Onderrig by Hoërskool Jan Viljoen voorlopig aanlyn

Gemoedere by die skool het die afgelope paar dae hoog geloop weens bewerings van rassisme. (Foto: Douglas Ngobeni/Facebook)

Klasse by Hoërskool Jan Viljoen in Randfontein sal voorlopig aanlyn plaasvind terwyl ʼn ondersoek na beweerde rassisme by die skool gedoen word.

Tientalle mense het Maandagoggend na die skool opgeruk nadat ʼn bakleiery tussen leerders, een wit en een swart, Vrydag uitgebreek het. Die voorval was na bewering rasgedrewe.

Die departement van onderwys gaan ook ʼn diversiteitsbestuursprogram by die skool in werking stel om met die transformasieproses te help.

“Daar moet ontslae geraak word van rassisme en enige vorm van diskriminasie. Die voorval by die skool is ʼn weerspieëling van diepgesetelde rassistiese houdings in ons skole en gemeenskap. Ons moet die geleentheid gebruik om te verseker die skool is ten volle getransformeer en is ʼn veilige en verwelkomende ruimte vir almal, ongeag hul ras, klas of geloof,” Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng.

Die oproer het later na sommige strate om die skool versprei waar buitebande aan die brand gesteek is. (Foto: Douglas Ngobeni/Facebook)

Lesufi het die skool vroeër vandag besoek en onder meer met die beheerliggaam, die skool se bestuurspan, ouers en onderwysers vergader. Daar sal ook Donderdag weer met ouers vergader word.

Lesufi het onderneem dat alle beskikbare bewyse aan die polisie oorhandig sal word, terwyl die Menseregtekommissie gevra sal word om ʼn ondersoek na die bewerings van rassisme by die skool te behartig.

Gemoedere by die skool het hoog geloop en in ʼn stadium moes die polisie ʼn waterkanon en skokgranate inspan om die situasie in bedwang te hou.

Leerders betoog Maandag buite die Hoërskool Jan Vijoen op Randfontein teen beweerde rassisme. (Foto: Pan Africano/Twitter)

Die skool se beheerliggaam gaan voort met sy ondersoek teen die beweerde oortreders, terwyl die polisie altesame vier sake by die skool sal ondersoek en dit dan aan die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) vir ʼn beslissing sal oorhandig.

ʼn Onderwyser wat deur leerlinge van seksuele teistering beskuldig is, sal voorlopig geskors word, terwyl die departement van maatskaplike ontwikkeling ʼn ondersoek na die bewerings van stapel sal stuur.

Die LUR het mense ook gevra om nie geweld aan te hits nie. Hy het vroeër vanoggend gesê swart leerders kan nie soos “stiefkinders” behandel word nie en dat kinders nie bang moet wees om die skool by te woon nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
JohanR

Toe ek jonk was het ek gelees was kommuniste brain washing. Is hierdie nie brainwashing nie?

Misky

Ag asseblief en soos gewoonlik word die hele ding uit perspektief geruk. Hulle is die aanstokers en bakleieriges, daai een dogter se bord spreek vanself.

Herms

Die MENSE kort sielkundige hulp om oor hulle verlede te kom.

casper

Weereens in ‘n oorwegend blanke afrikaans sprekende skool onder aanval van die regering en die EFF kaders !!!
Ons moet begin veg waarvoor ons glo !!!!

Madelein

In die eerste foto in berig is die skoolkinders se skooltruie groen. In die laaste foto is die skooltruie rooi?? Is die foto’s van twee verskillende skole?