Ondersoek duur voort ná Vrystaat-plaasaanval

Só lyk die juwelierskissie wat tydens die aanval op 19 November 2015 op die plaas Palmietkuil in Odendaalsrus in die Vrystaat gesteel is (Foto verskaf deur die SAPD aan ANA)

Só lyk die juwelierskissie wat tydens die aanval op 19 November 2015 op die plaas Palmietkuil in Odendaalsrus in die Vrystaat gesteel is (Foto verskaf deur die SAPD aan ANA)

Die polisie in die Vrystaat het Dinsdag gesê hy het sy poging verskerp om die skuldiges vas te trek wat verantwoordelik is vir die moord op Jan Christiaan Barnard (73), op sy plaas in Odendaalsrus verlede jaar November.

Maroela Media het vroeër berig Jan en sy vrou, Carmelia Elizabeth Barnard (72), is op 19 November omstreeks 20:30 in hul huis op die plaas Palmietkuil oorval. Sy vrou het die aanval oorleef. Sy het die hele aand lank gehuil totdat een van die plaasarbeiders haar die volgende dag gevind het toe hy vir werk aangemeld het, het die polisie gesê. Die werker het by die naburige Harcos-plaas hulp gaan soek, omdat hy nie ʼn selfoon gehad het nie.

Die polisie van Odendaalsrus was op die toneel.

Die polisie het gesê die aanvallers het waardevolle items gebuit, waaronder twee 9 mm-pistole, juwele, ʼn rooi vrouebeursie met kontant, ʼn silwer medalje waarop die voorletters JCB gegraveer is, ʼn silwer medalje van die Tweede Wêreldoorlog met ʼn Vrystaat-embleem, horlosie en ander items.

Die Valke-eenheid in Welkom, onder leiding van speurdersersant Scala Vinger, het die soektog na die verdagtes verskerp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

ig ·

Die boodskap moet net uitgestuur word dat die aanvallers deur die publiek{boere} gevang is maar die aanvallers is vermis dan is die Valke ,Skerpioene,Spinnekoppe,EFF,en Anc binne n uur daar om ondersoek in te stel.

johny ·

Skerpioene was baie goed om skuldiges vas te trek.Toe is hulle ontbind.Daarom is crime so hoog..Iemand sit agter al hierdie probleme

Karma ·

Dit vat nie te veel om te raai WIE agter die ontbinding van die Skerpioene gesit het nie. Vra maar jouself net af: wie het die meeste gehad om te verloor, met 783 klagtes van korrupsie en bedrog teen hom?

m ·

Hierdie mense sal nooit gekry word nie. Lankal al tussen die massas in verdwyn.

johny ·

Grens drade word nie eers meer plat getrap nie.Daar is nie meer grens drade nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.