‘Onbevoegde’ ministers gevra om te bedank

Pres. Jacob Zuma. Foto: Kopano Tlape/GCIS

Die vakbondfederasie Cosatu het Maandag weer ʼn beroep op pres. Jacob Zuma gedoen om te bedank, tesame met “onbevoegde” kabinetministers

Cosatu het gesê hy verwelkom Mduduzi Manana, adjunkminister van hoër onderwys, se bedanking die afgelope naweek, in die lig van klagtes teen hom nadat hy glo ʼn vrou by ʼn Johannesburgse nagklub aangerand het.

“Cosatu neem kennis van Manana se bedanking nadat pres. Zuma hom glo ʼn ultimatum gegee het. Ons verwelkom hierdie bedanking en glo dit stuur ʼn sterk boodskap aan mans in die algemeen, veral diegene in magsposisies om te leer dat vrou gerespekteer moet word,” het woordvoerder Sizwe Pamla gesê.

“Ons hoop die president sal ook dieselfde druk plaas op onbevoegde ministers in sy kabinet. Ons sal graag wil sien dat [minister van minerale hulpbronne] Mosebenzi Zwane, [minister van staatsdiens en administrasie] Faith Muthambi, en [minister van maatskaplike ontwikkeling] Bathabile Dlamini ook aanspreeklik gehou word vir hul mislukkings. Die president moet self ook bedank en só besluit sal baie goed wees vir die land en sy ekonomie.”

Pamla het gesê die land het ʼn “kultus politieke stelsel” waar enigiemand met enigiets kan wegkom, solank as wat hulle in Zuma se goeie boekies is. Hy het gesê Suid-Afrika kan nie “selektiewe aanspreeklikheid” bekostig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Ander Annie ·

Sal dit nie wonderlik wees nie? Na die stemmery in Parlement is dit duidelik dat die wiel besig is on te draai, maar die soustrein oorwin elke keer . Dankie Cosatu, ons bly hoop.

Ouman ·

As dit gebeur is daar geen ministers oor nie. Bevoegdheid is nie die kaders se sterkpunt nie behalwe as dit by die kasregister kom.

Ella Botha ·

Die onbevoegde president moet sy pie vat en waai saam met sy onbevoegde parlementslede wat ons so in die skande steek

Marlene ·

Ons regering is nou dieselfde as die Zim regering. Wette geld net vir die burgers.

Johannes van Staden ·

Die wereld kry elke 4 dae 1 miljoen mense by en ons in SA sit met SO n man as president ?

Wonder maar ·

Ek kry meer en meer die idee dat Zuma net n “puppet” is onder n hoër gesag waarvan ons nie bewus is nie. Hy is té onbevoeg om al die drama self te kan opwerk.

Theresa B ·

Onbevoeg sê jy vir my! Wat’n grap!! Begin liewers heel bo by die begin………………………

AL ·

Hul sal hulself nie laat verwyder nie – daarvoor is die vet paychecks te lekker.
Net ñ wonderwerk van Bo sal hul uit hul stoele lig … Die wiel draai stelselmatig al lyk dit teen ñ slakkepas.

Eish ·

Ek is n ongewenste vreemdeling in die land van my geboorte. Dit het geen invloed wie in wie se plek aangestel word nie, ek bly n tweedeklas burger.

aiai ·

Onbevoegde Zuma wat ultimatums stel??? Wil jy nou meer!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.