Ondersoek duur voort ná man glo tiener doodry

Die twee meisies wat William Taute na bewering raakgery het (Foto: Herald Live)

Die twee meisies wat William Taute na bewering raakgery het (Foto: Herald Live)

William Taute (27), die man van Port Elizabeth wat glo twee jong meisies omgery het terwyl hy vermoedelik onder die invloed van alkohol was, se saak is Vrydag in die plaaslike landdroshof uitgestel.

Taute was nie Vrydag in die hof nie. Hy staan tereg op aanklag van strafbare manslag, poging tot moord, roekelose of nalatige bestuur, bestuur onder die invloed van alkohol en versuim om ná ʼn ongeluk stil te hou.

Ryno Scholtz, vir Taute, het vroeër aangedui dat sy kliënt van plan is om skuld te ontken op alle aanklagte teen hom.

Jaydene Lucas (16) is ná die ongeluk in April na Livingstone-hospitaal geneem waar sy dadelik op lewensondersteunende masjiene geplaas is. Dit is egter later afgeskakel en sy het gesterf.

Haar vriendin, Lorren Abrahams (20), was in ʼn kritieke toestand.

Die twee meisies was saam met hul vriende op pad na kadetopleiding van die Vloot toe hulle naby die Humewood-oorgang geloop het. Adv. Timothy van Rooyen, die staatsaanklaer, het voorheen gesê Taute het na bewering teen ʼn hoë spoed in die pad af gejaag en die meisies getref. Hy het glo ook deur ʼn rooi verkeerslig gery, versuim om by die ongelukstoneel stil te hou en stilstaande motors verbygesteek.

Die saak is tot 15 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek.

Taute, wat in Maart vrygelaat is op borgtog van R5 000, het intussen na ʼn familieplaas in Vryburg in Noordwes verhuis.

Lees alle vorige berigte oor William Taute op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wat-ek -lees ·

Maklik om vinger te wys. Mag andere hieruit leer . . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.