Eskom waarsku dat hy Dinsdag moontlik beurtkrag in werking sal moet stel weens heelwat onbeplande instandhoudingswerk wat gedoen moet word.
In dié stadium geld beurtkrag egter nog nie.
“Ons gebruik noodopwekkingsreserwes om die voorraad aan te vul,” het Eskom ʼn kort rukkie gelede gesê.
“Die netwerk is onder druk, kwesbaar en onvoorspelbaar en beurtkrag kan op kort kennisgewing in werking gestel word, sou die situasie verander.”
Teen 07:25 was onbeplande instandhoudingswerk op 12 255 MW en onbeplande instandhoudingswerk op 3 673 MW.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
7 Kommentare
Ag hier gaan ons alweer. Dit maak my net kwaad dat daar sekere gedeeltes/omgewings nie weet wat beteken beurkrag/loadshedding nie, dan kry ons dit party keer 3 keer op ‘n dag.
Ek se liewer niks…….
Onbeplande instandhouding is niks anders as om met julle broeke op jul enkels gevang te word nie .
Pateties !
Jy is heeltemal reg, Marie. Hier in Tzaneen het sekere areas meermale beurtkrag gehad, sodat ander areas die ongerief gespaar kon bly. Met fase 2 beurtkrag, het ons byvoorbeeld sekere dae 12 uit 24 ure nie krag gehad nie. Dit het vanaf 1 Maart verander na ‘n meer regverdige verdeling. Sewe areas, waaronder die munisipaliteit se kantore en omheinde buurte (waar die BBP’ s woon), het tot hierdie naweek nie geweet dat die land onder beurtkrag gebuk gaan nie.
Mens weet nie meer wat om te glo nie, want daar is gese hulle gaan krag weggee en ons gaan nog vir 18 mde beurtkrag he en dan word daar gese daar is instandhoudingswerk.