Onderhoude vir SAUK-raad afgehandel

Argieffoto

Die parlement se portefeuljekomitee vir kommunikasie sal Dinsdag hul voorkeurkandidate aankondig om in die raad van die SAUK te dien.

Humphrey Maxegwana, voorsitter van die komitee, het Vrydag gesê die komitee het ʼn moeilike taak wat voorlê. “Ons sal die 12 name Dinsdagoggend finaliseer. Teen Dinsdagmiddag sal ons ons keuse aan die Nasionale Vergadering moet voorlê, so LP’s het werk om te doen.”

LP’s het van Woensdag tot Vrydag ure lank onderhoude met 35 kandidate gevoer wat op die kortlys geplaas is. Die LP’s het die kandidate behoorlik ondervra oor hul begrip van uitsaai- en verwante wetgewing, planne om die finansiële krisis by die SAUK om te keer en of hulle sal kan nee sê aan mense wat politieke invloed op die openbare uitsaaier probeer afdwing.

Kandidate het uiteenlopende sienings gehad, waaronder dat TV-lisensiefooie afgeskaf moet word en die regering 75% van die SAUK se finansiering moet bydra, terwyl die oorblywende 25% uit advertensies geïn word. Van die tydelike raadslede wat ook aansoek om die nuwe raad gedoen het, meen sonder ʼn regeringswaarborg sal die SAUK nie oorleef nie.

LP’s was baie streng met kandidate, wat soms tot woordewisselings tussen ANC-LP’s en opposisie-LP’s oor hul gunstelingkandidate gelei het, maar hulle was grootliks beleefd met mekaar tydens die onderhoudproses.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hendrik ·

Nee wat, dis maklik! Net dié met sterk Zupta bande kwalifiseer! Afgehandel! Ons wens die nuwe raad n geseende tyd van fluks steel, met nuwe hoogtes van korrupsie en liegstories opdis!

Ekke ·

My man is 4 jaar gelede oorlede. Ek gebruik nog sy selfoon soms – vodacom. My man het nooit tv lisensie op sy naam gehad. Daar kom nou gereeld sms hy moet tv lisensie betaal. Waar kry hle di no. ……….
Pay as u go.

Johanna Botha ·

Gaan nie lesensie betaal vir die gemors nie … bewys maar eers dit werk voor ek weer betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.