‘Ondenkbaar’ om werkers vir entstof te belas – Saptu

Die Moderna-entstof teen Covid-19. (Foto: Joseph Prezioso/AFP)

Die South African Parastatal and Tertiary Institutions Union (Saptu) sê dit is “ondenkbaar” dat die regering dit oënskynlik oorweeg om belasting te verhoog om vir ʼn noodsaaklike diens soos die aankoop en verspreiding van entstof teen Covid-19 te betaal.

Saptu sê luidens berigte oorweeg die tesourie dit om belasting op te stoot om die entstofprogram te finansier.

“Dít terwyl hy terselfdertyd geld na die Suid-Afrikaanse Lugdiens, die Landbank, Eskom en enige ander staatsbeheerde onderneming gooi wat klaarblyklik in ʼn donker gat verdwyn,” sê adv. Ben van der Walt, algemene sekretaris van Saptu.

Hy sê volgens die regering gaan die staat boonop die enigste bieër vir die aankoop van die entstof wees.

Van der Walt sê dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het bevestig dat die geraamde koste om die hele land in te ent, sowat R20 miljard gaan beloop, terwyl meer onlangse syfers deur die nasionale tesourie hierdie syfer op nagenoeg R10 miljard stel.

“Dit is net nog ʼn voorbeeld van hoe die regering wantroue skep,” sê Van der Walt.

“Hoekom is daar so ʼn verskil tussen die twee skattings.

“Ons vertrou nie die regering om te verseker geen korrupsie vind plaas in die proses nie. Ons het te veel voorbeelde wat die teendeel bewys.”

Die vakbond meen die regering moet die private sektor nader om die program te help finansier.

Van der Walt sê ʼn vennootskap tussen die private sektor en die staat gaan nie net druk op werkers verlig nie, maar gaan ook oorsig en deursigtigheid verseker en logistieke steun verskaf.

“Dit gaan ook bestuurskapasiteit deel, omdat die regering nie hierdie projek op sy eie kan uitvoer nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Frederik C

So, die ANC middelman vat 100%.

agnes

Net sodat die amptenary meer geld onder mekaar kan verdeel

Hennie

Maklik, die verskil in entstof prys gaan in ‘n diep donker gat se bankrekening beland! Ons weet mos hoe dit werk, nie waar nie?

Pieter

As die entstof R400 kos en daar is 60 miljoen mense dan is die regering se getal van 20miljard ook te min. Maar obviously gaan hulle nie 60 miljoen mense in ‘n belasting jaar kan ent nie. Hulle gaan ook nie 60 miljoen kan koop in een jaar nie. Wat van die stoor van dit? sekerlik gaan hulle yskaste ook moet koop / bou? En dan gaan daar sekerlik nog werk geskep ook word uit die hele nuwe proses (julle weet mos om die werkloosheid te verminder). Soos ons nou reeds weet gaan alle mediese fondse entings dubbel betaal sodat… Lees meer »

Stefaan

Daar is sekerlik ‘n alternatief vir die “wonder” middel wat hulle op jou wil afdwing.