit volg nadat Enoch Godongwana, voorsitter van die ANC se ekonomiese transformasiekommissie gesê het die party het besluit om die bank onafhanklik te hou, maar om die moontlikheid te ondersoek om die eienaarskap te verander.

Die kwessie van die onafhanklikheid van die Reserwebank het aan die lig gekom sedert die openbare beskermer Busisiwe Mkhwebane verlede maand regstellende aksie voorgestel het en die parlement opdrag gegee het om ʼn grondwetlike wysiging aan te bring oor die magte van die bank wat inflasie en ekonomiese groei betref.

Mkhwebane het die SARB veroordeel dat hy versuim het om R1,125 miljard in te win van Bankorp Bpk/Absa Bank wat as ʼn “onwettige geskenk” aan die Bankorp-groep geskenk is, en in die vroeë 1990’s deur Absa aangekoop is.

Basa het in ʼn verklaring gesê dit is in die belang van alle Suid-Afrikaners, veral die armstes van die armes, wat gebuk gaan onder finansiële onstabiliteit, dat die onafhanklikheid van die SARB beskerm moet word.

“Alhoewel aandeelhouding van die SARB nie ʼn kritieke kwessie is nie, is die onafhanklikheid van die bank van noodsaaklike belang. Die SARB is Suid-Afrika se sentrale bank en dit speel ʼn noodsaaklike rol om monetêre beleid te formuleer en te implementeer en die bankstelsel te oorsien en reserwes te bestuur,” het Basa gesê.

“Die SARB kan likiditeit in die mark verskaf ten tye van finansiële skokke. Dit is dus uiters belangrik om vertroue te behou in ons land se finansiële stelsel en die land se ekonomie as ʼn geheel.”

Basa het gesê die rol van die Reserwebank en sy onafhanklikheid word deur die Grondwet beskerm en dit is noodsaaklik dat dié onafhanklikheid bewaar word.

Die SARB se huidige mandaat moet prysstabiliteit handhaaf en groei verseker.

“Hierdie mandaat en die inflasieteikens word opgestel in konsultasie met die regering, maar die instrumente om dit te bereik, moet onafhanklik bestuur word. Of meeste aandele in die Reserwebank deur die staat of deur privaat individue gehou word, behoort nie enige invloed hierop te hê nie,” het Basa bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Waghond ·

Nugter weet hoe sy ‘n Adv geword het, want die OB is nie eens ‘n kenner op haar vakgebied nie. Hoe kan sy haar oor finansies of die ekonomie uitspreek?

Ita ·

Ons ANC lede Soek meer bronne waar hulle groter bedrae geld kan steel, want hulle weet hulle dae van korupsie en diefstal raak min.

stefanie ·

Net een groot grap Suid Afrika kom tweede eerste moet na self veryking gekyk word . Alles net een groot klug .WORD WAKKER Suid Afrika

Andile ·

Die Reserwebank werk dan nog, so daar moet op gefokus word totdat hy ook disfunksioneel is soos al die ander staatsinstellings. Slegs dan kan ons werklik inpas by Afrika en ons regering rus vir sy korrupte siel kry.

SARB = Privaat Bank ·

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank is ‘n Private Bank, en vorm deel van die Amerikaanse ” Federal Reserve Banking Cartel”.

Dr. Ron Paul het al baie hieroor gepraat, maar die Suid-Afrikaanse hoofstroom media weier om dit te noem.

Anoniem ·

Ek dink nie hierdie mense verstaan die onbeskryflike rykdom en mag van die Rothchilds, wat natuurlik SARB asook meeste van die wêreld se lande se “reserwe banke” besit nie.

John ·

?.. die siel van die ANC ontbloot? Die party, toon reeds met sy naam… N, African C, sy intrinsieke aard… maw soos die res van Afrika, waar raap en skraap, skiet en vlug, dood en verwoesting, sluwe verhoudinge en vergrype… gedy. Sedert 1994 draai die groot stryd om die behoud van dit wat reg is… Kan ‘reg’ nog wen in SA waar die regering laag buig voor die duiwel-van-gelykmaking met die res van die’ barbaarse en verslonste ou vasteland?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.