Ondersoek begin om parlement na Pretoria te skuif

Argieffoto

Speaker Baleka Mbete het Dinsdag aan LP’s bevestig ʼn diensverskaffer is aangestel om ʼn lewensvatbaarheidstudie te doen om die nasionale wetgewer moontlik na Pretoria te skuif.

“Wat betref die voorstel om die parlement van Kaapstad na Pretoria te skuif, is ʼn eksterne diensverskaffer, Pamoja (Edms) Bpk, aangestel om ʼn ses maande lange sosio-ekonomiese en impakstudie te doen. Dit begin vandeesmaand,” het Mbete tydens die begin van die debat oor die parlementêre begroting, gesê. “Dit is ʼn saak wat ons aan die sesde parlement sal oorhandig.”

Voorstelle om die parlement van Kaapstad na Pretoria te skuif is al in die 1990’s gemaak, maar die planne is telkens afgekeur weens ʼn sterk teenkanting van die ANC in die Wes-Kaap. Voormalige pres. Jacob Zuma het egter gesê die regering kan miljarde spaar as staatsamptenare nie heen en weer hoef te vlieg nie en nie van akkommodasie gebruik hoef te maak nie.

Die Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid het egter aangedui dat dit ʼn negatiewe impak sal hê op ondernemings in die Moederstad – wat ook miljarde rand kan beloop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

piper ·

hnulle het gemeen dit gaan te veel kos, maklike oplossing. skuif wanneer die parlement in sitting is. die helfte is nie daar nie en die ander helfte sit en slaap. moenie se waarheen die parlement verskuif het nie en dan weet niemand waar om te gaan nie. so dit kos niks.

AD ·

Hoekom nie, ons is mos die rykste land en die geld le so volop om sulke goed te doen. Maar die straat waar ek werk toe na ry se slaggate bly daar en skree net om gevul te word!!!

Bok ·

Die verkeer is nou al so oorlaai. Wat gaan
Word as die parmalement hier grsetel is.

Willem ·

Waarom nog geld mors om mense ‘n job te gee? Skuif die parlement en get it over and done with! Waarom nie die Kaapse hawe ook skuif nie? Sommer baie ander goed, plase? Die Karoo?

3s4e ·

Hoop nie die lewensvatbaarheidstudie kos meer as die moontlike besparing nie, want was die toekenning van die kontrak deursigtig of moet daar weer ondersoek ingestel word na die studie voltooi is.

jaco ·

Kom ons doen vir eens en vir altyd die volgende:
1. Parlement skuif Pretoria toe.
2. Wit mense verloor hulle stemreg en eiendom oral behalwe in die Wes Kaap
3. Die Wes Kaap word ‘n wit tuisland met ‘n mate van selfregering, amper soos Hong Kong en die Palestinian Authority
4. Rassisme is net rassisme as wit mense lelik is met swartmense. Daars ook baie duidelike strawwe daarvoor.
En so kan ek aangaan. Moenie dink dis absurd nie. Dink mooi daaroor: dit kán werk. Dan weet almal finaal waar ons met mekaar staan. Wat mag en wat mag nie ens.

Johann ·

Jacob Zuma het gese…? WHAHAHAHHAHAHAHAAAAA! MILJARDE bespaar!!!!

En ek wonder wie is deel van daai maatskappy wat die kontrakkie gekry het?

N wegsteek Zumaikie?

Valerie ·

Puik plan! Meer water vir daai Kapenaars. Ek moes al lankal daaraan gedink het.

Napoleon ·

Goeie plan. Gaan weg, julle hoort nie in die Kaap nie. Miskien is dit tyd om daaraan te begin dink om die Weskaap onafhanklik te maak.

Chris du preez ·

Watse ekstra kostes vir akkomodasie. Daar is Akasia Park wat julle deur julle dinges getrek het en verwaarloos het. Kry die plek weer reg en gebruik dit waarvoor dit daar is en nie vir n plak plek vir julle maatjies nie.

marous ·

Ontbind die parlement , daar gaan niks sinvol aan nie . Hulle kan sommer met hul selfone klets .

Wilma ·

Jammer Zuma het nooit gedink huveel miljarde SA kan spaar indien hul.hul hande uit die cookie jar hou ni

Chris Noordkus ·

Hierdie verskuiwing van die Parlement dateer al uit die sewentig jare en is niks nuut nie, eintlik gebruik al die politieke partye dit gereeld van tyd tot tyd as ‘n soort aandag aftrekker ,van wat regtig aandag moet geniet! Grawe die vorige verslae uit en vemeenigvuldig dit met enige faktor en voeg enige getal nulle by.

foxi ·

Nee asseblief…bly net daar in die Kaap. Ons het genoeg narre hier. Julle mors tyd en geld om te skuif!

Zoldol ·

Skuif die parlement….maak SAA toe ..want hulle almal het blykbaar op die redery gevlieg..daar spaar onds geld!

Geld spaar ·

Ek wonder hoeveel gaan hierdie ondersoek kos en wie se sake nou weer volgemaak gaan word. Waar gaan die geld vir hierdie ondersoek vandaan kom? BTW is dan juis verhoog om gratis tersiêre onderrig te befonds. Is daar hiervoor begroot? En wat Jacob Zuma aanbetref, wat het hy tog omgegee oor geld spaar op vlugte/akkommodasie. Dis nou nie juis of hy die voorbeeld gestel het nie.

Estelle Oelofsen ·

Hoeveel keer gaan hule dié storie weer doen. Ek is 80 en in my lewe is dit al gedoen en elke keer is die geld gemors en het dit op ‘n ronde nul uitgeloop. Gebruik liewer die geld wat só vermors sou word en bou huise vir dié wat in “sqatter?” kampe bly. Hulle kan ‘n Klein huur betaal en só kan die onkostes gedek word. Maar nouja, wie dink nou so ver nê? Se maar net!

Casper Labuschagne ·

Ek vermoed dat die besluit om die parlement te skuif, reeds geneem is. Ek sou voorstel dat die parlement gesetel word in Hillbrow, Kliptown, Marabastad of watter hool ook al die ergste is sodat die parlementslede die uitkoms van hul wette eerstehands kan ervaar.

Sanna ·

Hulle kan ‘n WhatsApp groepie stig en Survey Monkey gebruik vir stemmery. Niemand hoef fisies in iemand anders se teenwoordigheid te “sit” nie! :)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.