Onderonsie lei tot albei bure se dood

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

Die polisie ondersoek ’n voorval waarin twee buurmanne, wat ook glo vriende was, dood is nadat hulle mekaar te lyf gegaan het.

Volgens brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, het die 41-jarige buurman Maandagoggend met sy 31-jarige buurman in Boschfontein, naby Komatipoort, Mpumalanga, baklei wat toe uitgeloop het op hulle dood.

“Die polisie het ʼn oproep van die plaaslike hospitaal ontvang dat twee mans, een met kneusplekke aan sy gesig, gebreekte kakebeen en hand, en die ander een – wat met ʼn byl op sy kop gekap is – aan hul beserings beswyk het,” bevestig Mohlala.

“By die polisie se aankoms op die hospitaal is vasgestel dat die slagoffers bure, sowel as vriende, was wat in Boschfontein gewoon het.”

Die polisie het ’n ondersoek van stapel gestuur om vas te stel wat tot die bakleiery aanleiding gegee het.

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale polisiekommissaris in Mpumalanga, het die voorval veroordeel en ’n beroep op die gemeenskap gedoen om hulle van gewelddadige gedrag te weerhou.

“Moet nie geweld as ’n opsie oorweeg nie, veral nie tussen vriende of bure wat verskille ervaar nie,” sê het Manamela gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jr ·

Daar is n Engelse gedig deur Robert Frost wat sê
“HIGH FENCES MAKE GOOD NEIGHBOURS”

SjN ·

Wonder waaroor was die onderonsie, seker een of ander euwel, kan dink wat jy wil maar se wat jy wil nie?

Niklaas ·

Die rede vir die geveg is nie bekend nie. Maar dit was sekerlik nie oor grassnyer geraas nie

Swerwer ·

“Moenie geweld as ‘n opsie oorweeg nie”……………………..genade dit is al wat hul ken want die regering stel die voorbeeld.

Corne ·

Jy weet, dit is altyd vir my so koddig, die laaste 2 paragrawe, natuurlik veroordeel hulle die voorval en dan kom die stukkie raad.

Ag dankie, Lt.genl. Manamela, nou weet ek ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.