Onderhandelings val vas tussen Sibanye en Amcu

Loononderhandelings tussen die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) en Sibanye-Stillwater het Donderdag weereens ʼn dooiepunt bereik.

“Geen ooreenkoms is bereik nie en die gesprekke duur voort,” het Amcu in ʼn verklaring gesê.

Amcu en ander vakbonde in die goudbedryf sit onderhandelinge voort met Sibanye, Harmony Gold en Village Main Reef onder die vaandel van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA).

Amcu, UASA en Solidariteit het Maandag ʼn driejaarloonooreenkoms met AngloGold Ashanti onderteken waar werkers ʼn aanwas van R1 000 per jaar oor drie jaar sal ontvang. Amcu het ook ʼn 6.5% vir myners, ambagsmanne en beamptes bewerkstellig – 0.5% meer as die gemagtigde 6%.

Die National Union of Mineworkers is nie meer deel van die onderhandelingsproses nie, aangesien hy ʼn dispuut met die goudvervaardigers verklaar het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.