Onbetaalde werkers sluit paaie in Rustenburg

Brandende buitebande versper Woensdag ‘n pad in Rustenburg. (Foto: ANA)

Onbetaalde werkers by die Bojanala Platinum-distriksmunisipaliteit in Noordwes het Woensdag verskeie paaie in Rustenburg, wat in en uit dié dorp lei, gesluit.

Ontstoke werkers dring daarop aan dat hul salarisse vir Julie aan hulle betaal word nadat hulle nie vandeesmaand deur die munisipaliteit betaal is nie. Dit is glo omdat die provinsiale tesourie sy aandeeltoelaag aan die munisipaliteit weerhou het.

Werkers het in ʼn protesaksie die aansluiting van Oliver Tambo- en Beyers Naudé-rylaan in Rustenburg met brandende buitebande toegepak. Oliver Tambo-rylaan lei die verkeer op die R104 na Pretoria en die R24 na Magaliesburg en Johannesburg.

Die aansluiting van Nelson Mandela- en Beyers Naudé-rylaan is ook vandag met buitebande en klippe versper. Nelson Mandela-rylaan lei die verkeer deur Rustenburg na Swartruggens en Sun City.

Die plaaslike polisie en munisipale verkeersbeamptes moes noodgedwonge self inspring en voorwerpe van die pad verwyder voordat dit later vandag vir verkeer oopgestel kon word.

Vanguard Mokwena, provinsiale adjunksekretaris van die munisipalewerkersvakbond Samwu, het gesê vandag se protesaksie was slegs ʼn voorsmakie van die massaprotesaksie wat vir Vrydag beplan word.

Die polisie tel Woensdag klippe op uit ‘n pad in Rustenburg. (Foto: ANA)

“Werkers is nie op 25 Julie betaal nie en hulle het dus besluit om hul arbeid te onttrek totdat hulle betaal word,” het Mokwena gesê.

Volgens Mokwena vergader Gordon Kegakilwe, LUR vir plaaslike regering, tans met lede van die kantoor van die premier om die kwessie op te los.

Gladwell Rangata, die sekretaris van die onafhanklike munisipale en geallieerde vakbond (Imatu) in die munisipaliteit, het gesê daar is ook ander sake wat werkers raak, maar dat hulle besluit het om vir eers net op hul salarisse te fokus. Volgens Rangata word ʼn plan van aksie in dié stadium saam met Samwu opgestel.

“Ons het ʼn besluit geneem as die meerderheidsvakbond in die munisipaliteit om met die leierskap van die provinsie én van ons munisipaliteit byeen te kom,” het hy gesê.

Die provinsiale tesourie het gesê dat nege munisipaliteite se aandeeltoelae aanvanklik vandeesmaand weerhou is. Ses van die munisipaliteite het egter vandeesweek aan voorwaardes voldoen om dit wel te ontvang. Die geld sal dus teen Vrydag aan dié munisipaliteite oorbetaal word.

As voorwaarde vir die tesourie se uitbetaling van die geld moes munisipaliteite spesiale raadsvergaderings belê om 12 besluite in ooreenstemming met die tesourie se voorskrifte te neem.

Die polisie tel Woensdag klippe op uit ‘n pad in Rustenburg. (Foto: ANA)

Die munisipaliteite wat hieraan voldoen het, is Ditsobotla, Kgetlengrivier, Naledi, Mamusa, Madibeng en Tswaing.

Bojanala Platinum-distriksmunisipaliteit het 10 van die 12 besluite goedgekeur en verdere besprekings tussen die provinsie en die tesourie duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Hennie ·

Ek neem aan die top korrupte amptenare het hulle pay gekry. Tipies zef ANC beleid… Solank die top narre geld het is alles ok!

Spook op thaba ·

Dit n groot gemors. Ek het vandag gesukkel om my pad terug te kry Thabazimbi toe. Nou wonder ek hoekom moet die publiek verontrief word vir mun se foute

Wonder net. ·

Nou, kan die polisie nie iets daaraan doen om te keer voordat die Soweto konfetti op die paaie gegooi word, te stop en traangas, en rubber koels af weer metodes gebruik ? Dan is dit mos nie nodig vir die polisie om nou so hard te werk om dit op te tel nie.

Charlene Schoeman ·

Wat leer hierdie gedrag die volgende generasie.
Ons mik om hulle te leer
1. Praat as jy ongelukkig is.
2. Moenie goed breek nie.
3. Ruim op na jy omgekrap het.
4. Respekteer mense, tyd en goed.
5. Moenie iemand seer maak nie…
Dis belaglik om te dink ons kry dit reg by die skool om dit vir hulle te leer maar groot volwasse mense… hou nie eers by die basiese morele reels nie.
Sad sad sad.

Swannie ·

Die polisie vind dit te gevaarlik om hul werk te doen – dis BAIE veiliger EN makliker om liewer paaie skoon te maak.

Stiks ·

Hulle breek die dorp af en stel mense se lewens in gevaar . Terwyl dit die regering waarvoor hulle gestem het is wat nie hulle salarisse kan betaal nie

Renier ·

Die stormwolke dreig oor die wêreld ekonomie. As die weste ‘n groot depressie in die gesig staar, kan ek my net voorstel hoe sleg dinge in SA gaan raak!

Neilia ·

Plaas brand hulle die munisipaliteit af en laat ons direk aan eksdom en randwater betaal . Ons betaal derduisende Rande elke maand en eksdom sien geen niks daarvan . Maar die mayor ry in haar nuutste Merc rond en haar paleis word gebou ( dis nou in MP die Government Mbeki municipality )

Charlene Schoeman ·

Wat leer hierdie gedrag die volgende generasie.
Ons mik om hulle te leer
1. Praat as jy ongelukkig is.
2. Moenie goed breek nie.
3. Ruim op na jy omgekrap het.
4. Respekteer mense, tyd en goed.
5. Moenie iemand seer maak nie…
Dis belaglik om te dink ons kry dit reg by die skool om dit vir hulle te leer maar groot volwasse mense… hou nie eers by die basiese morele reels nie.
Sad sad sad.

Chris Ws ·

Die polisie moet maar vir hulle kry want dis HULLE wat die choas toegelaat het.Staan mos en monitor heeltyd.WAAROM laat hulle toe dat betogers die wet oortree deur motoriste se regte te skend sonder om EEN in hegtenis te neem?SLEGTIGHEID dis wat.So ja laat HULLE maar die gemors opruim.

EO ·

Die regering het nie geld nie, maar hulle gee R3,5Miljoen uit op arbeidskonferensie in Switserland??? Huh???

fred ·

stem saam Marous, dit is net die begin……vir jare verhogings meer dan dobbel die inflasie syfer,wanbestuur en nou is die geld klaar……..ek verwag weer verhogings in belastinge,BTW,..ens

Jerry ·

Die land brand hier en daar en wanneer die ANC staat se winde van verandering een van hierdie brande skep tot in die georkestreerde droegras, kan so n vuur vinnig momentum opbou wat kan ontaard in n wegholvuur. Wanneer hierdie vuur gaan begin hol, dan gaan hy hol totdat daar net n swart kol oorbly en dan gaan alles wat tot op hede gegeld het, nie meer geld nie! Om so n vuur te probeer stop, kan presies die teenoorgestelde uitwerking he en die vuur net erger aanblaas!

KrokodilBotha ·

Polisie rol klippe, mooi so. Hier in die Kaap het ek gesien hulle monitor net, publiek moes die pad skoon en self weer oopmaak.

Andre Stander ·

Kan ons ons indink wat gaan gebeur as die grants en “free money” opdroog. Die Land sal brand……

(en die polisie sal bly monitor).

A Mac ·

Wat sal nou gebeur as ons sat geryde, maer gemelkte koei van ‘n belastingbetaler nou dieselfde as die mense doen by bv. die parlement, Eskom, SAL en al die plekke wat ons droog suig van ons swaarverdiende geld?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.