Onderhandelinge oor kernkragooreenkomste begin volgende maand

Omgewingsaktiviste buite die Wes-Kaapse hooggeregshof (April 2017). Foto: Catherine Rice/ANA

Die minister van energie het Vrydag gesê die Suid-Afrikaanse regering sal volgende maand weer met vyf lande begin onderhandel oor sy kernkragkontrakte.

Dit volg nadat die regering verlede week besluit het om nie appèl aan te teken teen ʼn uitspraak in die hooggeregshof wat effektief die aanskaf van nuwe kernkragaanlegte opskort nie. Volgens die regering was dié kernkragaanlegte nodig om 9 600 MW krag by die kragnetwerk te voeg.

“Kragtens die tydsraamwerk vir die kernkragprogram begin ons in Junie met die werk,” het minister Mmaloko Kubayi tydens ʼn perskonferensie gesê nadat sy haar begrotingsrede in die nasionale vergadering gelewer het. “Ons begin van voor af met die proses. Ons teken nuwe kontrakte. Dit maak nie vir my sin dat ons ʼn kontrak van 1995 gebruik nie. Ons sal oor nuwe kontrakte onderhandel.”

Die regering sal onderhandel met China, Rusland, Frankryk, die VSA en Suid-Korea.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
PJ

Nou weet ek hoekom ou Tjankbalie terug is

marous

Die geld is ook Koebaai…

WereWoof

Verstaan ek reg?

Die hooggeregshof het besluit geen kernkrag sal aangele word nie, die regering aanvaar dit en teken nie apèl aan nie, die regering gaan voort ongeag…

Scalla

Nou is z se seun se miljarde op ys geplaas

John

… onderhandel vir korrelbedkernkrag wat skynbaar nog nerens uitgetoets is nie? Is ons die proefkonyn? En wie onderhandel en wie verskaf die uraan? Die Guptas? Het iemand al van hulle gehoor? Die planne tov die korrekbedsentrales dui glo aan dat dit sommer op die oop erf langs die kafee op die hoek sal inpas met ‘n waterpyp uit die naaste swembad teen vergoeding natuurlik… As ons nou kla gaan ons binnekort kerm en ons hare uittrek soos die ou Jode oor die dwaashede van die regering… Gelukkig het Eskom se baas glo darem baie sakdoeke… want hy huil skynbaar as… Lees meer »