Onderhoude vir nuwe SAUK-raad begin

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Onderhoude met die 35 voornemende raadslede van die SAUK het Woensdagoggend begin.

Dié onderhoude sal deur LP’s van verskillende politieke partye gevoer word wat op die parlementêre portefeuljekomitee vir kommunikasie dien.

ʼn Kortlys van 36 kandidate vir die nuwe raad is op 20 Augustus bekend gemaak nadat die komitee oor dié lys name ooreengekom het. Humphrey Maxegwana, voorsitter van die komitee, het egter bevestig dat Yaasir Haffejee homself intussen weens “persoonlike redes” aan die proses onttrek het.

Maroela Media het vroeër berig altesaam 15 name het op meer as een politieke party se lys voorgekom. Die komitee het daarna ooreengekom dat die ANC nog agt name uit die lys van 363 aansoeke kan kies, die DA vyf , die EFF twee en die kleiner partye elk een naam.

LP’s het ooreengekom dat die tussentydse raadslede – die voorsitter Khanyisile Kweyama, die adjunk Mathatha Tsedu, asook Febe Potgieter Gqubule, Krish Naidoo en John Mattison – ook ingesluit word.

Dié huidige tussentydse raad se termyn verstryk op 26 September. Hulle is aangestel nadat ʼn parlementêre komitee van ondersoek die vorige raad ontbind het ná bevindings van onder meer wanbestuur, onreëlmatige besteding en probleme met redaksionele beleid. ʼn Permanente raad moet egter aangestel word voordat dié tussentydse raad se termyn verstryk.

Al die voornemende raadslede se CV’s is op die amptelike regeringswebwerf geplaas. Lede van die publiek kon tot Dinsdagaand daarop kommentaar lewer.

Afgesien van die tussentydse raadslede is die ander kandidate:

– Nomvuyiso Batyi
– Rachel Kalidass
– Thabiso Ramotso
– Kharidzha Dzuguda Rufus
– Michael Markowitz
– Willie Currie
– Deenadaylen Konar
– Harriet Meier
– Dawn Earp
– Michael Bauer
– Chris Greenland
– Desmond Golding
– Mathumo Manaka
– Victor Rambau
– Tshifhiwa Khoromba
– Mcebo Khumalo
– Seipati Khumalo
– Thidzimba Nethengwe
– Cikizwa Dingi
– Louise Vale
– Kwanele Gumbi
– Jack Devnarian
– Bongumusa Makhatini
– Nkosana Mbokane
– Michael Sass
– Jim Matsho
– Jack Phahlane
– Dinkanyane Mohuba
– Leanne Govindsamy
– Sandile Kama

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hendrik ·

Kan sien hoe kwyl die klompie op die lys…kan nie wag om hulself wettiglik ryk te steel nie! Ek gee nie regtig om nie…ek betaal nie n TV lisensie nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.