Ondersoek begin ná vliegongeluk langs N14

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: SAPD/Facebook)

Die Burgerlike Lugvaartowerheid se ongeluk-en-insidentondersoekafdeling (AIID) ondersoek ʼn vliegongeluk wat Woensdag die lewe van ʼn vlieënier in Knoppieslaagte in Centurion geëis het.

Die AIID het bevestig dat die ongeluk om 07:40 by die Eagles Creek-vliegveld langs die N14 op pad na die Lanseria-lughawe plaasgevind het.

Die vlieënier was die enigste insittende van die ligte vastevlerkvliegtuig. Die vliegtuig het self ook omvattende skade opgedoen.

“Die AIID het ondersoekers op die toneel om bewyse en meer inligting in te samel wat die grootte en omvang van die ondersoek sal bepaal, asook die tydsraamwerk om ’n finale verslag af te handel,” het die AIID gesê.

“Sou ’n kritieke veiligheidsprobleem uitgelig word, sal die ondersoekspan die toepaslike rolspelers onmiddellik in kennis stel sodat die nodige stappe gedoen kan word.”

ʼn Voorlopige verslag sal na verwagting binne die volgende 30 dae uitgereik word.

Die slagoffer se naam is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lillian ·

Ai. Dis nou die doe soveelste ligte vliegtuig wat in die afgelope paar maande neerstort.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.