Onderhandelaar na Kaapstad-buurt ontbied ná polisieman geskiet is

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Die polisie het Dinsdagaand die dienste van ʼn onderhandelaar ontbied en ʼn verdagte se huis in Athlone, Kaapstad, omsingel nadat die man glo ʼn polisiebeampte geskiet het.

“Die 27-jarige konstabel is gewond en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem,” het kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, Dinsdagaand gesê. “Ons onderhandelaar is op die toneel om die situasie te probeer oplos en dit is nog nie duidelik wie in die huis is nie.”

Lede van die polisie en die stad Kaapstad se wetstoepasserspan is Dinsdag omstreeks 18:30 na die verdagte se huis in Hazendal om honde te gaan verwyder. “Toe hulle by die huis aangekom het, het die honde hulle aangeval en skote is vanuit die huis op die beamptes gevuur,” het Van Wyk bygevoeg. “Teen 23:30 was die verdagte in die huis vasgekeer en die polisie-onderhandelaar was op die toneel.”

Gebruikers op sosiale media spekuleer die verdagte is verstandelik gestremd en dat hy vroeër op ʼn bekende Suid-Afrikaanse sportster se ma geskiet het. Die polisie kon nie dié bewerings staaf nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

KarooKlong ·

Ek hoop die wetstoepassers gaan sorg dat die verstandelik gestremde sy reg om ‘n vuurwapen te besit ontneem word.

THEO001 ·

Om honde te gaan verwyder .Dis goed om te weet die Polisie verwyder ook nou diere .Want daar is mos nie meer DBV in meeste areas nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.