Ondersoek afgehandel oor skoliere wat ná pouse sterf

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Gauteng het Vrydag bevestig die ondersoek oor die drie skoliere wat verlede jaar by Emma Primary School in Winterveldt, noordwes van Pretoria, gesterf het, is afgehandel.

“Die dossier sal Maandag by die Garankuwa-landdroshof ingedien word,” het Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, gesê. “Niemand is tydens die ondersoek in hegtenis geneem nie. Die sterftes is as onnatuurlik geregistreer.” Die hof sal ʼn besluit neem gebaseer op die verslae wat tydens die ondersoek opgestel is.

Die departement van onderwys in Gauteng het Donderdag bevestig dat een van die leerlinge die vergiftigde kos wat hulle geëet het, van die huis af gebring het. Die skoliere, twee sussies, onderskeidelik ses en agt jaar oud, en ʼn agtjarige maatjie, is in die hospitaal oorlede nadat hulle in September verlede jaar skielik maagpyn en koors ontwikkel het.

Die departement het aangevoer dat die ouma die kos vir haar kleinkind gegee het. “Die media het wyd oor die voorval berig en daar was bewerings dat al drie skoliere dood is nadat hulle kos van die skool se voedingskema geëet het,” het Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys, Donderdag in ʼn verklaring gesê. “Een van die leerlinge het daardie dag egter kos en vrugtesap van die huis af skool toe gebring. Al drie kinders het tydens pouse van die kos geëet. Daar was geen teken van gifstowwe in die kos wat die skool in sy voedingskema aangebied het nie.”

Lees alle vorige berigte oor Winterveldt op Maroela Media.
Bron: Mpho Raborife, News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.