Kapt. Marissa van der Merwe, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is omstreeks 07:50 na die ou Bronkhorstspruitpad ontbied waar hulle die liggaam van ʼn onbekende swart man aangetref het. Hy het een koeëlwond agter in sy kop gehad en twee in sy nek. Twee koeëldoppies is ook op die toneel gevind.
“Die man het ʼn swart sweetpak, bruin en blou hemp en wit tekkies aangehad,” het sy gesê. “Hy is op die toneel dood verklaar. Die motief vir die moord is nog nie bekend nie.”
Van der Merwe het ʼn beroep gedoen op enigiemand met meer inligting om die ondersoekbeampte by 082 531 4047, Boschkop-polisiestasie by 012 8020909 of Crime Stop by 08600 10111 te skakel.
Ek is bly dat die vermoorde persoon se ras aangedui is dit maak dit net eenvoudig makliker as die raai/raai berigte.n Lewe in SA is maar min werd en met die stygende misdaadvlakke sal dit verseker meer voorkom.
Stem saam Bruno