‘Ondersoek ANC-betrokkenheid by transitorooftogte’

Luthuli-huis in die Johannesburgse middestad. Foto: Google Earth

Die DA het versoek dat die Valke ʼn ondersoek van stapel stuur rakende beweerde kriminele aktiwiteite wat glo uit Luthuli-huis, hoofkantoor van die ANC, bedryf word.

Die ANC het Woensdag gesê een van sy werkers, Errol Velile Present, is summier ontslaan nadat dit aan die lig gekom het dat hy in verband met ʼn transitorooftog in Johannesburg in hegtenis geneem is.

“Die ANC is weer eens op sy hoogste vlak geopenbaar as ʼn kriminele organisasie,” het Solly Malatsi, nasionale woordvoerder van die DA, gesê.

Volgens Malatsi het die DA die Valke versoek om ʼn deeglike ondersoek te doen na enige beweerde kriminele aktiwiteite wat moontlik in Luthuli-huis beplan word. “Ons doen ʼn beroep op die hoof van die Valke om die ondersoek sonder vrees of guns te prioritiseer en op Luthuli-huis toe te slaan.”

Volgens Malatsi is dit hoogs onwaarskynlik dat Present “net in sy vrye tyd ingewikkelde transitorooftogte kon orkestreer”.

Genl. Bheki Cele, minister van polisie (Foto: ANA)

Bheki Cele, minister van polisie, het intussen gesê Present word met drie transitorooftogte verbind.

“Die DA eis ook dat die ANC onmiddellik alle rekenaar- en elektroniese toestelle wat deur Present gebruik is aan die polisie oorhandig vir ondersoek. Ons doen ook ʼn beroep op die ANC om vir die publiek te bewys dat die party nie sy dag-tot-dag veldtogte bedryf met die opbrengs van transitorooftogte en misdaad in die algemeen nie.”

Pule Mabe, nasionale woordvoerder van die ANC, het daarop gereageer en gesê dat die party “ontsteld is oor die feit” dat een van sy werkers in hegtenis geneem is en in die hof verskyn het “in verband met ernstige misdade”.

“Misdaad bly ʼn ernstige kanker in ons jong demokrasie en ons moet dit voortdurend beveg, ongeag die manifesterings,” het Mabe gesê.

“Ons ondersteun die pogings van die wetstoepassingsowerhede om die oortreders van sulke hoë prioriteitsmisdade te ondersoek, in hegtenis te neem en te vervolg.”

Maroela Media het vroeër berig Present en nog drie verdagtes was na bewering onlangs betrokke by ʼn transitorooftog in Dobsonville in Soweto. Die polisie het ʼn volskaalse soektog na die verdagtes van stapel gestuur en hulle op 6 en 7 Julie tydens klopjagte in hegtenis geneem.

Die polisie het tydens die inhegtenisnemings beslag gelê op vier voertuie wat gekaap is. Twee van dié voertuie is tydens die rooftog in Dobsonville gebruik.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Robert ·

En die geld word gebruik vir hulle verkiesings veldtogte.
Hoeveel maal gelees van voertuie se kattebakke wat vol geld is wat uitgedeel word tydens hul verkiesings veldtogte. Waar kom dit vandaan?

Cherokee ·

Ek het nog nie een keer gelees (wat jy hoeveel maal al gelees het) van kattebakke vol geld wat uitgedeel word nie. Verskaf leidrade asseblief, van waar jy dit gelees het.

Cobus ·

Interesante opmerkings, hoekom is nog niemand in hegtenis geneem ivm staatskaping, staatsplundery en vele oortredings soos uitgewys nie?

Lana ·

Valke kan sommer in Luthuli-huis begin soek na die span wat by moorde op blankes/boere betrokke is.

Nettie ·

@Lana, ek wou daai ding nou net sê. Ek is SEKER dat die MEESTE aanvalle op blankes in opdrag van “hoër gesag” vanuit Luthuli House kom. WANT: hul doelstelling is om grond in die hande te kry. As hulle dan nie slaag met ‘n 2/3 meerderheidstem in die Parlement om Artikel 25 van die Grondwet te verander sodat grond links en regs, sonder vergoeding, afgevat kan word nie, MOOR dan die boere uit, sodat hulle hul plase verlaat.

“Nevermaaind” of daar volgende jaar gaan kos wees vir die nasie (ons almal weet immers wat gebeur met onteiende grond: dit word geoes en gemelk vir wat daar is en as die grond eers bar is en niks meer daaruit voorkom nie, word die blaam weer vierkantig op die witmense van Suid-Afrika se skouers geplaas).

Marius ·

Soos daai CIT rower wat al 10 keer gevang is vir CIT en nog nie toegesluit is,het gese het op Carte blanche they will never catch us everybody is involved net die regering sal met dit kan help.

wraggies ·

Hopelik gaan die Present voëltjie begin fluit voor hy uitgelewer is.

Antiestabliesment ·

Of die voeltjie se fluitjie gaan gesmoor word voor hy fluit?

Eish ·

” … op sy hoogste vlak geopenbaar as n kriminele organisasie.”
Wat meer kan n mens kwytraak oor hul deugde?

Mrs H ·

En Malemma wat dit in grooter nommers doen en ook slimmer, lag hom nou dood! Meer stemme vir hom met die verkiesing, solank die valke net nie op EFF se hoofkantoor toeslaan nie?….

Robert ·

Die cANCer se geld raak seker op en nou moet hy geld van iewers af kry. Wie is nog so dom om geld vir ‘n politieke party te skenk?

Jakkalas ·

Aangesien politieke partye nou hul skenkings moet verklaar en die Guptas nou uit die prentjie is was my oorspronklike gedagte dat die skielike toeneem in transito rooftogte met ANC bande dalk vêrgesog maar dit maak nou sin dat lede van die ANC verbind word. Daai skenkings hoef mos nie verklaar te word nie of hoe?

Christien vd Westhuizen ·

Luthuli huis is die mekka van korrupsie ens ens ens n hool van onheil

CdT ·

Loot-freely-house, my pa het my al van kleins af gese kyk as daar ‘n verkiesing om die draai is dan begin die transito rooftogte, en ja elke keer vir 20jaar nou is hy DOODREG net soos toe hy gese het die NP en ja broers gaan ons land verkoop en die hele volk in die rugsteek en ja dit is so. Maar ja dis alles deel van Sy Raadsplan en geen prins of vlees arm kan iets daaraan doen nie, die godeloosheid van ons volk en ons volk se kinders neem toe met rassekrede, maar 1 van Sy beloftes is dat Hy altyd ‘n oorblyfseltjie sal he ‘n wurmpie…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.