Onderhoud: Ontduikers, wanbetalers gaan les opsê

Argieffoto

Ontduikers of wanbetalers van kinderonderhoud gaan van vandag af les opsê met die inwerkingtreding van sekere artikels van die Wysigingswet op Onderhoud.

Vanaf 5 Januarie 2018 tree artikels 2, 11 en 13(b) van die wet in werking, waarvolgens ontduikers of wanbetalers se persoonlike inligting aan kredietburo’s verskaf word en hulle op die swartlys geplaas kan word.

Adv. Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die departement van justisie en korrektiewe dienste, het gesê dit kan nadelige gevolge vir hul kredietrekord inhou en selfs tot gevolg hê dat krediet aan hulle geweier word.

Volgens Mhaga maak artikel 2 van die wysigingswet voorsiening vir ʼn hofbevel waarvolgens selfoondiensverskaffers, soos Vodacom, MTN, Cell C of Telkom, verplig is om kontakinligting van ontduikers of wanbetalers te verskaf indien hulle nie opgespoor kan word nie.

“Die koste om die inligting van die selfoondiensverskaffers te kry sal deur die staat betaal word indien die klaer dit nie kan bekostig nie. Die hof kan ook die ontduiker of wanbetaler beveel om die staat terug te betaal.” Volgens Mhaga sal die wysiging aan die wet help om ontduikers of wanbetalers wat alles in hul mag doen om hul verpligtinge te ontduik op te spoor.

Mhaga het gesê die departement is daartoe verbind om te verseker dat die onderhoudstelsel die behoeftes van kinders wat geraak word eerste stel. “Hierdie nuwe bepalings vorm deel van ʼn wyer verskeidenheid maatreëls wat deur die departement ingestel is om werklike verandering in dienslewering aan onderhoudsbegunstigdes teweeg te bring en toegang tot geregtigheid vir almal, veral kinders en vroue, te verseker.”

Pres. Jacob Zuma het reeds in 2015 die Wysigingswet op Onderhoud onderteken. Die proklamasie oor die wysigingswet (9/2015) het op 21 Desember in die Staatskoerant verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Caren ·

Seeing is believing. …ek kon in al die jate nie reg kom daar is n lasbrief vir my eksman maar niks word gedoen nie….ek het 18 jaar 3 kinders grootgemaak..soms jellie oggend..middag en as aandete vir my kinders gegee omdat dit al was wat daar was……kom ons kyk of ek iets gaan kry…..

Selma ·

Wat help dit die siel word op swartlys gesit? Hul moet betaal… en as hul hul werk bedank om onderhoud te ontduik (soos in my geval) moet hy toegesluit word en familie lede moet opdok dan. Ugh dit maak my so vies want die vente kom net weg met dit. ek dink die is n slegte plan. swartlys gaan niks help

Lynette Higley ·

Ek is baie bly om hierdie nuus te lees. Dis hoogtyd. Hoop net hulle stel dit suksesvol in werking.

JA WOHL ·

Ons sal dit maar eers moet sien. Waar die ‘staat’ aanbied om iets te betaal is daar altyd moeilikheid. Tweedens word daar in baie kulture gedreig om die kinders te vermoor in plaas van om onderhoud te betaal, so sterkte met julle goeie voornemens. Net so graag soos ek julle wil glo WEET ek dit gaan nie uitgevoer word nie. EK gun elke ma of pa wat moet onderhoud ontvang die onderhoud van die ander party, maar met of sonder die staat se hulp bly dit maar ‘n uitdaging.

Louisa ·

My kinders se pa betaal nou al vanaf 2015 nie onderhoud nie, omdat hy nie werk nie, ek was nou al by die hof en hul doen net niks. Ek het hom nog nooit geweier om my kinders te sien nie. die gereg is pateties, ek sukkel om vir my kinders te sorg en skool gelde te betaal en hy kry net die lekker daarvan

Worsie ·

Sien hoe kom die FICA wet nou op spel hier… Jou “private inlugting” is nou nie meer so “privaat” nie…

E.K. die eerste ·

Ek sien dan gereeld advertensies hoe om jou naam van die swartlys af te kry. So hoe werk dit dan? Ek hoop regtig manne besef hulle “spite” niemand deur wan- of nie-betaling want dis hul eie kind/ers wat ly. Hulle behoort hulself te skaam.

Lientjie ·

Dis net ‘n geld maak storie, want hulle kan die persoon help, maar dan moet jy eers die uitstaande gelde betaal, en dan help hulle jou om jou naam van ITC af te haal. Soos reeds hierbo genoem dan wonder ek hoekom is die baaaaie streng FICA wet daar om privaat inligting te beskem. Dis goed en wel om die wanbetalers te swartlys, maar die dag wanneer een van die wanbetalers genader word om vir ‘n kind te help om ‘n kar of iets te koop gaan dit nie gebeur nie, want die persoon is gelys op ITC en geen van ons 4 banke stel belang om enige besigheid met ‘n klient te doen wanneer hulle op ITC is. Dit is blykbaar ‘n lang proses om jou van ITC af te kry, en dit kos ‘n pophuis vol geld. Hoe die staat gaan betaal om al die inligting te kry is natuurlik ‘n ander storie, want hulle self is wanbetalers. Daar is baie “back yard” instansies wat nie die simkaarte FICA nie. So sterkte aan die staat.

Madelein ·

Weet nie of dit gaan werk nie…My ex betaal al vir n jaar lank nie onderhoud nie…geen skoolfonds nie…en kom niks na van die hofbevel nie…Ek het onderhoudshof benader in February 17…Ek wag nou nog vir hofbevel om uit te gaan. Hoe gaan hulle mense wat onderhoud nie betaal op skroef as die hof mense nie eens hulle werk doen nie?

Elsie ·

ek wens dit was waar…maar ek weet uit ondervinding dat daar ni iets soos geregtigheid is nie….my seun is 15…sy pa het 9 jaar niks betaal….n jaar in hof gestaan….niks het gebeur…nou betaal hy R1000 n maand wat ni eers n kwart van sy skool kostes dek nie

Madeleine ·

Weet nie of dit gaan werk nie, want baie sulke persone is alreeds op die swartlys. Dalk moet die staat eerder hul werkgewers verplig om ‘n garnishee order teen hul salarisse te sit. Dan wens ek ook die ouers wat so baklei daaroor wil hul kinders eerste stel. Die ouer wat onderhoud betaal, moet betaal, en die ander ouer moet ophou dink dat die ander ouer betaal om hul kinders te mag sien. Dit is irrelevant. Tree in jou kind se beste belang op en laat hom toe om sy ouer te sien soveel as wat hy (die kind) wil, en hou ook asb in hemelsnaam op om die nie-betalende ouer swart te smeer in geselskap of sosiale media, waar jy kind of sy maatjies en hul ouers, die goed kan lees. Wat mense nie besef nie, is dat jou kind sleg en verantwoordelik voel, wanneer sy ouer sleg gesê word. Hy word indirek aangeval, maak nie saak wat jou kind vir jou sê nie. As jy lief is vir jou kind, plaas sy gevoelens eerste, nie jou behoefte om te ‘vent’ nie. Maak my siek!!!

STEM NIE ·

As jy lief is vir jou kind BETAAL onderhoud sodat die ander ouer nie alleen hoef te sorg nie. EK dink sommige ouers hou uit radeloosheid (omdat hulle geen finansiele hulp ontvang nie) die kinders van die NIE BETALER af weg om hom of haar te dwing om te betaal. As jy lief genoeg is vir jou kind SAL jy betaal sodat hy of sy versorg kan word. Hoekom moet een ouer altyd met die probleme en finansiele probleme opgeskeep sit? A NEE A, as jy nie betaal nie, wie moet vir jou kinders betaal? As jy betaal, dan kan jy deel wees, andersins moet jy maar wag tot jy kan betaal om hulle te sien .. help nie jy lieg vir die kinders en vertel watter wonderlike pa of ma hy het wat NIE WIL BETAAL NIE. Sorg vir jou kinders .. !!

Hans ·

Madeleine jy het dit mooi gestel, ek voel die selfde. Ek is wel nie geskei nie en is nie in daardie bootjie. Ek was wel vir n lang tyd enkel ouer weens my vrou se afsterwe. Weet jul wil vent so doen dit waar die kids dit nie kan hoor nie, moet ok nie vir die kids hoe sleg die af dai is nie, en dat sy/haar skuld is omdat jy nie dit of dat kan doen nie. Ek het vriende wat geskei het en dit was en is seer sekerlik nog die maklikste en beste skei saak wat ek van weet. Die kinders ly glad nie daar onder dat hul ouers geskei is nie. Hul praat mekaar ook nie sleg nie. Dit is die groot mense wat nie van mekaar meer hou nie so los die kids uit jul baklei uit.

Marthina ·

Ek stem volkome saam met alles wat jy hier sê. My eks n n baie goeie werk by FNB hy sit in n bestuurspos maar wanbetaal. Hy leef hy baie hoë leefstyl maar verwag sy kinders moet minder as min tevrede wees. Baie pa’s baklei om hulle kinders te wil sien. Wel myne baklei om nie sy kinders te wil sien nie en ook nie hulle te gee wat hulle toekom nie. Ek sukkel nou al meer as 3 jaar dat hy moet reg betaal, die hof het na 3 jaar sy aansoek om vermindering afgekeur maar nogsteeds betaal hy nie reg nie en kom weg daarmee. Ek is nou al verby keelvol vir dit. As ek kon sou ek alleen sorg vir hulle maar kinders is duur. Ons het saam besluit om hulle te wil hê, hulle het nie gevra om daar te wees nie so ek voel ons moet vir hulle twee sorg na die beste van ons vermoë. My salaris gaan elke maand net so in hulle tweetjies in en hy lewe net lekker saam met sy nuwe vrou. Ek gee nie om hy is weer getroud nie maar moenie ten koste van jou kinders vir jouself n hoë lewe wil hê nie en jou kinders kry swaar.

Anle de villiers ·

Alles goed en wel maar dit gaan niemamd help as die so called pa bealuit hy sal nie werk nie en ook nie n selfoon bekostig nie en bly op straat. Die howe maak nog steeds die ma n adress verskao voor hulle enigsins belangstel om due man te gaan soek en te laat beboet. As die howe hoor hy werk nie. Dan word daar vir die ma gese. Hybwerk nie so hy kan nie betaal nie. En die ma moet maar aan sukkel vir jare sonder enige hulo van die pa. En snaaks genoeg. Daai het gehelp om daai kinders te maak. Maar verkies om weg te hardkoop en die ma sit met kinders groot maak ongeag van haar situasie. ons gereg is onregverdig.

Elizabeth de Wet ·

Lyk my die pa’s word altyd uitgesonderd, wat van die ma’s wie nie onderhoud betaal vir hulle kinders nie?

Bianca ·

Absoluut, ons maak twee dogters groot, een is nie eens een van ons twee se kinders nie maar die half sussie van my verloofde se dogter. Sy bly al amper 4 jaar by ons. Die ma het nog nooit een sent / potlood / boek / kleding bygedra for enige een van haar twee dogters nie. Ewe skielik het sy êrens geld gekry en kon toe die een se skoolgeld vir ‘n jaar vooruit betaal (altwee woon privaat skole by). Die bedrag wat sy oorspronklik gesê het sy het vs bedrag wat vooruitbetaalde skoolgeld was is omtrent R20,000 verskil. Sy het niks vir haar ander dogter bygedra nie en wil nou nie eens die ander een se handleidings en skryfbehoeftes koop nie, net twee hemde. Is al by 3 prokereurs, 3 maatskaplike werksters (een forensies) en absoluut geen vordering al kon maak nie. Sulke ouers het heeltemal teveel regte al kom hulle geen verantwoordelikhede na nie…

Douglas ·

So nog regte vir die eiser/eiseres, maar as die ander party nie sy/haar kind sien soos deur ‘n hofbevel bepaal, kan hulle nog steeds geen hulp van die staat verwag nie. Maar soos genome seeing is believing om te sien of hierdie gaan help, veral met die mense wat nog nooit iets gekry het nie.

Lola ·

My kind se pa het R2000.00 betaal vir 3 jaar en toe vir 2 jaar R2500.00 en toe trou hy met hierdie pregnant poppie wat amper onmiddelik weer swanger raak en daar is die onderhoud ook nou daarmee heen want in sy eie ma se woord “Ag, jy weet mos maar dis hoe die lewe werk ” Ek het mos al daai geld in my eie sak gedruk en die feetjies het betaal vir my kind se kos en klere en skool en buitemuurse aktiwiteite en swemlesse en klavierlesse (totaal en al mos nou ook nie nodig nie) en dit kan glad nie SOVEEL geld kos ‘n maand nie!!!

M ·

Sjoe Lola… klink amper soos my storie… alle buitemuurs is mos onnodig en kos geld… en ek gebruik die R2000 per kind vir luxuries en drank vir myself… dit klink so bekend!!!

INA ·

Dit moet gesien word om waar te wees….. ek weet van n pa wat net besluit om minder te betaal maar black list gaan niks help nie want niks word op sy naam gedoen nie alles op n ander so leef hy luuks maar niks word ondersoek nie net hy is werkloos en kannie bekositig nie maar ten tyde van verjaersdae end Kersfees is die geskenke soveel groter as wat normale poersone kan bekostig ….nou ja die howe word ook so gou omgepraat sal maar net moet sien

Jef ·

Om n gesin te begin is mos n beslissing wat man en vrou saam doen en as die ouers uitmekaar gaan, moet beide ouers dan nie ieders die helfte betaal vir die opvoeding van hul kinders nie of kom die algehele kostes geheel op die man of anders om?

Hilton ·

As die kinders by die ma bly, wie betaal vir die huur, water en elektrisiteit, kos, skool klere, skool geld, skryfbehoeftes, sport klere, skool toere, buite muurse aktiwieteite, klere vir die huis, dees dae is dit elke tweede week n skool taak, snoepie geld, sell -fone, Wi-Fi, Dstv, x-box game of twee elke jaar, verjaardag geskenke, kers geskenke, dokters onkostes, tandarts, medisyne, n swiet hier of daar… Ek is seker as dit op n sent vir sent basis vergelyk gaan word, kom die 99% van die tyd selgter af. Dan praat ons nie eers van al die tyd wat sy moet insit om die kinders te verhoed om uit mekaar uit te val weens die nuwe aanpassing as hul drome eweskeilik in skerwe le…

Eldene ·

It does not matter what law get made. Its all about the following through with it and the enforcement and not to mention the actual man power. Been there done it, got no freaken help.

Lee-AnnKie ·

En wat van die wat klaar op die swartlys is? Wat nie skrik daarvoor nie? Ons regstelsel faal so baie kinders, ma’s en pa’s. Ekt letterlik my eksman se fisiese adres gegee nadat n lasbrief uitgereik is toe hy nie opdaag by hof nie. Volg op 2 maande later en kry n “vreeslike hulpvaardige” dame op die foon, (kamstige maintenance warrant officer), wat vir my sé: “uuh, yes…. the warrant expires after 2 months”. Ekt amper van my stoel afgeval. Wat beteken ek moet nou wéér n volle dag by die onderhoudshof spandeer om hierdie hele proses van vooraf te begin.

Nella ·

Dit gaan net mooi niks help nie. My ex is al vir jare lank op daai swart lys.
Hy het sy werk gelos sodat hy nie onderhoud hoef te betaal nie. Lewe op ander mense se nekke.

Wat sal help is as die staat liewers vir enkel ouers n belastingaftrekings gee op sekere uitgawes. Veral skoolfonds.

Simone ·

Ek self is nou besig met n onderhoud geding – die beste is om ‘n prokureur te kry om jou te verteenwoordig. Iemand wat spesialiseer in Familiereg. Iemand wat die Howe kan roer as hulle sloer en nie doen wat hulle moet nie. Dis n tawwe paaitjie om te stap. Pak die bul by die horings en gaan veg wat reg is vir jou kinders. MOET NOOIT MOET OPGEE NIE – hou moed! Die kan help -veral die ouers wat so verdwyn. Net om hulle op te spoor gaan amazing wees – dan kan jul ten minste begin met stappe! Sterkte aan iedere en elke!

Angie ·

My ex is klaar op die swartlys, daag nie op vir hofsake nie en elke keer as hy sien ek soek hom in die hof los hy sy werk en ek kan niks doen omtrent die 25 000 wat hy agter is nie.. elke hogsaak wat hy nie opdaag nie word die saak uitgegooi en ek moet oor aansoek doen.. daar is niks wat mens aan hulle kan doen nie niks.. so dit help nie hulle probeer fancy wette inbring nie plaas laat hulle die wat agter is in die tronk sit.

Marie ·

Waar gee jy aan laat die man nie gereeld sy onderhou betaal nie want as hy dink die maand het hy nie geld nie dan los hy dit vir so. 3 maande betaal weer n bietjie dan weer los hy so hoe kan mens n kind daarmee versorg hy wil nie die kind he nie maar sy nuwe vrou en kind lewe soos konings

E.K. die eerste ·

Maak my hartseer om hier te lees hoevele mense sukkel dat die pa, om dit so te stel, PA staan vir sy kinders. Ek sien nie dat hierdie gaan werk nie, ek lees dan hoeveel is op swartlys en dit help nie en soos ek genoem het boontoe daar is altyd dan advertensies hoe om van swartlys af te kom! Al wat ek kan sê die wiel draai “manne”. Ek hoop die arme ma’s wat so sukkel leer hul seuns (as hul het) hoe om ‘n ordentlike en eerbare MAN eendag te wees.

Regverdig ·

Kinders is albei ouers se verantwoordelikheid. Ek persoonlik voel die kinders se uitgawes moet in 2 verdeel word. Elke ouer het mos 50% aandeel ongeag wat hulle inkomste is. Hoe daai ouer dan daai gedeelte betaal is sy probleem. Hoekom moet die ouer wat toesig het altyd alleen al die kostes self betaal. Hoekom moet ñ hof in elk geval vir ñ ouer sê om onderhoud te betaal. Skaam julle ouers wat nie betaal nie. Al wie daaronder lei is die kinders. Wanbetalers moet onmiddelik tronkstraf kry. Glo my hulle sal dan vinnig plan maak om werk te soek of geld in die hande te kry om hulle pligte na te kom.

Zee ·

As hy reeds op die swartlys is gaan dit hom nie veel pla nie..Wonder wat die volgende stap Dan is.

Ek wens ·

Geen hof vir kinders eerste te stel nie. Nie snaaks te wees nie ek al als probeer daar is n wet maar dis aan die man se kant. Ek al op gegee my ex kom elke keer weg in die hof. Daar is ni n wet nie. Hy by nuwe vrou en ek en sy kids moet maar net sukel. Hy steek net als weg beste van als hy het nie baie huisgawes nie. Ek beruit om die wet te betaal die dag as dit my kinders kan help en nie hom om weg te kom met als nie. As dit net so was soos sie wet se. Ek wil net kids versorg nie my self nie. Ek kry 500 n maand sy selaris is selde as myne. Ek moet medies en die res betaal . R500 per kind is nie eers bood en melk geld vir die maand vir kinders nie . Fan is hy nog 25000 agterstalig en3 jaar lank werk en vrygespreek gewees van onder houd en ek kan dit bewys hof wil nie eers kyk daar na nie. Moeseloos verby . Die hof is vir hom nie vir die kids nie. Sorry maar dit werk nie ek het al als getray . Nie eers prok kry dit reg nie en daar is genoeg bewyse. Ek wens ek kan net iewer iemant kry wat my kan help met die hof dis net baie onregverdig teenoor kids

Lee-Ann ·

Wonder of hulle ook moeite gaan doen met ‘n pappa wat nog nooit ooit enige geld vir 15 jr betaal het nie. Die onderhoudshof doen regtig niks hoor! Oh madam we cannot get hold of the maintenance inspector is wat groot mevrou jaar vir jaar kan sé. So dit help nie dit wat wet is word implimenteer maar die goggatjies agter die toonbanke weet nie hoe om hul werk te doen nie!!

Koeksuster ·

Ek verwelkom die wet ten volle en ek hoop dit word baie gou baie suksesvol. Dit is so maklik vir die ander party om net weg te loop van hulle verpligtinge. As ek n minimum loon moet betaal hoe kan onderhoud nie ook n minimum hê nie?

Hoekom maak die wet nie voorsiening dat wanneer n man en n vrou skei en hulle het kinders aangeneem of in pleegsorg dat daar nie onderhoud hoef betaal te word nie. Dit is mos steeds n “joint effort” gewees.

Christa ·

Die howe her alreeds the min werkers. Dit neem hulle tot 6 maande vir ‘ n lasbrief. Ek hoop met die nuwe wet sal dinge better gaan. Dit sal tot Groot voordeel vir kleinseun sees.

JC ·

Ek sien die mammas wat swaar kry se punt in, wat van die pappas wat getrou betaal en in die ma se oë is dit temon want hulle soek R2500 plus per maand, plus medies en klere ens, ry nie 1km agter pappa aan nie want hy is mos ryk……maar altwee my kids se mammas bedabk hulle werke en le vir paar maande by die huis en vat dan vakansies op bootreise ens. As hulle weer begin werk dan vat hulle werke wat minder en minder betaal en dan word die verantwoordelikheid op pappa geplaas omdat mamma lui is……ek weet nie wat is reg of verkeerd nie maar ek betaal getrou en soveel ek kan want dis my twee oogappeltjies……al sit ek aande om en huil oor ek weke laas met hulle op telefoon kon praat want mamma ignoreer net my opriepe

Cecelia ·

Hy ek wens net 2500 n maand . Ek lo daar is mammas wat dit uit beid. Dan is dit maklik die pa moet net se hy sal die kids vat. Ek sal voor stel voor hof moet 50/50 gaan volgens selaris skaal. En as as dit nie oor een kom nie maar die amder een tronk toe gaan want daai wet gaan niks help ni

Elize ·

Ek en my ex al van 2015 uit mekaar geen onderhoud vir ‘n jaar en toe R1000.00 per kind het 2 kinders en ooreenkoms was hy sal medies uit haal en helfde op dokters ens betaal.. Gaan goed die eerste ruk.. Hy het by sy ma hulle gebly geen uitgawes gehad nie soos huur ens nie.. Maar sal nie moeite doen en ektra betaal of vir hulle klere of iets gaan koop nie.. En as hy kom kuier meskien 3of 4keer ‘n jaar dan kuier hy by hul net vir ‘n uur dan ry hy weer sal nie moeite doen om hul te vat vir klere nie nee belowe hy sal geld in betaal vir klere maar niks gebeur.. Maak lee beloftes wat die kinders benadeel.. So hoekom moet ons altyd daar onder lei was vir 9jaar getroud ons eie besigheid gehad wat hy onder laat gaan het en ek mag nooit ander werk gesoek het ni want ‘n vrou se plek is mos by die huis … So nou moet ek sukkel om werk te kry wat skaars is… Nie alle mammas is lui nie dis net mens kry nie werk nie.. Pa het lekker en geen warries

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.