Onbetaalde werkers oorstroom hospitaalvleuel

(Foto: Daan Stevens/Unsplash.com)

Opknappingswerk aan die psigiatriese vleuel van die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg is wéér uitgestel. Dié keer omdat die kontrakteur nie betaal is nie, berig Jack Bloom, DA-woordvoerder vir gesondeheid in Gauteng. Onbetaalde werkers het nou die vleuel met water oorstroom en personeel en pasiënte moes die vleuel ontruim. “Pasiënte word nou in onvoldoende tydelike vleuels geakkommodeer,” sê Bloom.

Opknappingswerk aan dié vleuel moes al in 2014 voltooi gewees het, maar is vier keer reeds uitgestel. Die opknapping sal die aantal beskikbare plek van 20 beddens na 40 vergroot. “In 2016 het die koste van die werk reeds verdriedubbel tot R34 miljoen. Toe het Gwen Ramakgopa, destydse LUR vir gesondheid, reeds beloof die hospitaal sou in Maart 2018 voltooi wees,” sê Bloom. Later is die sperdatum uitgestel na 31 Oktober vanjaar, maar die werk is steeds nie afgehandel nie.

“Dit wys net weer hoe onbekwaam die departement van infrastruktuurontwikkeling is. Hulle kies aanhoudend boukontrakteurs wat nie die werk kan doen nie of versuim om hulle te betaal, sodat hulle die projek laat vaar,” sê Bloom. Dit is nou al die vierde kontrakteursfirma wat aangestel is om werk aan die vleuel te voltooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johan Maritz ·

Ag my boetie is n karwag hy het gesien hoe ander by die winkelsentrum bou so sy verwysing is goed en hy is bereid om sy opbrengs te deel onder die kadars met dank ANC

Jerry B ·

Hierdie tipies ANC. Hulle het slaaplose nagte oor dat die Springbok embleem nie voor op die trui mag wees nie maar gee nie n hel om oor goeie mediese sorg vir hulle mense nie. Game set match SA.

Peet ·

En so tree vir tree nader aan NGV. Baie geld vir kaders – swak/geen diens aan burgers.
Dink hulle moet die Gautengse mags(be)hebbers soos Lesufies en kie. daar vir ‘n maand opgesluit hou.

Bokkoors ·

Ag, jinne, dis nie so erg nie. Hulle wou net in die wagkamer kom rugby kyk en ons oorwinning deel. Wees positief mense. Ons is mos een nasie. Rugby laat ons almal darem beter voel.

Jerry B ·

Hierdie tipies ANC. Hulle het slaaplose nagte oor dat die Springbok embleem nie voor op die trui mag wees nie maar gee nie n hel om oor goeie mediese sorg vir hulle mense nie. Game set match SA.

Rene Prinsloo ·

En nou ja daar is dit so duidelik soos daglig. Bestaande staatshospitale kan nie eers instand gehou word nie en die NGV wil hulle instel. Ag hoe onbevoeg en meer geld om te verdwyn. Ja ja ja

HARTSEER ·

Ek raak sommer bemoerd as ek dit lees – mense wat gewerk het en dan nie betaal word nie.
Betaal tog net die mense & dan in die vervolg kry mense wat kan bou! – Ek het ook ‘n waterpas maar weet niks van bou af nie.
Kry verwysings waar hulle alreeds gebou het.
Wat net nooit aan vaarbaar is – is om skade aan te rig – wie baat daarby?

Dis Nou ·

Dankie tog ek’s nie die land se president nie – wat is daar tog vir hom om op trots te kan wees

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.