Ondernemer skend glo lyk om in kis te pas

Argieffoto

Argieffoto

Ronel Mostert, ʼn begrafnisondernemer van Siyakubonga Funerals in Grahamstad in die Oos-Kaap, word strafregtelik vervolg nadat sy glo die liggaam van ʼn lang man se bene afgesny het sodat hy in sy kis kon pas.

Kaptein Mali Govender, ʼn woordvoerder van die polisie, het Donderdag aan Maroela Media gesê Mostert het reeds in Mei in die hof verskyn en die saak is tot 27 Junie uitgestel.

“Die polisie ondersoek ʼn saak van lykskending,” het Govender gesê. Die saak is reeds in Oktober verlede jaar aanhangig gemaak nadat die liggaam van Thamsanqa Tshali (31) deur die polisie opgegrawe is toe beweringe, dat sy liggaam geskend is, aan die lig gekom het.

“Mostert het glo haar werkers opdrag gegee om sy bene af te sny omdat hy te lank was om in sy kis te pas,” het Govender bygevoeg. “Die werkers het die saak by die polisie aangemeld nadat daar glo ʼn dispuut tussen hulle en hul werkgewer ontstaan het.”

Die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Theresa ·

Goeie hemel – Het die Ronel nou al haar varkies verloor………?????

LvR ·

Eish…!!! Dis mos maar net business…. Die lyk voel mos niks nie !
SIEK VROU

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.