Onderhoofseun sterf in fietsongeluk

Rudi Lettau Foto: Hoërskool Pretoria-Noord

Rudi Lettau Foto: Hoërskool Pretoria-Noord

Rudi Lettau, onderhoofseun van die Hoërskool Pretoria-Noord is Vrydagmiddag ná skool deur ‘n metropolisiebeampte op sy fiets doodgery.

Neels Driescher, skoolhoof, het Saterdag aan Maroela Media gesê Rudi was ‘n briljante kind. “Dit is soos ‘n diamant wat uit die skool se kroon gepluk is,” het Driescher gesê. Volgens sy inligting het Rudi krtieke beserings opgedoen en hy is op die toneel dood.

Driescher sê dit is nou, weens die skoolvakansie, moeilik om by al die leerlinge uit te kom, maar hulle sal, indien nodig, berading aan die skoliere verskaf sodra die skool weer oopgemaak het. Hy sê meeste leerlinge is reeds bewus van die voorval.

Ao. Matthews Nkoadi, woordvoerder van die polisie, het Saterdag aan Maroela Media bevestig Rudi is deur ‘n metropolisiebeampte doodgery. Die voorval het glo na skool plaasgevind, en Rudi was vermoedelik op pad huis toe.

Owerhede ondersoek die voorval.

Lees ook:
Foto’s: Onderhoofseun was Godvresend

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

alet ·

Daar sal ook seker niks van kom my dogter en haar vriendin is amper 2jaar ook dood gery deur n jong seun en tot vandag toe het geen haan daaroor gekraai nie hy is nie eers aangekla nie my innige simpatie met die familie

Veronica Deacon ·

Alet, ek is baie jammer om van jou verlies ook te verneem, asseblief, moenie dit net daar laat nie, al is dit 2 jaar na die tyd.

Wat ‘n baie mooi aanhaling van die skoolhoof, “Dit is soos ‘n diamant wat uit die skool se kroon gepluk is,”. Mag die ouers en familie deur hierdie hartseer tyd gedra word deur ons Groot Trooster.

Elanie ·

Mag die Heilige Gees Rudi se ouers, sy vriende, die leerlinge en onderwysers van PNHS toevou met troos. My gebede is met julle almal.

Jeanette Kruger ·

Op alle Metro Polisie karre staan in vet swart letters , en ek haal aan: ” Your Safety Our Priority”. En nou?! Where are our safety and your priority?! Baie jammer vir die ouers se verlies, baie sterkte! Ons bid vir julle

ri a ·

Soos gewoonlik sal dit onder die
Mat ingevee word. Sooo jammer…Ria Visser

chantelle ·

Ek kan nie dit glo nie…rudi ons skool sal*
Jou mooi gitaar melody onthou en gaan speel nou vir di HEre ju mooi en enigste gitaar melody solo…jy sal*
Onthou word en al sy familie en vriende sal*
In ons gebede bly…n mens kan niks meer in di wereld doen nie dit is te gevaarliken hy wat net n goeie en onskuldige persoon is wat so iets met hom gebeur het…ek hooop dai metro polisie kry n kramp want wat hy van ons weg gevat het is bja onaanvarbaar…

Elsanne ·

Ons gan ju mis al het ek ju ni so goed geken ni het j n groot verskil gemaak in my lewe met ju posatiewe boodskap

Aan rudi se familie sterkte en julle is in my en my familie se gebedens

Riaan ·

Alle simpatie aan skool leerlinge en familie en vriende ek hoop elke situasie selfde soos die een word oop geskop en JUSTICE al gedien word dis tragies GOD sal we’ll voor sien en in sy genade sal ons kalmte en rus vind

Marinette ·

Rudi,jy was n stunning voorbeeld vir ons almal in die skool!! Jy sal altyd onthou word as iemand wat hard gewerk het en altyd geglo het. Mag jy nou in vrede rus. Sterkte aan sy familie…hulle sal we’ll toegevou word met die Here se liefde!

marista greyling ·

Dit is tragies, absolut tragies! My hart is in n duisend stukke want Rudi het n groot rol in ons skool gespeel!

Die tragedie laat my egter ons veiligheid op die pad bevraagteken, as ons eie metropolisie so onverskillig is. Ek bid dat al die leerders van PNHS sal saam staan en sterk wees!

rina ·

Ons almal weet hoe agresief die metropolisie is en hoe hulle ons as blankes aanrand met die doel om ernstig te beseer en sonder rede laat toesluit net omdat hulle kan. Ek hoop dat hierdie geval behoorlik ondersoek sal word en dat die betrokke metro polisie persoon vir moord om n kind aangekla sal word. Behandel hom asb soos hulle met Oscar Pistorius doen. Ons wil sien wat gebeur tot enduit. Doen ook so met elke plaasmoordenaar. Maak dit publiek. Ons is moeg vir hierdie arogansie waarmee ons as blankes behandel word, doen NOU iets aan die saak

niemand ·

Hou op en trek uit suid afrika uit as jy so voel ons bly in n swart kontinent ek het vir rudi persoonlik geken en ek weet hy sou niemand kwaalik gehou het nie sy tyd was sy tyd of hy nou in sy slaap dood gaan of dood geskiet word al 2 maniere is dood hy is op n beter plek en ek hoop die ou wat hom dood gery het kom jom toe maar het nie ons trap die swart mense uit nie ons noem ons self kinders van God maar ons weet nie eers om lief te he nie julle leer julle kinders om rasiste te wees wat help dit julle moet begin reg lewe of trek uit afrika uit want rasiste piss my lelik af

Magda ·

Ja jou buffel Niemand. Jy beter net hoop dit kom nie iemand na aan jou eendag oor nie. Bid liewers vir die swape wat nie weet wat hulle doen nie.En weet net – ons sal vir jou ook bid. Sterkte aan al die familie en vriende van Rudi. Ons bid vir julle!!

Slim Daan ·

Buffel.
Dis n geruime tyd al dat ek kennis neem van hierdie tendens om eenstrofig n hele essay te verwoord. ( Kyk ook na onder ) Punktuasie en sinkonstruksie is total oorboord gegooi.
PS.
Vermoed die styl en aanwending van “texting” is besig om sy tol te eis. Wil my verder verstout om te se dat die ontneming van teksboeke moes veel vroeer geskied as wat aanvanklik vermoed was?

niemand ·

Buffel jy ken seker nie eers vir Rudi nie ek is en was saam hom in skool ek weet seker nie hoe om te spel of iets nie maar mense wat opmerkings maak van swart mense in n swart kontinent is net nie lekker nie ek ken mnr lettau en ek hoop rerig hy kan rustig word in sy hart maar ek weet rudi sou vir niemand kwaad wees nie

Theuns van Schalkwyk ·

Van uit India sal ek eerstens net met die ouers en almal wat hom geken het sê dankie Vader dat U hom in ons lewens laat verskyn het. Hy is nou weer U sin !

Sal graag wil sien dat daar n behoorlike ondersoek gedoen sal word en dat dit nie net nog n voorval word wat verby gaan met n duisend vrae wat nie beantwoord word nie .

Dankie kan net nie regtig sê wat ek as ouer van kinders kan sê om julle beter kan laat voel nie.Sterkte van bo vir jul hartseer .

Groete T.D. van Schalkwyk

Karlien ·

Elkeen van ons onderwysers sal jou menswees, vriendelikheid en ordentlikheid mis, Rudi. Jou plek is leeg.

Elsa Parkes ·

Baie sad Wil net aan Rudi se ouers se sorg dat daai beampte sy straf kry My skoonseun is nie lank terug ook in motorfiets ongeluk voor Wonderboom junction ook Tshwane emergency voertuig voor hom ingedraai En blykbaar het die een nog geen verklaring afgele Wys net hoe min gee polisie om Ek sal baklei tot hy sy straf het Dis n belofte

eileen jordaan ·

Ja en sal die amptenaar iets oorkom…hy het het moontlik gejaag of roekeloos bestuur….n jong kind se lewe is geneem….hoop die voorval wordvordentlik ondersoek..

Lize Kok ·

Wanneer die Here ‘n kind kom haal, vat Hy absoluut die beste. Rudi, jy is nou veilig – niemand kan jou nou meer seermaak nie. My hart gaan uit aan die’ wat agterbly – God sal julle dra. Ons wou vir Rudi nog vir baie lank by ons hou. Wat ‘n wonderlike kind! Jou enorme impak op ander se lewens sal nooit vergeet word nie.

jonathan ·

Rudi was die best mens wat ek al ontmoet het dit gaan nie die selfde wees sonder hom ni

Anne ·

Niemand jy is so in ‘denial’ jou ame mens skrik wakker hoekom trek jy nie liewer nie, niemand het jy ongevoellige opmerkings nodig nie. Innige meegevoel met die naasbestaandes

Anne ·

Niemand werklik jy is so in ‘denial’ skrik liewer wakker! hoekom trek jy nie liewer nie?! Jou ongevoellige opmerkings is regtig nie nodig nie, so ook jou swak taalgebruik. Innige meegevoel aan Rudi se naasbestaandes

Paul Smith ·

Ouens ons bid vir die veiligheid van ons land se paaie. Ons het ook met die oog op Paasnaweek weer ‘n landswye gebedsuitreik onder die vaand van Highway Prayer Patrol, want ons weet dat God hierdie toestand kan verander wat mense nie kan doen nie.

Ek weet nie wat daar gebeur het nie, maar is baie jammer vir hulle wat agterbly en hoop nie dat Rudi dalk ‘n fout by ‘n stopstraat of robot gemaak het nie, want dan sal die beampte verseker niks oorkom nie.

Magda ·

Aan die Lettau gesin, Juffrou Lettau is ‘n Wonderlike mens, wat altyd uitgaan om vir ander mense iets te doen…. Baie sterkte aan julle as gesin, ons innige meegevoel!

Dwayne ·

Ons almal sal hom baie mis. Ek sukkel nog om dit te aanvaar, want Rudi was regtig ‘n baie goeie voorbeeld vir ons almal. Ons almal is ongelukkig maar die bietjie troosting waaraan ons kan vasklou is dat hy in ‘n plek is waar ons almal baie gelukkig sal wees.

Ons bid maar vir die familie en vriende en vertrou dat Jesus dit met ‘n doel gedoen het.

Santjie Nel ·

Ons innige simpatie aan ouers, familie, vriende en skool. My gebed is dat Ons Here Jesus U sal versterk en vertroos. Ons dra elkeen in gebed. Shalom

chane allen ·

Dia rerig moeilik om so iets te aanvaar hy was so n awesome persoon kan nog steeds nie glo dit het gebeur nie aii rudi ons gaan jou baie mis maar ons weet nou jys in n beter plek in god se hande eendag sal ons jou weer ontmoet sterkte aan sy ouers veral aan mnr lettau dink baie aan jul laat dit goed gaan van chane allen in pretoria noord hoerskool xxxxx….♡

Michke ·

Rudi jy sal verseker gemis word, Niemand sal J♡u plek by die skool inneem ni, Jy is ‘n wonderlikke mensie gewees, gaan wees nou een van die Here se Engele maar weet ons sal J♡u verseker mis. Dit was glad nie nice om dit te hoor nie het ‘n groot impak op my gehaad. ♡

Eileen ·

Dit is ongelooflik hartseer, my seun is in daai skool. En sy hart was baie seer toe hy vrydag aand di nuus gekry het. Baie sterkte aan sy familie en vriende. God is saam julle in di hartseer tyd.

Landi ·

Baie sterkte aan Rudi se familie, vriende, klas en skool maats.Mag die Here Sy Liefdevolle Hande om elkeen van julle hou en julle die nodige vertroosting gee.

Petra ·

Rudi se ouers kan trots voel op die ongelooflike seun wat hulle vir God grootgemaak het. Die gemis kan nie weggewens word nie, en geen woorde gaan in hierdie stadium die seer wegvat nie, maar omdat Rudi lief is vir die Here, en die wedloop enduit voltooi het, is sy beloning groot. Alle eer aan ons hemelse Vader.

Munnik Nel ·

Rudi, ek onthou altyd jou intelegente raaisels en grappies wat jy altyd by die Sondagskool gemaak het. Al is dit 2-3 jaar gelede is dit soos ‘n prentjie in my gedagtes. Hoe jy altyd meer as berydwillig was in die kerk om kaartjies uit te deel vir mense in nood en hoe jy altyd die klank behartig het en soms gou moes voorentoe hardloop om vir dominee te help met die mikrofoon.

In die fleul van jou lewe…. Juffrou Monica en Oom Klaus. Baie sterkte. Ons gebede is met julle.

Groete en medeleie van al die Nelle

Theresa ·

My innige simpatie aan die ouers, familie en vriende van hierdie pragtige seun wat nou weggeruk is. Sy lewe begin behoortlik nou eers.

Ek stem ook saam met die ander kommentaar dat geen haan hierna sal kraai nie. Hulle worry net niks en maak soos hulle wil. Die bestuurder gaan maar normaalweg aan met sy lewe en voel ‘n veer. Sulke sake word in elk geval geswaai om hulle te pas.
As jy my vra het diè nou weer gery en eet of taxi gery met die staatsvoertuig of selfs op sy selfoon gepraat want hulle kan………..

Hoop die Hoërhand deel hier straf uit.

Bets Bothma ·

So jammer dat motoriste GEEN respek het vir n fietsryer, kinders, diere, ens nie! Dis net logies dat jy stadiger ry verby iets/iemand wat jy nie die volgende beweging kan bepaal nie en dan is dit altyd met tragiese gevolge! So jammer! My innige simpatie, so jonk! Respek – sal so baie tragedies voorkom!

Leandri ·

*Niemand*
Wie Okal jy is ek was saam hom op sool ek het klas ge kry by sy pa in gr 9 ek het soveel respek vir hulle almal en ja jy is reggies Rudi sou vir niemand kwaad wees nie * AMEN *
R.I.P jou AMAZING mens Rudi! You will be missed!*

annica ·

Rudi was n getrou man en bja reg uit met n mens het bja respek gehaat vir die here maar ja dit is so ek geleer is die here kom haal eers die mooi. Blommetjie hy is op n beter plek nu ek kan nie dink dat hy so wou dood gaan nie hoop die ou wat dit gedoen het gaan sit in die tronk ons gaan hom bja miss

Maryke Myburgh ·

As oudleerling van Hoërskool Pretoria-Noord wat vir Rudi ontgroen het, kan ek met alle eerlikheid sê dat hy ‘n pragtige mens was. Hy was altyd vriendelik en het altyd omgegee vir sy medemens. Rudi, ons almal weet jy is nou by ons Hemelse Vader. Hy sal jou familie en vriende wat agter bly op Sy hande dra en troos in hul hartseer en verlange. Sterkte aan die Lattau-familie in dié tyd! Onthou net: Die Here vat ‘n mens se gebroke hart en maak later ‘n pragtige mosaik daarvan.

Joel ·

Sterkte aan die familie, en skool vriende. Julle sal bemoediging ontvang van die gewer van alles – Jesus ons Koning

Magda ·

Hoekom laat julle die rasistiese aanmerkings van Niemand toe? Dis so onnodig.

anton wheeler ·

Ek wil graag weet waar kan ek aansoek doen vir werk,ek het kode 14 en kan amper als doen

norman moolman ·

Dit is baie hartseer wat in ons land gebeur. Ons ouer mense word op hul plase afgemaai deur opgesweepte jeugdiges en in die stede ons jeug deur onverantwoordelike regerings amptenare! Al doen en sê ons wat. Niks sal gebeur nie. So word ons volk afgemaai!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.