Onderhoof vas oor hy glo leerders in kluis toesluit

(Argieffoto: Unsplash)

’n Adjunkskoolhoof van Noordwes is in hegtenis geneem nadat hy na bewering vier leerders in ’n brandkluis in sy klaskamer toegesluit het.

Elias Malindi, woordvoerder van die departement van onderwys, sê die adjunkhoof van ’n skool in Jericho, noord van Brits, het Woensdag na bewering vier skoolseuns in ’n kluis toegesluit omdat hulle klas gedros het.

Toe die leerders ná skool nie by die huis opdaag nie, het hul ouers na die plaaslike polisie gegaan om hul kinders as vermis aan te meld. Hulle sou later van hul kinders se skoolmaats hoor dat die vier seuns omstreeks 14:00 as straf in die kluis toegesluit is.

Volgens Malindi kon die adjunkhoof nie opgespoor word nie en die kluis is omstreeks 23:00 noodgedwonge oopgesaag om die leerders te bevry.

Die adjunkhoof is sedertdien voorlopig geskors hangende ’n ondersoek.

Mmaphefo Matsemela, LUR van onderwys in Noordwes, het die voorval ten sterkste veroordeel. Die LUR het die wyse van straf as “onmenslik” bestempel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Louise ·

Ek se jou somtyds wonder ek oor ons liewe land…hoe n onderhoof met hierdie tiepe logieka geslaag het om die onderwys te betree…
EK slaan my hande in ongeloof saam!

Johan Venter ·

Plaas dat die onderhoof hulle met ‘n rottang bygekom en ses van die bestes gegee het.

Marcello ·

Ek sê nie, hulle moet nie gestraf raak nie, maar dit is darêm nou die water onder die eend uitruk .!!! Dit laat my nou dink aan my kleinseun, as hulle detensie moet sit, moet hulle nou vir 2 of 3 ure doodstil sit, iendien nie, word hulle afgeneem en die “bewyse” aan die ouer gestuur met die b.skap: “Ontwrig die detensie” Hy het ‘n grap gemaak, en die ander het gelag. Waar op dees aarde gaan jy ‘n ‘n laerskool seun vir 2 of 3 ure kan laat stil sit, sonder dat hy beweeg.

pestilensie ·

Kan maar net se wat n onderwyser jare terug vir my gese het ” as jy nie glo wat hy “die kind” se van my nie , sal ek ook nie glo wat hy vir my van julle se nie

Scalla ·

Dit is mos dieselfde wat met die doodskis saak gebeur het, wou hul net skrik maak, sal graag wil sien wat gaan die bevinding wees.

Nuuskierig ·

Miskien is dit wat deesdae se jeug nodig het om op die pad te kom? Gee hulle ‘n goeie idee van die tronk. Hang maar net af wat hulle oortredings was, dis ‘n swaar straf lol mens moet onderwysers se frustrasie ook insien, maar beide kante van storie moet eers gehoor word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.