Ondersoek afgehandel ná weermaglid glo Pta-vrou skiet

Carine van Staden en Johan Harmse. Foto: Via Facebook

Die polisie se ondersoek is afgehandel in ʼn saak van poging tot moord wat spruit uit ʼn voorval byna twee weke gelede waarin ʼn weermaglid Carine van Staden (28), ʼn inwoner van Pretoria, glo ten aanskoue van haar verloofde en motoriste in haar bors geskiet het.

Ao. Johan van Dyk, woordvoerder van die Sinoville-polisiestasie, het Woensdag aan Maroela Media bevestig al die nodige verklarings is van getuies geneem en die volledige dossier is tans by die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) vir beslissing. Die weermaglid is nog nie in hegtenis geneem nie.

Maroela Media het vroeër berig Van Staden en haar verloofde, Johan Harmse (29), was op 10 Augustus omstreeks 18:00 van Daspoort op Harmse se BMW-motorfiets op pad na vriende in Montana toe ʼn amptelike weermagvoertuig hulle naby Wonderboom Junction skrams getref het.

“Die voertuig, ʼn wit Audi, het weermagnommerplate gehad en ons het vasgestel die jong man wat dit bestuur het, is glo ʼn drywer vir een van die generaals,” het Van Staden se pa, Johan van Staden, vroeër gesê. “Die man het die motorfiets se voetrus getref waarop Carine se voete was en hy het toe net weggejaag,” het hy gesê.

Harmse het ʼn Go Pro-kamera aan sy valhelm gehad, dit aangeskakel en die voertuig agterna gesit.

“Die verkeerslig by die hoek van Lavenderweg en Braam Pretoriusstraat was rooi en die man moes stilhou. Carine het afgeklim en hom genader om te hoor hoekom hy weggery het. Sy het nog haar valhelm aangehad, maar dit was oop en haar gesig was sigbaar. Hy het bloot net sy deur oopgemaak en ’n pistool reguit in haar bors gedruk en haar ten aanskoue van haar verloofde en ander motoriste geskiet.”

Die man het daarna glo ook sy vuurwapen op Harmse, wat nog op sy motorfiets was, gerig voordat die verkeerslig groen geword en hy weggery het.

Nadat Carine in die hospitaal opgeneem is, is Harmse en haar pa na die Sinoville-polisiestasie om die voorval aan te meld. Dit was sowat ʼn uur en ʼn half ná die voorval. Die weermaglid was toe reeds daar en het, aldus Van Staden, aangevoer hy het gedink Carine en haar verloofde wou sy voertuig kaap. Hy het egter nooit amptelik ʼn klag aanhangig gemaak nie.

Aanvanklik is ʼn klag van die afvuur van ʼn vuurwapen in ʼn openbare gebied en roekelose en nalatige bestuur teen die weermaglid aanhangig gemaak voordat hy op waarskuwing vrygelaat is. Die saak is intussen na poging tot moord verander. Harmse se video is na die polisie se spesialis- tegnologiese eenheid gestuur om die beeldmateriaal af te laai en as amptelike bewys te dien.

Carine is intussen uit die hospitaal ontslaan en sterk goed tuis aan. “Sy ervaar nog pyn en raak vinnig moeg, maar andersins gaan dit baie goed,” het Van Staden Woensdag aan Maroela Media gesê.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het intussen Woensdag buite die Pretoria-Noordse landdroshof betoog teen sogenaamde dubbele standaarde waarmee hy sê rasvoorvalle in Suid-Afrika hanteer word. Die organisasie het in ʼn verklaring na Van Staden se voorval verwys en gesê hy het besluit om na dié landdroshof, waar die borgtogaansoek van die veelbesproke KFC-voorval aangehoor word, op te ruk omdat “wit-op-swart-aanvalle deurlopend aan die groot klok gehang word, terwyl swart-op-wit-aanvalle grootliks geïgnoreer word”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Johann van Staden ·

En natuurlik gaan die man skotvry hiervan wegloop….soos gewoonlik…

Tillie Swart ·

Dit is waar. Dit is hoogtyd dat geregtigheid geskied.

Eish ·

Daar is seker normaalweg n doelmatigheid aan die klas van optogte om beswaar aan te teken, maar buiten enkele begeesterde optoggangers en verbygaande toeskouers wat kopknikkend goedkeuring verleen, is daar geen konkrete voordeel wat daaruit gespruit het nie. Ek dink ook nie dat daar in die toekoms iets positiefs sal gebeur as gevolg daarvan nie. Die Marikana slagoffers wag jare reeds vir reg en geregtigheid en ander beloftes om in vervulling te gaan. Op die keper beskou is die enigste optogte wat wel sake in n rigting gestuur het, die van studente verlede jaar en en die jaar voor dit. Dit het met uiterste en intimiderende geweld gepaard gegaan. Wat hul reggekry het, is die verwydering van wat ons as kultuurskatte beskou, soos standbeelde, Afrikaans as voertaal by die instellings en om universiteitsbestuur te laat sidder van toegeeflikheid. Synde dat ons waardesisteem ons verhoed om die troebel waters van vernietiging, intimidering en ignorering van jou akademie te bevaar, asook die feit dat die meerderheid Suid Afrikaners nie die gelyke behandeling as n regmatige saak beskou nie, mors jul eenvoudig tyd en geld met die optrede. Miskien moet ons bietjie uit die boks begin dink aan meer treffende inisiatiewe.

Wiehan ·

Wys jou net weer. Skiet liewers as om iemand te dreig of te klap. Skies, en jy word op waarskuwing vry gelaat, dreig of klap en jy mag noe eers borg kry nie.

Elizabeth ·

Dankie Afriforum, ek dink dit is tyd dat ons blankes vir eenkeer in ons lewens agter ons sleutelborde uitklim en ook voor die howe gaan betoog, ook begin dreig, ons regte terug begin neem anders gaan ons verder ondergaan! Die meerderheid vertrap en vermorsel ons, hoe kan ons dit toelaat?????

Nico ·

As ek uit noodweer skiet word ek aangekla en toegesluit en beslag gele op my vuurwapen wie se wapen het hy gebruik syne of staat sin het hy dan toestemming gehad

Deon ·

Darem ironies dat hy nie toegesluit is nie. Glo dit is n uitgereikte weermags pistool, en het hy vuurwapen opleiding ontvang, asook kennis geneem van wanneer mag hy skiet en wanneer nie. Was sy gewapen, nee. Dit is blatante arogansie en rassisme wat aanleiding gegee het tot die voorval. Hy hoort agter tralies. Ons lees v.d KFC voorval, as hul borgtog kry kan geweld uitbreek….net 1 voorbeeld. Wat van die jong vrou wat geskiet is, wat van al die plaas, plot en dorp / stads moorde. Kan ons ook nou maar geweldadig begin raak en voorwaardes begin stel ?????????

Ronè Visser ·

Almal gaan tekere omdat die man geskiet het, maar niemand wonder hoekom op aarde die vrou gedink het dit is goeie idee om van die motorfiets af te klim en te gaan vra ” hoekom hy dit gedoen het nie”. Ek is redelik seker dit is nie wat sy gevra het nie en was dit nou regtig ‘n slim ding om te doen?

anton ·

Ag Ronè bog man.
Enige normale mens sou so opgetree het na n ongeluk al is dit hoe gering!!!
Wil jy nou die skieter se daad regverdig???
En aangesien jy weet wat sy gevra het, neem ek aan jy was op die toneel……

Vet Ed ·

5 ouens sit inni tronk vir aanranding. Die een skiet iemand ten aanskoue van mense en loop rond soos n hero.
Die verskil.die 5 het swartes aangerand en die swarte het n witte geskied. So as jy wit is het jy n probleem

Rentia ·

Ag werklik Rone!! Het jy die berig reg gelees. Sy is geskiet. Sy het nie geskiet nie…..

Jos ·

Vir poging tot moord loop jy vry rond en aanranding word jy in hegtenis geneem en borgtog geweier omdat mense betoog? Red hierdie land as betogers al die howe se besluite beinvloed.

Daar word gese die poging tot moord was omdat hy gedink het dit was kaping.
1. Kapers klop of stamp nie aan jou ruit nie. Hulle rig ‘n wapen op jou.
2. Hoe kan jy redeneer dat jou lewe in gevaar kan wees as jy die geleentheid het om ‘n wapen in iemand se bors te druk en te skiet.
Vir my lyk dit eerder soos ‘n geval van wie is jy om my aan te spreek, ek skiet jou sommer.

Louise ·

Ek vesrtaan nie. Die ondersoek is AFGEHANDEL, maar niemand nog in hegtenisgeneem nie.
Lekker man lekker!!!!!!
Soos ou Grace Mogabe!!!
Ja nee kyk, dis mos nie so erg nie. Hy het haar net geskiet en gese jammer. Maak sommer nou die leer toe want hier gaan NIKS van kom nie.
Dis n SKANDE, wat leer JULLE ons kinders net nie.
Ek wil nie eers laat my kind NABY nuus kom nie. want ek kan nie eers begin dink hoe om aan hom te verduidelik wat aan die gebeur is nie. Tussen wat REG en wat VERKEERD is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.