Ondersoek afgehandel ná ‘white trash’-twiet

'n Skermskoot van die twiet wat op sosiale media versprei word.

‘n Skermskoot van die twiet wat op sosiale media versprei word.

Die tydskrif Landbouweekblad het sy ondersoek afgehandel na die onlangse voorval waarin ʼn besturende redakteur, Albertus van Wyk, onlangs op Twitter na ondersteuners van Steve Hofmeyr as “white trash” verwys het.

Van Wyk se opmerking het gevolg op Hofmeyr se kommentaar op Twitter oor die standbeeld van Paul Kruger op Kerkplein, wat met ʼn petrolbom bestook is tydens ʼn EFF-betoging. Hofmeyr het ná die voorval op Twitter gesê: “My wedersydse respek vir ander se kultuur en geskiedenis stop vandag hier. Julle verdien dit nie. Van hier af aan: minagting.”

Van Wyk het hierna geantwoord: “Whatever. Wie gee om wat jy dink?” Hofmeyr het toe gesê: “Sê die outjie wat net 600 Twitter-volgelinge het.” Van Wyk het hierop geantwoord: “Ten minste is hulle nie white trash nie”.

Nadat die uitlatings onder Landbouweekblad se aandag gebring is, het Chris Burgess, die tydskrif se hoofredakteur, gesê Van Wyk het die uitlatings in sy persoonlike hoedanigheid gemaak. ʼn Ondersoek is gevolglik in oorleg met die groep se personeelafdeling van stapel gestuur.

Steve Hofmeyr. Argieffoto: Phillip Bruwer

Steve Hofmeyr. Argieffoto: Phillip Bruwer

Burgess het Donderdag aan Maroela Media bevestig die interne ondersoek is intussen afgehandel.

“Dit is ons beleid om nie oor interne kwessies uit te brei nie.” Van Wyk is steeds in sy pos as besturende redakteur, maar werk nie tans vir Landbouweekblad self nie.

Van Wyk werk nou vir ʼn aanlynprojek onder die vaandel van 24.com, wat fokus op digitale nuus oor landbousake in Afrika.

Burgess het weereens benadruk dit is jammer dat die tydskrif by die twis betrek is. Hy het vroeër in ʼn verklaring gesê die tydskrif stem geensins met die uitlating saam nie en dis glad nie ʼn siening waarmee die tydskrif of sy redaksie hulle vereenselwig nie.

Van Wyk het ná die herrie op sosiale media in ʼn verklaring gesê sy uitlatings was “onnadenkend, dom en in die hitte van die oomblik”. Volgens Van Wyk is dit korrek dat hy geïnsinueer het dat ʼn deel van Hofmeyr se volgelinge “white trash” is.

Hy het gesê hy is jammer oor sy uitlating en vra persoonlik om verskoning aan enigiemand wat daardeur beledig is. “Ek wil dit egter duidelik stel ek het in geen stadium na wit mense, Afrikaanse mense of boere as ʼn groep verwys as ‘white trash’ nie. Ek sal dit nooit as te nimmer doen nie. Ek is wit, ʼn Boer, ek kom van Mpumalanga af en ek het nog die grootste bewondering vir landbouers ook.”

Hy het bygevoeg dit is bitter onregverdig dat mense Landbouweekblad hierby betrek het. “Ek doen dus ʼn beroep op almal om Landbouweekblad en Media24 uit hierdie geveg te laat. Niemand van ons gaan daarby baat as ʼn wonderlike tydskrif soos Landbouweekblad seerkry nie,” het hy gesê.

Van Wyk het kort daarna sy Twitter-profiel op privaat gestel sodat net die volgelinge wat hy aanvaar, sy twiets kan sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

87 Kommentare

mariaan ·

Mmmfffff….. dan is ek ook seker “white trash”!!!! Dis mos naamskending want ek is n groot aanhanger van Steve Hofmyer!!!!

Theo ·

Daar is meer van ons white trash as wat Gaan wyk besef. Ek het ook al ge merk hoe daar soms na ander ge kap word oor iets wat jou self beskryf. Go Steve, Dankie v wat Jy vir ons mense doen.

Piet Pompies ·

Te laat, die skade is gedoen, ek koop nie weer ‘n LBWB vir solank die man in diens is van Media24 want sy opinie jeens witmense sal wel ‘n invloed oor die inhoud van sy werk hê

joanie vd westhuizen ·

Muni landbou weekblad meer koop ni…………PUNT!!!!!!

Wallie ·

Ek het ook nog nie weer n Landbou Weekblad gekoop nie. Sal ook nie totdat hy afgedank is nie. Ons white trash lees eerder huisgenoot of so iets.

Stev ·

Lees huisgenoot en jy ondersteun nog steeds vir Naspers/Media 24.

Boikot vir Naspers/M24, punt! Kry jou inligting van n ander inligting bron, veral n bron wat onafhanklik is.

Hennie ·

En wie het miskien Landbouweekblad betrek? Jy Mnr. van Wyk, want jy het op jou Twitter profiel jou betrokkenheid en posisie by die eens trotse publikasie, geadverteer. Ek dink jy pas mooi in by Media 24 en hulle dink uiteraard dieselfde.

Ruiklont ·

Wat ‘n jammerte dat emosie die oorhand gekry het. Dit is heelwaarskynlik wat in sy hart omgaan

Nenna ·

Volgens my is niks nog afgehandel nie. Kan van Wyk verduidelik wie hy dan beskou as “white trash” ? Hy is ons lesers nog “n verduideliking skuldig.

Asjas ·

Ek stem!! Nou watter deel van Steve se aanhangers is dan nou “white trash”. Ek is nie ‘n Boer nie, ek is van Duitse afkoms, dus nie volwaardig Afrikaans nie, ek is nie wit nie, meer lig bruin, tan van kleur …
Hy erken wel dat hy na “‘n deel” van ons verwys het.
Hy het darem ook erken dat hy dom is, dit vat ‘n groot seun om sy foute te erken :-)

Gerrie ·

Dit was die laaste een wat ek gekoop het van kleins af het ek grootgeword in die huis met Landbouweekblad,maar dis nou klaar

Piet ·

Dalk kan LBW net bevestig of hulle deel is van Media 24? Media 24 het mos ‘n groot BEE aandeelhouding, of nie? Is dit nie moontlik dat julle nou maar hierdie man se onsmaaklike kommentaar afmaak as ‘n ou privaat glipsie, want julle wil nie julle BEE aandeelhouers ontstel nie? Maak soos Steve en se wat julle regitig dink, of is julle bang vir iets?

Drieka van der Linden ·

Ag nee mense. Dit is soos om ‘n skool te straf as een leerling verkeerd optree. Landbou Weekblad distansieer hulle van die man se uitsprake. Ek aanvaar hulle verduideliking.

Asjas ·

Weet jy Drieka, jy en Gatiep hier bo is albei reg. Ek het die afgelope week met redelike welgestelde mense te doen gekry. Wat ook maar net daar gekom het omdat ons bereid was om hulle te support. Nou praat en kyk hulle op ons neer, klas is daar nie van sprake nie.
So ja, wie is dan nou eintlik die “white trash”?
Dit was in sy persoonlike hoedanigheid, en ek dink hy het sy straf gekry. Sy Twitter volgelinge is nou ‘n volle 6!
Wat LBWB aanbetref, Steve veg vir Afrikaans en wanneer jul tydskrif in gedrang kom (en dit gaan kom), gaan julle wens hy was aan julle kant. En dit is hoekom ons so boos is vir LBWB, hulle moes strenger teen hom opgetree het, sy hart is NIE daar nie, hy is net daar vir die “fat pay check” wat dan weer veroorsaak dat hy neerkyk op mense wat elke maand hul geldjie vat en die tydskrif koop …
O jitte, sorry Drieka – ek is weer van vooraf boos. Jy is ‘n beter persoon as ek :-(

Grotman ·

Landbou weekblad bestaan al vir baie jare en nou moet n tydskrif wat al reeds aan ons ouers se ouers bekend was skade kry agv van n seep kadet met n slang tong. Ek is trots om white trash genoem te word en vat dit van wie dit kom! LBWB word nou in n hoek gedruk en hulle het gedoen wat die wet hulle dwing om te doen. Net omdat Zuma aan bewind is beteken nie ons almal is clowns nie.

Steve dankie dat jy jou stem duk maak vir jou mense, dink jy nie dis nou tyd om die volgende stap te neem nie? Dis duidelik dat Delarey nie gaan kom nie so neem jou plek in.

Asjas ·

Steve is ons De la Rey! Ek wens net wil besef hoeveel support hy het.

Oom Kalahari ·

Mnr van Wyk het alreeds getoon waar sy prioriteite lê en verteenwoordig sy standpunte in die hoedanigheid van sy posisie. Hoe verkeer jy met jou mede boere op vergaderings en funksies met swaksinnige sieninge en denke op jou eie volk om hul as “Trash” te beskou en wat het jou tot so slotsom laat kom. Mnr van Wyk, wat doen u of het u gedoen in u amp om dan die “White Trash” op te help as u vlak dan hoër ge-ag word. Mnr Hofmeyr daarenteen staan vierkantig teenoor sy volk en mense met erkenning van hul herkoms en tot en met hede waarop hy die “White Trash” darem help en vorentoe neem. U sal verseker goed aanpas by Media 24 en wens u voorspoed, aangesien LBWB alreeds die skade dra.

Ben Prinsloo ·

Nee Drieka hy hoort deur sy werkgewer afgedank te word en nie net verskuif te word nie. Hulle het simpatie met die man volgens my. Cheers vir landbouweekblad.

Lance ·

In die hitte van die oomblik ….mens moet baie mooi dink voor jy iets post want dit word so maklik verdraai of maak mense seer

Asjas ·

My ouers het my van kleins af geleer, dit wat jy in die hitte van die oomblik se of doen is wat werklik in jou hart omgaan, jy kan nie meer jou ware gevoelens onderdruk nie en die damwal bars.

Loeis ·

Dit is tog opmerklik: toe Penny Sparrow haar uitlatings gemaak het is haar werkgewer betrek en is sy by die vereniging van eiendomsagente verkla. Burgess, daarteenoor, noem dit “jammer” dat die Landbouweekblad hierby betrek is. Dit terwyl die maatskappy waarvoor hulle werk maar baie gal gebraak het in Sparrow se geval.

Is dit net ek, of bedryf Media24 dubbele standaarde?

Mike ·

Loeis ek stem saam hulle soek net uitkom kans en dink almal kan met mooi woordjies geflous word.

Ronel ·

Nee dit is nie net jy nie hierdie land het dubbel standaarde alles hang af van jou velkleur

Elize ·

Ek wil net 1 stelling maak: was die uitlating “white trash” deur Steve gemaak sou hy op elke voorblad van elke koerant en tydskrif plus sosiale media gekruisig geword het. Hoekom moet Mnr van Wyk met sy strooi wegkom?

Phillip ·

Landbouweekblad was nog altyd en is steeds ‘n wonderlike tydskrif wat nie net die boere se belange nie maar ook die land se beste belang met onderskeiding gedien het. Dit is voorwaar ‘n tydskrif om trots op te wees. Ek. gaan nie my jarelange verbintenis met en lojaliteit teenoor Landbouweekblad nou prysgee net omdat een gruwelik onbesonne uitspraak gemaak is nie. Ek verhef myself bo dit en vra Landbouweekblad om voort te gaan om ons lewens te versier met ‘n puik tydskrif. Ek hoop en bid dat ek tot aan die einde van my dae die wonderlike voorreg kan ervaar om Landbouweekblad van die voor- tot agterblad te lees en weer en weer te kan lees. Landbouweekblad ek bid julle krag en sterkte, hoop en moed toe in die storms soos die op jul pad.

Jeanette ·

Sjoe Phillip, die dag as die Landbouweekblad deure sou sluit dra ons jou verseker lang bome toe. Bietjie oordrewe in die bedanking, wat mens laat wonder wat die werklike motief/verbintenis is.

Leon ·

Philip werk vir LBW en hy soek die job van Albertus van Wyk. Philip is seker nou besig om sy “reply” uit te print en vir sy base te wys hoe het hy opgestaan vir LBW.

Chris ·

Standard Bank se man het na ‘n tweet ook moes bedank.Die hoofstroommedia is banaal en bevooroordeeld,maar kom stadig tot sy einde,soos die advertensie op RT kanaal 407

lui:”The mainstream media has met it’s maker ,RIP”

Asjas ·

Sover is Maroela Media die enigste plek waar ek lees van Plot of Plaasmoorde, of hoe Afrikaners te na gekom word, nerens anders lees jy hoe ons onderdruk, benadeel of vermoor word nie.

Kobus ·

Ai ou Phillip, soms moet mens maar bietjie prys gee om uiteindelik te wen. Ek het my heel LAASTE Landbou Weekblad gekoop.

Ek stem Kobus ·

Kobus jy is so reg, ons blankes is te GEMAKLIK en GERIEFLIK om enigiets op te gee. In amerika het african americans geweier om bus te ry totdat hulle ook voor in die busse kon sit, swartes in SA het geweier om by sekere besighede te koop todat dit getransformeer was .maar oooo neee, oom Gawie en tannie Sarie wil asb net nie hulle Landbouweekblad opgee nie, al word hulle WHITE TRASH genoem .. dit is hoekom minderhede in SA geboelie word, want niemand wil ophou koop by ‘n kettingwinkel wat sy afkeur aan wittes uitgespel het of ‘n ou tydskriffie koop wie se redakteur hom white trash noem nie . NIKS gaan verander terwyl ons alles dieselfde doen nie.

wonder maar net ·

Wonder if media 24 net soveel dekking gaan gee van die geval as wat hulle aan die Bluff geval. Dit klink vir my maar na dieselfde tipe rassisme.

Asjas ·

Maak media24 nie nou ‘n klompie tydskrifte toe nie, meestal Afrikaans?

Reinette Rautenbach ·

Van Wyk het geen reg om dit te laat klink of landbouweekblad onbillik betrek is nie. Ek boikot.

Koos ·

Wat is die kommentaar van Koos Bekker, grootbaas van Media24 en dus eienaar van Landbouweekblad?

Frederik ·

Baie vreemd. Desiplinere ondersoek agter toe deure. Wonder wat was die paneel se verteenwoordigers samestelling? Die uitlatings was in die ope domein gedoen. Die prosedure moet ook in die openbaar geskiet. #wegmetlandbouweekblad…….. Volg maar die papier spoor. Moenie skrik oor in wie se sakke word die inkomste gestort nie. Bekyk die name vanaf die top bestuur.

Thea Gerber ·

‘Speak when you are angry and you’ll the best speech you’ll ever regret” As dit nie witmense, Afrikaners of boere is nie, wie de hel is dan ‘white trash”? Weet jy van enige ander bevolkingsgroep wat as wit gemors kan kwalifiseer.

Kuifie ·

Nou hoekom moet die man verskoning vra en aangeval word as hy net die waarheid praat.

Ek gaan sommer more vir my n Landbou weekblad koop en dan n ou groentetuintjie hier in my erfie in die estate in die stad plant.

Jaco ·

“goedkoop whiskey kenner”. Baie mans wat hulle vrouens slaan wanneer hulle gesope is doen so onder die invloed van goedkoop whiskey. So wie is nou eintlik “white trash”? Wat Steve gese het kon geen hutte in geen oomblik veroorsak het nie, en die van wyk gedoente het n pos as bestuurende redakteur beaam? Kon hy dan nie n paar ordentlike woorde bymekaar skraap om mee sy 2c te lewer aan Steve se tweet nie?

Jaco ·

Wil ook net by las, was nog nooit n leser van LBWB nie. Maar vermy enige Naspers produk lankal uit protes.

peanut ·

Daar is nie verniet n spreekwoord wat lui “wat die hart van vol is, loop die mond van oor . . . “

Marsha ·

“White Trash” lees nie,koop nie en ondesteun nie Landbouweekblad nie

Petra Naude. ·

Boicot Landbouweekblad en Media 24. Dit is as gevolg van sy arogante en swak witman uitlatings wat white trash bestaan!!
Kyk in die spieel en sien jouself as een van hulle..jy is nie naastenby n voorbeeld van n boervolk nie maar doen dit ter wille van jou werkgewer en media! Hoe swak as mens so laag daal en stry teen jou eie uitlatings. Eissshhh!! Dis maar swaar om jou eie opinie te volg.

MikeT ·

Ja media24 .. indien die werknemer die verwysing na Black trash of iets dergliks gemaak het was hy lankal geskors en aangekla. Kyk maar na die geval van FNB Ekonoom wat nie eers naastenby dieselfde kwetsende kommentaar gelewer het op Twitter nie is summier in die pad gesteek.

Gerhard Willemse ·

Ek koop Landbouweekblad van 1976 af en het weinig uitgawes mis geloop (40 jaar). Burgess se artikels was vir my nogal gepaste stukke en ek het dit geniet om wat ek gedog het, reguit, op die man af en ter verdediging van die boere is, te lees en aan te herkou. Toe die goedkoop whiskey kenner gevolglik sy gal gebraak het dat ons almal white trash is, het ek die aankoop van Landbouweekblad gestaak in afwagting van die uitslag van die interne optrede. Mnr. Burgess, julle het klaarblyklik nog nooit gehopor van Vicarious Liability nie, anders sou jy besef het dat jou werknemer se optrede na ure en in sy eie tyd ook jou produk se naam aantas en swak maak en dat julle mede aanspreeklik is. Julle gedrag lyk na die spreekwoordelikke “cover up”. Gevolglik sal ek nie weer ‘n Landbouweekblad koop nie. Of het Van Wyk maar net weergegee wat algemene spreektaal in julle kantoor is. Julle tree nou op soos die ANC kaders en almal wie in die “verhoor” betrokke was behoort julle bedanking in te dien, jammer ek het vergeet dit werk nie so in ons land nie.

Anton ·

Albertus van Wyk, ek is baie teleurgesteld in jou reakasie. Veral dat jy steeds sekere deel van Steve Hofmeyer ondersteuners beskou as White Trash. Al hoe jy dit kan regstel in my opinie is ‘n openbare debat tussen jou en Hofmeyer. Kom nou wees ‘n man……..

Skatymir ·

Die hoofstroom media stel gereeld liberaliste in sleutel posisies aan om sodoende die mense se opinies te verander. Die meneer het sy ware kleure gewys en al vra hy verskoning sal sy invloed waar hy ookal is nie verander nie. Sulke liberaliste verander nie maklik van opinie nie. Hy was deur LBW aangestel so daar is sekerlik meer sulkes aangestel. Totsiens Landbou Weekblad. RIP.

Maashaas ·

Jy is so reg, maar as ek na die joernaliste en media as liberaal verwys word my bydraes nie geplaas nie. Hulle plaas altyd so ‘n kontroversiele persoon in ‘n sleutel posisie om die liberale bydraes te lewer en te kyk hoe lank vat dit die lesers (meestal Afrikaners) om keelvol te raak. Moenie van ou Maass vergeet nie. Hulle slaan en slaan tot die Afrikaner een oggend genoeg gehad het, dan hol die koerante en tydskrifte gou gou om verskoning te vra en dank die man summier af.

Buitestander ·

Bekom LBWB nie van Media 24 Berigte nie?
Wat gebeur as julle nou ‘n artikel/s.
van Van Wyk plaas? Vra julle eers die lesers onverskoning voor julle dit plaas?

louise ·

Die white trash sal ook nooit weer n landbou weekblad koop nie….,

Marius Ellis ·

Landbouweekblad het nou gewys dat hy eerder teen sy lesers kant kies… ek BOIKOT.

Mellie ·

As jy dom is, moet jy maar ly – van Wyk. Ek neem aan jou aantal twitter volgelinge Staan seker op 2 … En natuurlik is dit jou skuld dat die Landbouweekblad se reputasie n hou weg het jy beklee immersed n senior pos wat jy, volgens my, met waardigheid en respek moet hanteer; binne en buite kantoor-ure. Steve, gaan jy asb net aan met dit wat jy daargestel het tot uit voer en realiteit te bring. ASSEBLIEF TOG!!!!!

Hans Strydom ·

Wel. As my een landbouweekblad per maand ‘n verskil kan maak dan moet ek bieg. Na die gemors uitlating van iemand in sy posisie is ek ook klaar gekoop.

Joe ·

Nou as jy nie na wit mense en boere verwys het nie, na wie het jy vewys. Ek koop nie as ‘n reel Landbou weekblad, maar sou dadelik gestop het totdat hierdie ou verwyder is!!!

John ·

Ek hoop net Oom Steve gee ook vir sy aanhangers koeelvaste baadjies as hy opruiende toesprake wil maak.

witgat ·

John, ek is verstom dat jou kommentaar nog staan. Gister het Maroela al my pogings delete – ek is white trash maar wil BESLIS nie vir Steve as president hê nie.

Rosa Kearney ·

Hoekom moet hy koeelvaste baadjies vir die mense kry. Elke Afrikaner wat sy sout werd is moet paraat en gereed wees in elk geval. Afrikaners wat nog op hul louere sit en glo in die wonderlike veilige rainbow nation moet wakker word. Steve se net hardop wat ons in elk geval dink! Dankie Steve ek sal stem vir jou vir President!!!!

Kobus ·

Ek is n boer.ek koop al baie jare die LBWB.ek sal hom nie weer koop nie.

Anton Visser ·

Ek is ook white trach en sal nooit n LWB koop nie! RIP LWB!
Staan saam Steve!

FM ·

Van Wyk vra kamtig verskoning, maar ek dink dis lippetaal. Agterna lag hy in sy mou vir white trash. Gaan join vir malema, van wykie. Hy gaan jou uitspoeg as white trash. Hy gaan nie vir jou n job gee nie, as jy dalk so gedink het. Tot malema sal deur jou sien. Weg met LBW.!!!!!

Piet ·

Ek het seker al oor ‘n 1000 LBW blaaie in my lewe gekoop. Ook lank gelede briewe geskryf waarvan sommige die wenbrief was. Julle sal my dalk nie mis nie LBW maar ek koop ook nie weer die ding nie, tot julle hierdie saak regstel. Dis ironies want ek is nie regtig ‘n groot aanhanger van Steve nie, ek luister regtig nie baie musiek nie, maar julle sit en hoop die sakie gaan net stil stil verdwyn. Julle is lank reeds nie meer net ‘n tydskrif vir boere nie. Boere is daagliks in n geveg vir finansiele en letterlike oorlewing en nou word ons karakter ook nog beledig. Wie se kant kies julle?

Sus ·

Jy het so groot pos by landbouweekblad dat jy met die tydskrif geassosieer word. Dit wys jou valsheid teenoor boer en blanke uit. Almal van ons weet teen die tyd wat gebeur as jy sulke bad uitlatings maak, maak nie saak watter kant toe nie. Jy’t duidelik geen blanke trots. Waar hoort jy?

t ·

Maroela, wil julle nie asb. in julle weeklikse peiling blok die vraag vra hoeveel mense by Steve sal staan as hy die politiek sou betree nie? Dit kan dalk ‘n aanduiding gee hoeveel van die sg. “white trash” Maroela besoek. Media24 is in vir ‘n verassing.

leon Centurion ·

Burgess slaan die bal mis indien hy glo, dat sy goedkoop simpatie soekery en verdediging van Van Wyk as “seun van ‘n predikant” en “hoeveldse plaas seun” ‘n verskil gaan maak.

BOEREMEISIE ·

Ek stem so STEVE VIR PRESIDENIT. STEVE SAL JY DIE BOERE KOM LEI!!!!!!!!!!!!!!!

bou 'n brug en kom oor dit nou ·

Nou wonder ek, het julle geweet media24 besit Landbouweekblad en Huisgenoot? So, nou as landbouweekblad moet sluit oor ‘n personeellid se opinie, moet huisgenoot ook sluit? Just asking. Ek laat my nie deur propaganda intimideer, soos hierdie kommentaar hierbo duidelik is nie. En nee ek stem nie saam met wat hy gesê het nie, maar almal van julle hier bo is nou besig met presies dieselfde optrede. Om iemand se naam te belaster!

sarie van heerden ·

Vra die publiek wie is Steve (en los sommer die van uit) en almal weet dadelik van wie jy praat. Vra vir net een mens wie is Van Wyk (wat ookal sy eerste naam is) en niemand weet nie want die arme man is onbekend. En terloops, Van Wyk weet nie eens wat oor hom gese word nie want hy lees sekerlik nie Maroelamedia nie. Met VanWyk se twakpratery het ek toe Farmers Weekly ontdek.

johan uys ·

kyk nou hoe n lafaard is van wyk…hy het lekker daar gesit soos n lafaard, en sy posisie misbruik net soos meeste verslaggewers van die siek media. Maar nou dat hy probleme kry, moet landbouweekblad kamma nie betrek word nie. Hoekom ontslaan die uitgewers hom nie?…wat maak hulle met so n lafaard wat gat omswaai in so n posisie?

lizette Vonk ·

verstaan ek iets verkeerd of het ek iets gemis??? Albertus van
Wyk se – “‘ek is wit, ‘n boer, van MP af en het bewonderering vir landbouers????? RERIG ons aanhangers van Steve is Wit , van die Boerevolk (voorgeslagte)en nog steeds ‘n trotse boerenasie wat veg vir ons behoud en hy (Albertus) se ons is wit trash. landbouweekblad se verkope sal so daal want baie van my vriende en kennisse is boere en God dank hul kan Google gebruik vir die nuuste nuus in die landbou – hulle is nie so gestrem soos AvW nie. hulle onderskei nog tussen reg en verkeerd en hulle is ook gatvol vir plaasmoorde en s.

Anna Coetzee ·

Sorry….damage done.. just moved the problem to another section….should have been fired. Sal nooit weer LBW Koop nie

Chantelle ·

mooi so Steve, jy praat die waarheid en die media wil als cover up!!!! Jy se wat die mense nie wil hoor nie want almal is mos blind en doof! Boere word daagliks vermoor en nie n piep nie, daar is n video op facebook waar n swart bediende n wit baba herhaaldelik in die gesig slaan en jy hoor niks daarvan nie, maar sit n swart ou in n kis wat iets moes gedoen het om dit te verdien dan wil almal mal raak, julle berig is swak,

Lienkie ·

Wat die hart van vol is loop die mond van oor.Hy het dit dalk op die ingewing van die oomblik gese maar dis duidelik hoe hy oor sy mede Wit Afrikaners voel.Verstaan nie hoe trots en bewaring van ‘n taal en kultuur jou “white trash” kan maak nie.Ek voel van Wyk behoort ook persoonlik vir Steve omverskoning te vra.Ten minste staan Steve op vir ons volk en taal en op ‘n baie beskaafde manier.As hy staan vir president kry hy beslis my kruisie.

DAVID ·

Niemand verstaan meer die leuse wat sê “EENDRAGHT MAAK MAGT” nie.. Daar is heeltemal te veel Draadsitters in hierdie land van ons.
Almal sit soos dassies en wag vir beter dae, maar die grootste monde wat altyd Kla is te verdomp sleg om hulle hande vuil te maak en betrokke te raak met enige oplossings of opstaan vir die Boerevolk se Regte nie…
BOIKOT DIE HELE SPUL!!
Totsiens

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.