Onderhandelinge oor kernkragooreenkomste begin volgende maand

Omgewingsaktiviste buite die Wes-Kaapse hooggeregshof (April 2017). Foto: Catherine Rice/ANA

Die minister van energie het Vrydag gesê die Suid-Afrikaanse regering sal volgende maand weer met vyf lande begin onderhandel oor sy kernkragkontrakte.

Dit volg nadat die regering verlede week besluit het om nie appèl aan te teken teen ʼn uitspraak in die hooggeregshof wat effektief die aanskaf van nuwe kernkragaanlegte opskort nie. Volgens die regering was dié kernkragaanlegte nodig om 9 600 MW krag by die kragnetwerk te voeg.

“Kragtens die tydsraamwerk vir die kernkragprogram begin ons in Junie met die werk,” het minister Mmaloko Kubayi tydens ʼn perskonferensie gesê nadat sy haar begrotingsrede in die nasionale vergadering gelewer het. “Ons begin van voor af met die proses. Ons teken nuwe kontrakte. Dit maak nie vir my sin dat ons ʼn kontrak van 1995 gebruik nie. Ons sal oor nuwe kontrakte onderhandel.”

Die regering sal onderhandel met China, Rusland, Frankryk, die VSA en Suid-Korea.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

WereWoof ·

Verstaan ek reg?

Die hooggeregshof het besluit geen kernkrag sal aangele word nie, die regering aanvaar dit en teken nie apèl aan nie, die regering gaan voort ongeag…

Sune van Heerden ·

Dagsê WereWoof

Die hooggeregshof het slegs ‘n uitspraak gelewer oor die aanbou van nuwe kernkragaanlegte.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Pieter ·

Sune’ by slaan die bal mid. Die hof get die aankoop van 9,600 MWh maximum kapasiteit van all 9 verrykte Uraan Kernkragopwekkers onnietig verklaar omdat daar nie soos wetlik voorgeskryf vooraf en deurgaans deelname van die RSA Burgers was nie. Alles in RSA is die is die eiendom van die RSA Burgers (Die Staat) en die dienende Regering insluitend States Instansies MOET DOEN wat die RSA Burgers (Die Staat) voorskryf/verlang. bv. dat die prys en volle inwerking stelling teen ‘n spesifieke dag van elke kernkrag sentrale vasgemaak moet bly en dus geensins vir water rede ookal verhoog of uitgestel mag word nie, anders is dit basta / verbode.

John ·

… onderhandel vir korrelbedkernkrag wat skynbaar nog nerens uitgetoets is nie? Is ons die proefkonyn? En wie onderhandel en wie verskaf die uraan? Die Guptas? Het iemand al van hulle gehoor? Die planne tov die korrekbedsentrales dui glo aan dat dit sommer op die oop erf langs die kafee op die hoek sal inpas met ‘n waterpyp uit die naaste swembad teen vergoeding natuurlik… As ons nou kla gaan ons binnekort kerm en ons hare uittrek soos die ou Jode oor die dwaashede van die regering… Gelukkig het Eskom se baas glo darem baie sakdoeke… want hy huil skynbaar as hy skrik.

Vryheid ·

Sny Zimbabwe se krag af dan het ons weer genoeg krag- hul betaal inelkegeval nie hul skuld.

Pieter ·

Ondergronds begrawe gedesentraliseerde miniatuur Thorium kragopwekkers waarvan die brandstof net elke 30 jaar vervang behoort te word is ‘n nabye toekoms werklikheid wat nou as beter en goedkoper alternatief oorweeg moet word . Lewer elk 24/365 outomaties elektriese krag aan derduisende huishoudings, straat beligting, fabrieke, vervoer,ens. Gaan na http://www.en.wikipedia.org en soek lees Thorium Reactors vir meer inligting.

Pieter ·

Thorium is volop en dus goedkoper en baie, baie veiliger as verrykte Uraan kernkrag wat baie, baie duur is. Eskom koop krag vanaf Kahora Bassa Dam in Mosambiek teen net 4 sent per KWh vergeleke met meer as R1.50 per KWh vanaf Koeberg in die Kaap.

Wagter ·

Se wat julle wil, of dit nou ongrondwetlik is of nie, ons het die opwekkers nodig, oor n paar jaar gaan ons weer in beertkrag wees en dan gaan almal weer huil oor hoekom was daar nie vroeer voorsiening gemaak nie, die steenkool reserwes gaan ook opdroog een of ander tyd en wat dan..

Pietsepan ·

Pieter. Nou praat jy. Die dae vir uraan reaktors is verby. Thorium is die nuwe metode met gesmelte sout instede van hoë druk water reaktors.
Hierdie projek moet deur private besighede uitgevoer word en nie deur regerings burokrate nie. Hulle weet niks.

JoeV ·

As die krag verbruik nou 20% minder is as in 2010, dan behoort dit oor die volgende 7 jaar met nog 20% te daal weens die land se ekonomiese beleid (GM se vertrek gaan baie krag spaar)
Is die mense aan beheer dan so kortsigtig dat hulle dink niemand sien dat die plan maar net is om te stroop nie?

Gys ·

Daar is baie goedkoper maniere om krag op te wek. Ons het genoeg son en wind om dit te kan doen. Kernkrag aanleg is wel skoner as steenkool maar die afval produk is baie erger en niemand sien dit nie. Dit word met trokke weg gery vaalputs toe en daar begrawe. Die hele kerenkrag storie gaan net oor self veryking en nie die land burgers nie.Maak nie saak hoe jy daarna kyk nie ons gaan glad nie goedkoper betaal vir krag nie. Ons land se mense is nie bekwaan om n kernkrag sentrale te bestuur nie. Wil ons ook n chinobal probleem he. Spandeer eerder die geld op n ontsoutings stasie en voorsien ons van skoon drink water.

verstom ·

Wagter jy verstom my, lyk of jy nie veel kennis het nie en net onthou van beurtkrag. Water is ‘n groter krisis en damme kom eerste huidiglik is krag nie ‘n probleem nie en DAAR IS veiliger opsies as kernkrag. Probleem is die gierigheid kan veroorsaak dat daar moedswillig krississe kan geskep word om hulle sin te kry met kernkrag.

Paul dB ·

Die hof het slegs uitspraak gelewer oor die spesifieke kontrak met Rusland en natuurlik die Guptas daarmee saam. Nie teen kernkrag in die algemeen nie! Dit sal nog dekades neem voor die “nuwe” thorium reaktors ‘n werklikheid sal word, selfde met korrelbedreaktors. Dus, Indien enige iemand in die volgende 10 tot 15 jaar nog nuwe reaktors wil inwerking stel sal uraan reaktors die aangewese stelsel wees. Die nuutse ontwerpe van Japan, Frankryk en die VSA vetskil hemelsbreed van die tegnologie wat ons tans by Koeberg gebruik. Ordes meer effektief en nog baie meer veilig as daardie laat 70’s ontwerp.
Indien ons staatskorrupsie uit kan skakel uit die proses, is ek steeds van mening dat kernkrag die mees doeltreffende manier van kragopwekking is. Ons moet dus voortgaan daarmee maar op ‘n deursigtige en doeltreffende manier, en dit is iets wat die huidige regering nie kan doen nie! Maar die steenkool aanlegte by Madupe en Kosele is net so ‘n gemors agv regstellende aksie en bbbee gemors rasistiese beleidstoepassiging, en natuurlik korrupsie op groot skaal. Dus, sal ons maar moet wag en sien?

Peanut ·

Ek wonder net daar is baie aanlegte waar gas verbrand moet word hoekom word daar nie aanpassings gedoen om elektrisieteit op te werk nie. Daar is kapsiteit, die eskom monopolie moet net gebreek word, en dan is ons carbon footprint ook Kleiner. Ek dink aan plekke soos Amsa, Impala Lonmin, met n bietjie moeite kan hulle begin krag opwek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.